Vertroosting in tyd van nood
Die volgende brief is ontvang van ’n man in Baltimore, Maryland, VSA:
“Stuur asseblief die geïllustreerde hardebandboek met 192 bladsye ‘Is hierdie lewe al wat daar is?’ aan my. Ek wil graag twee eksemplare hiervan hê, want ek wil een vir ’n vriend gee. Ek het die aanbod gesien in ’n traktaatjie met die titel ‘Watter hoop vir afgestorwe dierbares?’ wat ek onder my deur gekry het. Ek het pas ’n geliefde verloor wat 35 jaar lank vir my dierbaar was, en die woorde op die traktaat was so interessant en vertroostend dat ek dit nie wou verniel deur die advertensie uit te sny waar die naam en die adres op is nie. Dankie vir al julle moeite. Voortaan sal ek ’n poging aanwend om al die lektuur te lees wat julle druk.”
Gelukkig is daar hoop vir afgestorwe dierbares. Ontvang die hartverblydende bewys in die boek Is hierdie lewe al wat daar is?, sowel as die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? Vul asseblief die bygaande koepon in en pos dit.
Ek wil graag die hardebandboek met 192 bladsye Is hierdie lewe al wat daar is? en die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)