Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 7/8 bl. 14-16
  • Hulle geloof versit berge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle geloof versit berge
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Toewyding van die nuwe Bethel
  • “Jehovah se Getuies met suiwer taal”
  • Internasionale geur
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Die suiwer taal verenig ’n groot menigte aanbidders
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Argentinië se voortreflike byeenkomste
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Welkom by die „Handhawers van onkreukbaarheid”-byeenkoms vir 1985!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 7/8 bl. 14-16

Hulle geloof versit berge

MET hierdie opskrif het Buenos Aires se dagblad Crónica van 7 Desember 1990 verslag gedoen oor die byeenkoms van Jehovah se Getuies wat in die River Plate- en die Vélez Sarsfield-sokkerstadion gehou is. Dit was beslis sterk geloof wat byna 6000 buitelandse afgevaardigdes uit meer as 20 lande beweeg het om al die pad na Argentinië te reis om hulle by tienduisende van hulle Argentynse broers vir hul “Suiwer Taal”-Streekbyeenkoms aan te sluit. Hierdie getal het etlike plaaslike gemeentes van Koreaanse Getuies ingesluit. Die buitelandse afgevaardigdes het uit Brittanje, Chili, Japan, Kanada, Spanje, die Verenigde State (met inbegrip van Alaska) en baie ander lande gekom. Waarom het hulle dit gedoen? Hulle begeerte om die tweede internasionale byeenkoms in Argentinië by te woon.

Toewyding van die nuwe Bethel

Maar groot geloofsdade het plaasgevind lank voor dit tyd vir die byeenkoms was. In Oktober is die nuwe Argentynse takkantoor van die Asociación de los Testigos de Jehová toegewy deur Theodore Jaracz, ’n besoekende spreker van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies. Die nuwe woonkompleks is deur 259 internasionale en 690 Argentynse vrywillige werkers gebou. Bethel of “Huis van God” is in ’n boomryke deel van Buenos Aires geleë en het 129 woonkamers en ’n eetkamer vir 300 mense. Met oor die 84 000 Getuies in Argentinië en die potensiaal vir ’n baie groot vermeerdering, sal hierdie nuwe takgebou binnekort ten volle bewoon word.

“Jehovah se Getuies met suiwer taal”

Die internasionale byeenkoms se tema “Suiwer Taal” het baie se belangstelling geprikkel, onder andere verteenwoordigers van die media. Crónica het die bogenoemde opskrif bevat en het die definisie van “suiwer taal” wat ’n spreker gegee het, aangehaal: “Die regte begrip van die waarheid oor God en sy voorneme met die aarde en die mens, soos vervat in die Bybel . . . Wanneer iemand leer om die suiwer taal te praat, draai sy denke, sy spraak en sy gedrag om die besef dat God die enigste ware God is.”

Buenos Aires, ’n uitgestrekte stad met oor die tienmiljoen mense, is heeltemal bewus gemaak van die byeenkoms wat daar gehou is. Gedurende ’n tydperk van ses dae het gereelde radio- en TV-flitse van 40 sekondes, soos deur die wet bepaal, gratis publisiteit aan die gebeurtenis gegee. Die pers is gelok deur Saterdag se program toe nuwe Getuies gedoop is. Drie doopbaddens is aan elke punt van albei stadions geplaas sodat die gehoor dit kon sien, maar selfs 12 doopbaddens was nie genoeg om die doop betyds af te handel voor die middagprogram begin het nie. Daarom is die doopbaddens by die River Plate-stadion uit die gesig verskuif. By River Plate is daar 1363 gedoop en by die Vélez Sarsfield, 748, wat altesaam 2111 is! Die opskrif in Crónica het gelui: “Nog ’n wonderlike uitdrukking van geloof by River en Vélez—Getuies word gedoop.” Die bywoning by die twee byeenkomste was altesaam meer as 67000.

Internasionale geur

Terwyl jy deur die kleurvolle gehoor beweeg het, was die fisiese verskille van ras en kultuur duidelik. Hier het ’n Argentynse suster haar yerba maté geniet, ’n tee wat deur ’n metaal-bombilla, of strooitjie, uit ’n spesiale houtkoppie gedrink word. Onder die 800 uit Spanje was susters in die pragtige drag van daardie land. Die groep van 900 uit Japan het etlike vroue in tradisionele kimono’s ingesluit. ’n Afgevaardigde uit Mexiko het ’n swart pak en ’n tipiese Mexikaanse sombrero met ’n breë rand gedra. En tog, ondanks al hierdie uiterlike verskille, was hulle geestelike eenheid vir almal duidelik. Aan die einde van die byeenkoms het baie aandenkings uitgeruil—byeenkomslapelkaarte, penne, poskaarte—enigiets wat as ’n herinnering aan hierdie pragtige gebeurtenis kon dien.

Die byeenkomsgees het tot in die lughawens oorgeloop. ’n Mens kon dit veral in Miami, Florida, VSA, sien waar baie groepe toevallig ontmoet het terwyl hulle op verbindingsvlugte gewag het. Op pad terug vanaf Buenos Aires het ’n groot groep uit die Verenigde State ’n groep uit Japan ontmoet, wat op pad was na Mexiko. Al die Amerikaanse reisigers is gou deur hulle opgewonde Japannese metgeselle omring. Die res van die publiek in die omgewing was verstom en gefassineer deur wat daar gebeur het. Dit was die Getuies wat die gees van hulle “suiwer taal” gedeel het!

Die byeenkomsprogram en die internasionale assosiasie was so besonder dat niemand die stadion wou verlaat toe die byeenkoms Sondag tot ’n einde gekom het nie. Die verskillende nasionale groepe het elk in hulle eie taal spontaan Koninkryksliedere sonder begeleiding begin sing en het met hulle sakdoeke vir mekaar gewuif. Dit het amper ’n uur lank aangehou voordat die gelukkige byeenkomsgangers uiteindelik huis toe is. Soos een geharde Argentynse persfotograaf gesê het: “Dit het nog nooit in Argentinië gebeur nie . . . soveel emosie en soveel hartlikheid!”

[Prente op bladsy 15]

Meer as 67 000 het die twee “Suiwer Taal”-Streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies in Buenos Aires, 6-9 Desember 1990, bygewoon

[Prente op bladsy 16]

Die nuwe Argentynse takkantoor is gereed om oor die 84 000 Getuies te dien

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel