‘Om haar eensaamheid te verdryf’
’n Man wat vir ’n werkopdrag in die Sultanaat van Oman was, het aan die takkantoor van die Wagtoringgenootskap in Indië geskryf. “’n Paar dae gelede”, het hy gesê, “het ek die boek Geluk—Hoe om dit te vind hier in die huis van een van my vriende gesien. Dit is onnodig om te sê dat die hele boek ’n ware aanwins is. Ek moet eerlik waar sê dat hierdie boekie ’n groot invloed op my gehad het, en ek wil hierdie boek, wat van soveel liefde getuig, vir my vrou as ’n huweliksherdenkingsgeskenk gee om haar huidige eensaamheid te verdryf. Stuur asseblief so gou moontlik namens my ’n eksemplaar van hierdie boek aan my vrou. Haar adres verskyn hierbo.”
Hierdie boek met 192 bladsye bevat nie net bemoedigende hulp om spanningsvolle situasies te hanteer nie, maar wys op die blywende oplossings vir lewensprobleme. As jy graag ’n eksemplaar wil ontvang, moet jy asseblief die koepon hieronder invul en pos.
Ek wil graag die hardebandboek Geluk—Hoe om dit te vind ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 5.)