Inhoudsopgawe
22 November 1990
Ons immuunstelsel—’n Skeppingswonder
Selfs die fetus is gereed om te veg
Maande voor geboorte berei die fetus hom reeds vir die stryd voor deur wapens vir die immuunstelsel te produseer. Wanneer die baba gebore word, is sy verdedigingsmeganismes gereed en toegerus om vreemde stowwe op te spoor en onskadelik te stel. Die konsentrasie van teenliggaampies in die baba se bloed is reeds hoër as in dié van sy moeder, en fagosiete in die baba se weefsel is gereed om enige vreemde invallers te verorber. Hierdie en ander verdedigers teen siekte lê in die loopgrawe, reg vir die stryd. En ook maar goed, want met geboorte word die baba blootgestel aan die geweldige aanslag van altyd-teenwoordige mikroórganismes.
Kort na geboorte word die vuurkrag wat die baba se immuunstelsel nodig het om invallers af te weer aansienlik vergroot—die beslissende vuurkrag wat die baba met sy eerste teue moedersmelk ontvang. Die moe-dersmelk wat hy gedurende daardie eerste paar dae inneem, word kolostrum genoem en bevat ’n groot verskeidenheid teenliggaampies. Dit rus die baba goed toe vir die stryd.
“Op die ouderdom van twee of drie maande ... werk wapenvervaardigers in die rooi beenmurg en timusklier in die hoogste versnelling. Die menslike immuunstelsel is op sy sterkste, tot die tande toe gewapen, wanneer die kind tien jaar oud is. Hierna verswak dit geleidelik.”—The Body Victorious, bladsye 34-5.
Die oorloë begin wanneer die lewe begin en eindig nie voordat die laaste asem uitgeblaas word nie.
3 Ons Immuunstelsel—’n skeppingswonder
7 Die T-selle en B-selle op tegnikon
13 ’n Geestelike immuniteit teen die morele verval
17 Menseheerskappy in die weegskaal—’n Politieke mengsel van yster en klei
21 Die kloof tussen dokters en Getuiepasiënte word oorbrug
[Foto-erkenning op bladsy 2]
Lennart Nilsson