Wat glo Jehovah se Getuies?
Gemeenskapsleiers in eerste-eeuse Rome het vir die Christenapostel Paulus gesê: “Ons verlang om van u te hoor wat u dink; want wat hierdie sekte betref, is dit ons bekend dat oral daarteen gespreek word” (Handelinge 28:22). Daardie mense wou van die segsman self hoor, en nie van kritiese buitestaanders nie.
Daar word vandag ook dikwels teen Jehovah se Getuies gespreek, en dit sou ’n fout wees om te verwag dat ’n mens die waarheid omtrent hulle van bevooroordeelde bronne kan leer. Ons is dus verheug om twee brosjures met 32 bladsye elk, Jehovah se Getuies in die twintigste eeu en Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd aan te bied, wat die opvattings en werksaamhede van Jehovah se Getuies beskryf. As jy graag ’n eksemplaar wil ontvang, moet jy asseblief die bygaande koepon invul en pos.
Ek wil graag die twee brosjures Jehovah se Getuies in die twintigste eeu en Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 4.)