Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 6/22 bl. 16-17
  • Huis-versiering—’n bevredigende uitdaging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Huis-versiering—’n bevredigende uitdaging
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kies jou materiale sorgvuldig
  • Beplan jou werk en doen voorbereiding
  • Voeg ’n tikkie kleur by
    Ontwaak!—2002
  • Hoe om loodvergiftiging te voorkom
    Ontwaak!—1992
  • God is lief vir rein mense
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Jehovah se volk moet skoon en rein wees
    Hoe om in God se liefde te bly
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 6/22 bl. 16-17

Huis-versiering—’n bevredigende uitdaging

JY GAAN die beskeie huis van ’n gasheer binne. By die eerste blik sien jy ’n smaakvol versierde woning. Die verfwerk is skoon en netjies gedoen.

Tot jou verbasing verneem jy later dat al die werk gedoen is deur lede van die gesin, wat die uitdaging van huisversiering aanvaar het. Maar daar kan slaggate in so ’n doen-dit-selfprojek wees. Oorweeg dus die volgende alvorens jy ’n huisversieringsprojek aanpak.

Kies jou materiale sorgvuldig

Die verskeidenheid materiale wat deesdae beskikbaar is, bied jou ’n aansienlike keuse wanneer jy moet besluit oor die styl waarin jy jou huis wil versier. Wat is prakties in jou omgewing? Sal ’n dekoratiewe muurpapier mooi lyk? Miskien verkies jy ’n fineerhout of ’n weefstof as muurbedekking? Jy besluit moontlik dat net ’n laag verf die voorkoms sal gee wat jy verkies. Voordat jy finaal besluit, moet jy die praktiese aspekte in aanmerking neem. Dit sluit in die koste, die duursaamheid van die afwerking, hoe maklik dit sal wees om die werk te doen en die tyd en arbeid wat dit sal verg om die mure in stand en skoon te hou. ’n Mens moet dit alles vergelyk met wat dit jou sal kos as jy vakmanne sou kry om die werk te doen.

Die kleur van die materiaal wat jy vir die versiering kies, is ook belangrik. Sal dit by die res van die vertrek pas? As die vertrek gewoonlik koud is, sal ’n warm kleur verf die vertrek warmer laat lyk. Skakerings van ligblou of groen sal vertrekke aan die warmer kant van die huis koeler laat lyk. Donker of swak verligte vertrekke kan met afwerkings in ligte kleure opgehelder word.

Beplan jou werk en doen voorbereiding

Die geheim van suksesvolle versiering is goeie voorbereiding! Het jy al gesien hoe lank beroepsversierders neem om oppervlakke vir verfwerk voor te berei, in vergelyking met die tyd wat die verfwerk self in beslag neem? As jy dit self doen, moet jy jou nie die tyd of moeite ontsien wanneer jy die voorbereiding doen nie. Die deskundiges sê ’n mens moet probeer om ’n oppervlak te kry wat droog, glad en skoon is.

Herstel beskadigde oppervlakke deur barste toe te stop. Skuur dan die herstelde oppervlak met glas- of skuurpapier om dit glad te kry. Was die oppervlak met ’n nat lap om alle stof van die muurpleister te verwyder en laat dit droog word voordat jy begin verf.

Wat van jou werkplan? Het jy dit so gereël dat dit die hele gesin insluit? Dit sal nie net almal daarby betrek nie, maar almal sal trots wees op die eindresultaat, en dit sal hulle beslis aanmoedig om mooier na die huis te kyk. Maak dit ’n doen-dit-self-projek waaraan die hele gesin deelneem. Dit sal groot bevrediging verskaf.

[Venster/Prente op bladsy 17]

PAS JOU KWASTE EN ROLLERS OP

1. Buig en bewerk die hare van ’n nuwe kwas deeglik om alle stof en los hare te verwyder.

2. Moenie die kwas te diep in die verf insteek nie. (Dek slegs ’n derde tot die helfte van die lengte van die hare om te voorkom dat oortollige verf teen die steel aanpak en hard word.)

3. Maak die kwas skoon nadat jy hom gebruik het. Gebruik terpentyn of iets dergeliks vir verf met ’n oliebasis en warm water vir verf met ’n rubbermelk- of waterbasis.

4. Draai jou skoon, droë kwas in skoon papier toe wanneer jy hom bêre. Dit sal enige oorblywende vogtigheid absorbeer en help dat die hare hulle vorm behou.

5. Doen dieselfde met verfrollers en sorg dat jy alle metaaldele behoorlik afdroog om te voorkom dat hulle roes en dit jou verf vuil smeer wanneer jy die rollers weer gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel