Inhoudsopgawe
22 Junie 1990
Waarom die verdeeldheid in die Katolieke Kerk?
In Junie 1988 het die Rooms-Katolieke Kerk sy eerste skisma, of verdeeldheid, in meer as ’n eeu gehad. Tradisievaste aartsbiskop Lefebvre is geëkskommuniseer. ’n Jaar na die skeuring het die rebelse prelaat beweer dat sy volgelinge met 10 tot 20 persent toegeneem het.
Intussen het honderde Katolieke teoloë ’n verklaring onderteken waarin hulle beswaar maak teen wat hulle beskou as die pous se magsmisbruik in die aanstelling van nuwe biskoppe en in leerstellinge aangeleenthede, soos geboortebeperking.
Katolieke is op politieke gebied ernstig verdeeld, party is ultra-konserwatief, terwyl ander maatskaplike hervorminge en selfs gewapende revolusie voorstaan. Die gewone Katoliek is moontlik verbysterd deur hierdie verdeeldheid.
12 Ons het geleer om epilepsie te aanvaar
16 Huisversiering—’n bevredigende uitdaging
21 Probeer gerus ’n vakansie tuis
24 Meroë—getuienis van vergete glorie