Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 5/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Bedrog in die wetenskap—Dikwels in die nuus
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Gloukoom—Die dief van die gesigsvermoë
    Ontwaak!—2004
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 5/22 bl. 30

Van ons lesers

Puberteit Ons gesin het nog nooit ’n groter behoefte aan ’n artikel gehad as “Jongmense vra . . . Wat gebeur met my liggaam?” nie (22 Januarie 1990). My dogter ondergaan tans veranderinge in haar liggaam waarvoor ek nie ’n bevredigende verduideliking kon gee nie. Hierdie artikel het my in staat gestel om gemaklik by my dogter te sit en dit saam met haar deur te lees. Dit het haar die geleentheid gegee om haar bekommernisse openhartig te bespreek. Dankie dat julle my taak baie vergemaklik het.

J. K., Verenigde State

Byeenkomste in Pole Ek en my gesin het die voorreg gehad om hierdie byeenkomste [van Jehovah se Getuies] by te woon (22 Desember 1989). Dit was ’n belewenis om vryelik te meng met broers van die Sowjetunie en Tsjeggo-Slowakye, waarvan talle groot persoonlike opofferinge moes maak om na die byeenkomste te kom. Tonele van Russiese en Amerikaanse broers wat mekaar omhels, was ’n klinkklare bewys van waar die gees van God vandag werksaam is.

I. L., Bondsrepubliek Duitsland

Bedrog in die wetenskap Dit lyk of julle artikel oor bedrog in die wetenskap (22 Januarie 1990) amper alle wetenskaplikes beswadder. As ’n professionele chemikus is ek bewus van die bedrog en veroordeel ek dit. Maar julle artikels kan beskou word as ’n deel van wat julle so vuriglik veroordeel. Julle eerste artikel het geen oorspronklike teks bevat nie (Is dit plagiaat?) maar kombineer “uitgekose” opskrifte. Die tweede artikel maak geen melding van die oorgrote meerderheid wetenskaplikes wat nie bedrog pleeg nie. Is dit nie propaganda nie? Hierdie soort beriggewing doen afbreuk aan julle geloofwaardigheid.

W. M., Verenigde State

Ons waardeer hierdie openhartige menings. Dit was nie ons bedoeling om die wetenskaplikes as ’n groep te diskrediteer nie. Ons het aan die begin gemeld dat ‘flagrante bedrog dalk seldsaam is’. En ons stem saam dat die meeste wetenskaplikes eerlik is. Maar die skade wat deur ’n paar oneerlikes aangerig is, kan so ’n verreikende gevolg hê dat ’n baie sterk veroordeling van wetenskaplike bedrog gerade geag is. Ons glo ook dat dit die ergste vorm van bedrog is om die evolusieteorie as ’n feit voor te hou—bedrog waarin die meeste lede van die wetenskaplike gemeenskap ’n aandeel het. Hoe dit ook al sy, die artikelopskrifte wat aangehaal word, is nie geplagieer nie, aangesien hulle bronne duidelik aangegee is. Die aanhalings kom uit gesaghebbende bronne en het die omvang van hierdie probleem toegelig.—RED.

Gloukoom Nadat my man die artikel oor gloukoom (8 Mei 1988) gelees het, het hy sy oë laat toets en ontdek dat die simptome wat hy ondervind het nie dié van gloukoom was nie maar van iets baie ernstigers. Omdat ons die artikel gelees het, kon ons vir die toekoms beplan en ons op sy naderende aftrede voorberei.

E. D., Verenigde State

Seewier Dankie vir die artikel oor seewier (22 Januarie 1990). Voor ek dit gelees het, het ek nooit kon droom wat alles gedoen kan word met wat wederregtelik—soos ek nou besef—’n “slymerige, verstrengelde ergernis” genoem word nie. Ek het hierdie inligting aan ander meegedeel.

G. S., Frankryk

Die skoonfamilie Baie dankie vir julle artikel oor probleme met die skoonfamilie (22 Februarie 1990). Ek en my man het ’n jaar lank by sy ma gewoon. Die daaglikse, subtiele wedywering het groot spanning geskep. Toe ons op ons eie gaan woon het, het die situasie verbeter. Ek het haar raad al hoe meer begin waardeer. Maar haar drang om bevele te wil gee, bly ’n bron van irritasie. Watter begrip en innige gevoel is tog nie in hierdie artikel verwoord nie! Ek hoop dat talle mans, vrouens en lede van hul skoonfamilie by die uitstekende raad daarin baat sal vind.

A. T. G., Nederland

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel