Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Lupus My eerste gedagte nadat ek die artikel “Hoe ek ondanks lupus die mas opkom” (8 Mei 1990), gelees het, was: “Dankie, Jehovah!” Ek ly nie aan lupus nie, maar ek worstel al twee jaar lank met Chroniese Moegheid-sindroom, wat soortgelyke simptome het. Hierdie artikel is ongetwyfeld die antwoord op baie, baie mense se gebede, nie net mense met lupus nie maar ook met ander chroniese siektes.

Na 20 jaar in die voltydse diens, waarvan ek die laaste 4 saam met my man, ’n kringopsiener, gereis het, was dit ’n groot aanpassing vir my om my aan te pas by ’n stadiger pas wat ek kan behartig. Die artikel oor Robin se ondervinding het my eie bekommernisse en frustrasies weerspieël, tog het dit sulke praktiese raad gegee om hierdie uitdagings die hoof te bied. Ek kan julle net nie genoeg bedank dat julle dit gepubliseer het nie. Ek sal ’n eksemplaar langs my bed hou om dit herhaaldelik te lees.

T. E., Verenigde State

Bedrog in die wetenskap Ek prys julle moedige standpunt teen die evolusiegodsdiens (22 Januarie 1990). Ek is baie moeg vir die neerbuigende houdings van wetenskaplikes wat mense as onbevoeg en onkundig beskou as hulle nie die “geloof” aanhang nie.

S. L., Verenigde State

Rampe Die artikel oor die orkaan- en aardbewingramp (22 Februarie 1990) het my regtig ontstel. Julle het die aandag gevestig op een geval van plundering as ’n voorbeeld van die verskil tussen “die wêreld” en Jehovah se Getuies. Ek dink dat dit die toppunt van slegte smaak is om net die Getuies in ’n gunstige lig te stel.

J. K., Verenigde State

Die artikel het getoon hoe hedendaagse Christene, net soos dié in die eerste eeu, gedurende moeilike tye ware liefde aan mekaar betoon (2 Korinthiërs 8:1-4). Hoewel sommige negatiewe voorvalle vermeld is, het die artikel ook gemeld dat ‘sulke ongevoelige dade oor die algemeen oortref is deur baie dade van mensliewendheid en barmhartigheid’ deur nie-Getuies.—RED.

Puberteit Ek was verheug toe ek die nommer van 8 Februarie 1990 ontvang het wat die veranderinge tydens puberteit bespreek. Ek is ’n enkelouer, en die afgelope paar maande was ek baie bekommerd oor hoe ek hierdie veranderinge aan my seun moet verduidelik. Ek was te verleë om selfs sekere woorde voor hom te gebruik! Daarom moes ek eenvoudig skryf en julle bedank vir hierdie inligting.

C. B., Verenigde State

Skuld Ons het net gisteraand ’n plan beraam om ons skuld af te betaal. Ons het uitgewerk dat dit een jaar sal duur. Vandag het ons die nommer van 8 Februarie 1990 met die artikel wat handel oor hoe om van skuld ontslae te raak tussen ons pos gevind. Dit het ons grootliks aangespoor om deur te druk met ons plan. Dit het ook goeie raad bevat oor hoe om ons geld in die toekoms te bestee.

S. S. en K. S., Verenigde State

Dinosourusse My naam is Ronald, en ek is tien jaar oud. Ek stel baie in dinosourusse belang en hoop al lank dat daar ’n artikel oor hulle sal wees. Uiteindelik was daar ’n artikel oor dinosourusse (8 Februarie 1990), en ek wil net baie dankie sê.

R. M., Oostenryk

Ek is ’n student aan ’n plaaslike universiteit. Twee dae voordat ek hierdie nommer ontvang het, het ek dit oorweeg om aan julle te skryf in verband met die Getuies se standpunt oor die aarde se ouderdom. My vrae is beantwoord, en ek is van voorneme om hierdie wonderlike inligting aan my professor mee te deel.

M. H., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel