Inhoudsopgawe
22 Mei 1990
’n Wereld sonder vuurwapens—Is dit moontlik?
VUURWAPENS IN OORVLOED
Hoe meer vuurwapens, hoe meer skietery, hoe meer slagtings. In die Verenigde State vuur ’n gewapende man honderd koeëls met ’n snelvuurgeweer na ’n groep skoolkinders: 5 dood, 29 gewond. In Engeland maai ’n kranksinnige man 16 mense met ’n AK-47-snelvuurgeweer af. ’n Vrouehater in Kanada gaan na die Montreal-Universiteit en skiet 14 vroue dood. In San Salvador patrolleer wagte die gangetjies van selfdienwinkels met haelgewere en word daar van winkelbesoekers vereis om hulle wapens by die deur in te gee.
Al hoe meer vroue begin nou ook vuurwapens koop. Hulle vergader in groot getalle by skietbane om met hulle pistole en gewere te oefen, vuur koeël op koeël na lewensgroot teikenplakkate van mans en tref reg tussen die oë. Spesiale ontwerperpistole vir vroue verkoop goed.
En moenie die kinders weglaat nie. Een van baie gevalle: ’n Tienjarige seun “het sy pa se kragtige jaggeweer gelaai en ’n meisie doodgeskiet wat gespog het dat sy beter as hy is met videospeletjies”
Die binnelandse wapenwedloop is aan die gang. Waar sal dit eindig? Wanneer sal dit eindig?
6 Vuurwapens—nie net vir mans nie
8 Vuurwapens—’n weg van die dood
10 Vuurwapens—’n wêreld daarsonder
12 Vyf algemene drogredes—Moenie daardeur mislei word nie!
15 Point Lobos—dramatiese ontmoeting van land en water
19 Wanneer ’n brand ’n skare bedreig
24 Die Haidas—’n unieke volk van die “mistige eilande”
31 Kunsmatige intelligensie—gelykstaande met ’n wurm