Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 5/8 bl. 32
  • Het jou kind ’n persoonlike intekening?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jou kind ’n persoonlike intekening?
  • Ontwaak!—1990
Ontwaak!—1990
g90 5/8 bl. 32

Het jou kind ’n persoonlike intekening?

Verstandige ouers stel goeie lektuur vir hulle kinders beskikbaar om by hulle ’n begeerte in te skerp om te leer. Talle sorg byvoorbeeld dat hulle kinders ’n persoonlike intekening het op die Bybeltydskrif Die Wagtoring, wat gebruik word as die grondslag vir weeklikse Bybelbesprekings by vergaderinge van Jehovah se Getuies. Maar hoe oud moet ’n kind wees om ’n persoonlike intekening te hê?

Die volgende brief is van ’n moeder ontvang: “Hierdie intekening is vir ons tweejarige seun. Hy moet gedurende die Wagtoring-studie sy eie eksemplaar hê. Ek het al probeer om hom ’n ander tydskrif te gee wanneer ons nie ’n ekstra eksemplaar gehad het nie, maar hy het opgelet dat die prentjies nie dieselfde is nie en wou die nommer hê wat ons gebruik het. Ek is seker dat die pragtige kleurprente selfs ’n jong kind beïndruk en sy vroeë waardering vir die geestelike voedsel wat hy nog nie kan verstaan nie, sal vergroot.”

Sorg gerus dat elkeen van jou kinders ’n persoonlike intekening op Die Wagtoring het. Ontvang ’n jaarintekening deur die bygaande koepon in te vul en te pos.

Dit maak deel uit van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wat deur vrywillige skenkings ondersteun word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel