‘Hulle het my uit diep depressie gehelp’
’n Vrou van Engeland het geskryf:
“Geagte Meneer:
“In Februarie het ek julle kassetalbum My Boek met Bybelverhale bestel, en hoewel ek ’n spiritualis is, was ek baie beïndruk daardeur. Ek het pas tevore uit die hospitaal gekom na ’n groot operasie en moes in die bed bly; ek was baie bedruk en depressief. Toe my man dus die pakkie vir my bring, het ek besluit om na die kassette te luister en in die boek te volg.
“Dit het my voorwaar uit my diep depressie gehelp, en vir die eerste keer in tien dae het ek weer in dinge om my begin belangstel. Toe my kleinseuns (6 en 8 jaar) my besoek, het ek hulle daarna laat luister; hulle was so ingenome met die deel waarna hulle kon luister dat ek hulle die kassette huis toe laat neem het sodat hulle na almal kon luister. Omdat hulle soveel genot daaruit geput het, sal ek dankbaar wees as u vir my nog ’n stel kassette en ’n boek sal stuur sodat hulle hulle s’n kan hou.”
Sy het hierdie naskrif bygevoeg: “In die loop van my lewe het ek talle kere probeer om my Bybel te lees, maar ek het dit nooit geniet of verstaan nie. Maar hierdie kassette en die boek verduidelik dit alles so mooi.”
Jy kan ook hierdie kassette of die boek My Boek met Bybelverhale, of albei, ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos.