Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 9/1 bl. 31
  • ’n Groot hulp vir ouers.

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Groot hulp vir ouers.
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 9/1 bl. 31

’n Groot hulp vir ouers.

Luister na die Groot Onderwyser is ’n unieke boek vir ouers en kinders. Die verhale is so geskryf dat dit jou aanmoedig om vrae aan jou kind te stel. Sulke vrae betrek jou kind by die les en leer hom om te dink. Ewe belangrik is dat dit jou help om te hoor hoe jou kind regtig oor sake voel.

Stuur asseblief ’n eksemplaar van die gebonde boek van 192 bladsye Luister na die Groot Onderwyser posvry aan my. Ek sluit 60c in.

[Prent op bladsy 31]

1

Jesus, die Groot Onderwyser

Geniet jy dit om na stories te luister?—Nou goed, ek gaan vir jou een vertel van ’n man wat mooier stories vertel het as enigiemand wat nog ooit op aarde gelewe het. Sy naam is Jesus Christus.

Hy het byna tweeduisend jaar gelede op hierdie aarde gelewe. Dit is ’n lang tyd gelede. Dit is lank voordat jou ouma of oupa gebore is. En dit is lank voordat mense motors of treine of radio’s of die ander dinge wat ons vandag het, gehad het.

Wanneer Jesus ’n storie vertel het, het dit ’n persoon laat dink. As iemand lank genoeg nagedink het oor die dinge wat Jesus gesê het, kon dit selfs die persoon se beskouing van sake verander. Dit kon die persoon se hele lewensbeskouing verander. En alles wat Jesus gesê het, was waar.

Jesus het meer geweet as enige ander mens. Hy was die beste onderwyser wat nog ooit gelewe het. Ons leer baie dinge van ander mense. Maar ons kan die belangrikste dinge van Jesus leer.

Een rede waarom Jesus so ’n groot onderwyser is, is omdat hy geluiser het. Maar na wie het hy geluister? Wie het hom geleer?—Jesus se Vader. En Jesus se Vader is God.

Voodat Jesus as ’n mens na die aarde gekom het, het hy by God in die hemel gewoon. Jesus was anders as ander mense. Want geen ander mense het ooit in die hemel gewoon en is daarna op die aarde gebore nie. In die hemel was Jesus ’n Seun wat na sy Vader geluister het. Jesus

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel