SEFANJA
1 Dít is die woord van Jehovah aan Sefanʹja,* die seun van Kusi, die seun van Gedalʹja, die seun van Amarʹja, die seun van Hiskiʹa, in die dae van Josiʹa,+ die seun van Amon,+ die koning van Juda:
2 “Ek sal alles wat op die oppervlak van die aarde is, heeltemal wegvee,” sê Jehovah.+
3 “Ek sal mense en diere wegvee.
Ek sal die voëls van die hemel en die visse van die see+
Ek sal die mensdom van die oppervlak van die aarde af verwyder,” sê Jehovah.
4 “Ek sal my hand teen Juda
en teen al die inwoners van Jerusalem uitsteek.
Ek sal elke spoor van Baäl uit hierdie plek uitroei,+
die naam van die priesters van vreemde gode asook die ander priesters,+
5 en dié wat op die dakke neerbuig voor die leërmag van die hemel,+
en dié wat neerbuig en sweer dat hulle lojaal sal bly aan Jehovah+
terwyl hulle ook sweer dat hulle lojaal sal bly aan Malkam,+
6 en dié wat ophou om Jehovah te volg+
en wat Jehovah nie soek of hom raadpleeg nie.”+
7 Wees stil voor die Soewereine Heer Jehovah, want die dag van Jehovah is naby.+
Jehovah het ’n offerande voorberei. Hy het dié wat hy genooi het, geheilig.
8 “Op die dag van Jehovah se offerande sal ek die leiers straf,
asook die seuns van die koning+ en almal wat uitlandse klere dra.
9 Ek sal almal straf wat op daardie dag op die platform* klim,
sowel as dié wat hulle meester se huis met geweld en bedrog vul.
10 Op daardie dag,” sê Jehovah,
“sal daar die geluid wees van ’n geskree van die Vispoort+ af,
en ’n gehuil van die tweede stadsdeel+ af,
en ’n groot geraas van die heuwels af.
Almal wat silwer afweeg, is vernietig.
12 In daardie tyd sal ek Jerusalem deeglik deursoek met lampe,
en ek sal die mense straf wat in hulle selftevredenheid lewe,* wat in hulle hart sê:
‘Jehovah sal nie goed doen nie, en hy sal nie sleg doen nie.’+
13 Hulle rykdom sal van hulle af weggeneem word, en hulle huise sal verwoes word.+
Hulle sal huise bou, maar hulle sal nie daarin woon nie,
en hulle sal wingerde plant, maar hulle sal nie die wyn daarvan drink nie.+
14 Die groot dag van Jehovah is naby!+
Dit is naby en kom baie vinnig nader!+
Die geluid van die dag van Jehovah is bitter.+
Daar roep ’n vegter hard uit.+
15 Daardie dag is ’n dag van woede,+
’n dag van nood en angs,+
’n dag van storms en verwoesting,
’n dag van duisternis en hartseer,+
’n dag van wolke en dik donkerheid,+
16 ’n dag van die horing en van die oorlogskreet,+
teen die versterkte stede en teen die hoë hoektorings.+
17 Ek sal die mensdom laat ly,
en hulle sal soos blindes rondloop,+
want hulle het teen Jehovah gesondig.+
18 Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle in die dag van Jehovah se woede kan red nie,+
want deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word.+
Dit sal ’n verskriklike dag wees, want hy sal al die inwoners van die aarde vernietig.”+
2 Voordat die bevel in werking tree,
voordat die dag soos kaf verbygaan,
voordat die brandende woede van Jehovah oor julle kom,+
voordat die dag van Jehovah se woede oor julle kom,
3 soek Jehovah,+ alle nederiges* van die aarde,
wat sy regverdige bevele* gehoorsaam.
Soek regverdigheid, soek nederigheid.*
Moontlik sal julle beskerming vind* op die dag van Jehovah se woede.+
5 “Dit sal sleg gaan met dié wat by die seekus woon, die nasie van die Keretiete!+
Die woord van Jehovah is teen julle.
O Kanaän, land van die Filistyne, ek sal jou vernietig,
sodat daar geen inwoner sal oorbly nie.
6 En die seekus sal weivelde word,
met putte vir herders en klipkrale vir skape.
7 Dit sal ’n streek vir die oorblywendes van die huis van Juda word.+
Daar sal hulle wei.
Hulle sal saans in die huise van Asʹkelon lê.
8 “Ek het die gespot van Moab+ en die beledigings van die Ammoniete gehoor,+
wat my volk uitgetart het en trots gedreig het om hulle gebied in besit te neem.+
9 Daarom, so waar as wat ek lewe,” sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel,
“Moab sal net soos Sodom word,+
en die Ammoniete soos Gomorʹra,+
’n plek vol brandnetels, ’n soutput en ’n plek wat permanent verwoes is.+
Die oorblywendes van my volk sal hulle beroof,
en die oorblyfsel van my nasie sal hulle verdryf.
10 Dit is wat hulle sal hê in die plek van hulle trots,+
omdat hulle die volk van Jehovah van die leërmagte uitgetart en verkleineer het.
11 Jehovah sal ontsagwekkend* teen hulle wees,
want hy sal al die gode van die aarde tot niet maak,*
en al die eilande van die nasies sal voor hom neerbuig,*+
elkeen vanuit sy plek.
12 Julle, die Etiopiërs, sal ook deur my swaard doodgemaak word.+
13 Hy sal sy hand na die noorde uitsteek en Assiʹrië vernietig,
en hy sal Niʹneve ’n verlate plek maak,+ so droog soos ’n woestyn.
14 Troppe sal daarin lê, alle soorte wilde diere.*
Die pelikaan sowel as die ystervark sal oornag tussen die pilare wat afgebreek is.
’n Stem sal in die venster sing.
Daar sal verwoesting op die drumpel wees,
want hy sal die panele van sederhout ontbloot.
15 Dit is die trotse stad wat in veiligheid gesit het,
wat in haar hart gesê het: ‘Ek is die een, en daar is niemand anders nie.’
Hoe het dit tog iets skokkends geword,
’n plek waar die wilde diere lê!
Elkeen wat daar verbygaan, sal fluit en sy vuis skud.”+
3 Dit sal sleg gaan met die opstandige, die besoedelde, die onderdrukkende stad!+
2 Sy het na geen stem geluister nie.+ Sy het geen dissipline aanvaar nie.+
Sy het nie op Jehovah vertrou nie.+ Sy het nie nader aan haar God gekom nie.+
3 Haar leiers is brullende leeus.+
Haar regters is wolwe in die nag.
Hulle los nie eers ’n been tot die oggend toe om aan te kou nie.
4 Haar profete is arrogante, bedrieglike manne.+
Haar priesters ontheilig wat heilig is.+
Hulle het die wet verbreek.+
5 Jehovah is regverdig in die stad.+ Hy doen niks wat verkeerd is nie.
Oggend ná oggend maak hy sy oordele bekend,+
net so seker soos die daglig kom.
Maar die onregverdige ken geen skaamte nie.+
6 “Ek het nasies vernietig. Hulle hoektorings is verlate.
Ek het hulle strate verwoes, en daarom is niemand daarop gevind nie.
Hulle stede is verwoes, en daar is geen mens, geen inwoner, meer nie.+
7 Ek het gesê: ‘Jy sal my sekerlik vrees en dissipline* aanvaar,’+
sodat haar woonplek nie vernietig sal word nie+
– ek moet haar vir al hierdie dinge straf.*
Maar hulle was baie gretig om goddeloos op te tree.+
8 ‘Hou dus aan om my te verwag,’*+ sê Jehovah,
‘tot die dag dat ek kom om die besittings te kom neem,*
want my regterlike bevel is om nasies te versamel, om koninkryke bymekaar te bring,
om my verontwaardiging oor hulle uit te stort, al my brandende woede,+
want deur die vuur van my ywer sal die hele aarde verteer word.+
9 Want dan sal ek die taal van die volke in ’n suiwer taal verander,
sodat hulle almal die naam van Jehovah sal aanroep
10 Uit die streek van die riviere van Etiopië
sal dié wat my dringend versoek, die dogter van my verstrooides, vir my ’n offerande bring.+
11 Op daardie dag sal jy nie verneder word
weens al jou dade waarmee jy teen my in opstand gekom het nie,+
want dan sal ek die hoogmoedige grootpraters onder jou verwyder,
en jy sal nooit weer hoogmoedig wees op my heilige berg nie.+
12 Ek sal ’n nederige en beskeie volk in jou laat oorbly,+
en hulle sal in die naam van Jehovah beskerming soek.
13 Dié wat in Israel oorbly,+ sal geen onregverdige dade beoefen nie.+
Hulle sal nie ’n leuen vertel nie, en ’n bedrieglike tong sal ook nie in hulle mond gevind word nie.
Hulle sal wei en gaan lê, en niemand sal hulle bang maak nie.”+
14 Roep van vreugde uit, o dogter van Sion!
Juig, o Israel!+
Wees vreugdevol en verheug jou met jou hele hart, o dogter van Jerusalem!+
15 Jehovah het die oordele teen jou verwyder.+
Hy het jou vyand laat wegdraai.+
Die Koning van Israel, Jehovah, is by jou.+
Jy sal nie meer enige rampspoed vrees nie.+
16 Op daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word:
“Moenie bang wees nie, o Sion.+
Moenie jou hande laat slap word nie.
17 Jehovah jou God is by jou.+
As ’n Magtige sal hy red.
Hy sal hom met groot vreugde oor jou verheug.+
Hy sal stil* word in sy liefde.
Hy sal bly wees oor jou met uitroepe van vreugde.
18 Ek sal dié bymekaarmaak wat treur omdat hulle nie by jou feeste kan wees nie.+
Hulle kon nie by jou wees nie omdat hulle weens haar gespot is.+
19 Kyk! Op daardie tyd sal ek optree teen almal wat jou onderdruk,+
en ek sal die een red wat mank loop,+
en ek sal dié wat verstrooi is, bymekaarmaak.+
Ek sal sorg dat hulle geprys en geëer word*
in al die lande waar hulle verneder is.
20 In dié tyd sal ek julle inbring,
in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak.
Want ek sal sorg dat julle geëer* en geprys word+ onder al die volke van die aarde,
wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer,” sê Jehovah.+
Beteken “Jehovah het verberg (weggebêre)”.
Blykbaar voorwerpe of bedrywighede wat met afgodediens verband hou.
Of “podium; drumpel”. Moontlik die platform van die koning se troon.
Blykbaar ’n deel van Jerusalem naby die Vispoort.
Lett. “stilgemaak”.
Lett. “wat op hulle afsaksel stol”, soos in ’n wynvat.
Lett. “ingewande”.
Of “sagmoediges”.
Lett. “sy oordeel”.
Of “sagmoedigheid”.
Of “verberg word”.
Of “op die middaguur”.
Of “aandag aan hulle skenk”.
Of “vreesaanjaend”.
Of “laat wegteer”.
Of “sal hom aanbid”.
Lett. “elke wilde dier van ’n nasie”.
Of “teregwysing”.
Of “tot verantwoording roep”.
Of “om geduldig vir my te wag”.
Of moontlik “opstaan as ’n getuie”.
Of “om hom in eenheid te aanbid”.
Of “gerus; tevrede”.
Lett. “’n naam kry”.
Lett. “’n naam kry”.