HABAKUK
1 ’n Belangrike boodskap wat die profeet Haʹbakuk* in ’n visioen ontvang het:
2 Hoe lank, o Jehovah, moet ek om hulp roep? Wanneer sal u luister?+
Hoe lank moet ek u vra om my van geweld te red? Wanneer sal u ingryp?*+
3 Hoekom laat u toe dat ek oortreding sien?
En hoekom laat u onderdrukking toe?
Hoekom is vernietiging en geweld voor my?
En hoekom is daar so baie stryery en konflik?
4 So verloor die wet sy krag,
en geregtigheid word nooit uitgevoer nie.
Want die goddeloses omring die regverdiges,
en daarom word geregtigheid verdraai.+
5 “Kyk na die nasies en skenk aandag!
Staar in verbasing en wees verstom,
want iets sal in julle dae gebeur
wat julle nie sal glo nie, al word julle daarvan vertel.+
Hulle trek deur uitgestrekte dele van die aarde
om huise in besit te neem wat nie aan hulle behoort nie.+
7 Hulle is skrikwekkend, en mense is baie bang vir hulle.
Hulle stel hulle eie wette en gesag* vas.+
Hulle oorlogsperde galop voort.
Hulle perde kom van ver af.
Hulle duik neer soos ’n arend op sy prooi.+
9 Hulle almal kom en is daarop uit om geweld te pleeg.+
Wanneer hulle gesigte bymekaarkom, is dit soos die oostewind,+
en hulle maak gevangenes bymekaar soos die sand.
Hulle lag vir elke vesting.+
Hulle bou ’n wal met grond en neem dit in.
12 Bestaan u nie al vir ewig nie, o Jehovah?+
O my God, my Heilige, u sterf nie.*+
O Jehovah, u het hulle aangestel om oordeel uit te voer.
My Rots,+ u het hulle gekies om ons te straf.*+
Hoekom duld u dan die verraaiers+
en bly u stil wanneer ’n goddelose mens iemand verslind wat regverdiger is as hy?+
14 Hoekom maak u die mens soos die visse van die see,
soos kruipende diere wat nie ’n heerser het nie?
15 Hy* trek hulle almal met ’n vishoek op.
Hy vang hulle in sy sleepnet,
en hy maak hulle bymekaar in sy visnet.
Dit is hoekom hy baie bly is.+
16 Dit is hoekom hy offerandes aan sy sleepnet bring,
en offers* aan sy visnet,
want deur middel van hulle het hy ’n ryk* vangs
en goeie voedsel.
17 Sal hy dan aanhou om sy sleepnet leeg te maak?*
Sal hy aanhou om nasies dood te maak sonder om jammer te voel?+
Ek sal wag hou om te sien wat hy deur my sal sê
en wat ek sal antwoord wanneer ek tereggewys word.
2 Jehovah het my toe geantwoord:
“Teken die visioen op en skryf dit duidelik op kliptablette,+
3 Want die visioen is nog vir sy vasgestelde tyd,
en dit beweeg vinnig na sy vervulling,* en dit sal nie lieg nie.
Al sou dit lank neem,* bly gretig wag daarvoor!+
Want dit sal vir seker waar word.
Dit sal nie laat wees nie!
4 Kyk na die een wat trots is.
Sy hart is nie opreg nie.
Maar die regverdige sal deur sy getrouheid* lewe.+
5 Ja, die wyn is bedrieglik,
en daarom sal die hoogmoedige mens nie sy doel bereik nie.
Hy maak sy eetlus so groot soos die Graf.*
Hy is soos die dood en kan nie versadig word nie.
Hy hou aan om al die nasies bymekaar te maak
en om vir hom al die volke bymekaar te bring.+
6 Sal hulle almal nie spreuke, sinspelings en raaisels teen hom spreek nie?+
Hulle sal sê:
‘Dit sal sleg gaan met die een wat bymekaarmaak wat nie aan hom behoort nie
en wat sy eie skuld selfs groter maak!
Hoe lank sal dit nog aanhou?
7 Sal jou skuldeisers nie skielik opstaan nie?
Hulle sal wakker word en jou erg skud,
en jy sal vir hulle iets word wat hulle kan beroof.+
Want jy het mense doodgemaak
en dade van geweld teen die aarde gepleeg,
teen die stede en dié wat daarin woon.+
9 Dit sal sleg gaan met die een wat vir sy huis oneerlike wins maak,
sodat hy sy nes in die hoogte kan maak
om die greep van rampspoed vry te spring!
10 Jy het skande vir jou huis beplan.
Jy sondig teen jouself deur baie volke te vernietig.+
11 Want ’n klip sal vanuit die muur uitroep,
en ’n dakbalk sal uit die houtwerk antwoord gee.
12 Dit sal sleg gaan met die een wat ’n stad deur bloedskuld bou
en wat ’n dorp deur onregverdigheid vestig!
13 Kyk! Is dit nie Jehovah van die leërmagte wat volke hard laat werk vir wat in die vuur beland nie
en wat veroorsaak dat nasies hulle verniet uitput nie?+
14 Want die aarde sal vol wees van die kennis van die heerlikheid van Jehovah
soos die waters die see bedek.+
15 Dit sal sleg gaan met die een wat sy metgeselle iets gee om te drink,
en wat groot woede daarby voeg om hulle dronk te maak,
om hulle kaal te kan sien!
16 Jy sal oorvol word van oneer in plaas van heerlikheid.
Jy moet ook drink en ander laat sien dat jy nie besny is nie.*
Die beker in die regterhand van Jehovah sal na jou toe kom,+
en skande sal jou heerlikheid bedek,
17 want die dade van geweld wat teen die Liʹbanon-berge gepleeg is, sal jou bedek,
en die vernietiging wat die diere bang gemaak het, sal oor jou kom,
want jy het mense doodgemaak
en dade van geweld teen die aarde gepleeg,
teen die stede en dié wat daarin woon.+
18 Van watter nut is ’n uitgekerfde beeld
as sy maker hom uitgekerf het?
Van watter nut is ’n metaalbeeld en ’n onderrigter van leuens?
Hoe kan die een wat hierdie waardelose gode maak, op hulle vertrou?
Want hulle is stom!+
19 Dit sal sleg gaan met die een wat vir ’n stuk hout sê: “Word wakker!”
of vir ’n stom klip: “Staan op! Onderrig ons!”
20 Maar Jehovah is in sy heilige tempel.+
Wees stil voor hom, almal op aarde!’”+
3 Die gebed van die profeet Haʹbakuk as treurliedere:
2 O Jehovah, ek het die berig oor u gehoor.
Ek het ontsag, o Jehovah, vir u dade.
Maak dit in ons tyd* lewend!
Maak dit in ons tyd* bekend.
Mag u onthou om tydens die verwarring genade te betoon.+
3 God het van Teman af gekom.
Die Heilige het van die berg Paran af gekom.+ (Sela)*
Sy majesteit het die hemel bedek,+
en die aarde is met sy lof gevul.
Twee strale het uit sy hand geflits,
waar sy krag weggesteek is.
6 Hy het stilgestaan en die aarde geskud.+
Met een kyk het hy nasies laat spring.+
Die ewige berge is stukkend geslaan,
en die eeue oue heuwels het neergebuig.+
Die paaie van lank gelede is syne.
7 Ek het moeilikheid in die tente van Kusan gesien.
Die tentdoeke van die land Miʹdian het gebewe.+
8 Is dit teen die riviere, o Jehovah,
is dit teen die riviere dat u woede opgevlam het?
Of is u woede teen die see?+
Want u het op u perde gery.+
9 U boog is uitgehaal en is gereed.
Die stawwe* is gereed om hulle werk te doen volgens ’n eed.* (Sela)
U het die aarde met riviere oopgekloof.
10 Berge het in pyn ineengekrimp toe hulle u sien.+
’n Swaar donderstorm het deurgetrek.
Die waterdiepte het gedreun met sy stem.+
Hy het sy hande hoog opgelig.
11 Son en maan het stilgestaan in hulle woning daar bo.+
U pyle het soos die lig uitgeskiet.+
U spies het geglinster soos die weerlig.
12 U het woedend deur die aarde getrek.
In woede het u die nasies vertrap.*
13 U het uitgegaan om u volk, u gesalfde, te red.
U het die hoof van die huis van die goddelose verpletter.
Dit is van die dak* af tot op die fondament afgebreek. (Sela)
14 U het die koppe van sy vegters met hulle eie wapens* deurboor
toe hulle op ons afgestorm het om ons* te verstrooi.
Hulle was baie bly om iemand wat swaarkry, in die geheim te verslind.
15 U gaan deur die see met u perde,
deur die onstuimige, uitgestrekte waters.
16 Ek het gehoor, en my binneste* het gebewe.
My lippe het gebewe toe ek die geluid hoor.
My bene het onder my ingegee.
Maar ek wag rustig vir die dag van rampspoed,+
want dit kom oor die mense wat ons aanval.
17 Al het die vyeboom nie bloeisels nie
en is daar geen druiwe aan die wingerdstokke nie,
al misluk die olyfoes
en bring die landerye* geen kos voort nie,
al verdwyn die kleinvee uit die kraal
en is daar geen beeste in die kampe nie,
18 sal ek van vreugde uitroep as gevolg van wat Jehovah doen.
Ek sal bly wees in die God van my redding.+
19 Die Soewereine Heer Jehovah is my krag.+
Hy sal my voete soos dié van ’n takbok maak
en my op hoë plekke laat loop.+
Vir die musiekleier: Met my snaarinstrumente.
Beteken moontlik “vurige omhelsing”.
Of “red”.
Of “waardigheid”.
Of moontlik “hulle god is hulle krag”.
Of moontlik “ons sal nie sterf nie”.
Of “tereg te wys”.
D.w.s. die Galdese vyand.
Of “offerrook”.
Lett. “olieryke”.
Of moontlik “om sy swaard uit te trek”.
Of “die skans”.
Of “vlot”.
Of “einde”.
Of “Al lyk dit asof dit lank neem”.
Of moontlik “geloof”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of moontlik “drink en steier”.
Lett. “in die middel van die jare”.
Lett. “in die middel van die jare”.
Sien Woordelys.
Of “was redding”.
Of moontlik “pyle”.
Of moontlik “Die geswore ede van die stamme is uitgespreek”.
Lett. “gedors”.
Lett. “nek”.
Lett. “sy stawwe”.
Lett. “my”.
Lett. “buik”.
Lett. “Verrotting het in my gebeente ingegaan”.
Of “terrasse”.