NAHUM
1 ’n Oordeelsboodskap teen Niʹneve:+ Die boek van die visioen van Nahum,* die Elkosiet:
2 Jehovah is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid vereis+ en wat wraak neem.
Jehovah neem wraak en is gereed om aan sy woede uiting te gee.+
Jehovah neem wraak op sy teenstanders,
en hy bewaar woede vir sy vyande.
3 Jehovah word nie gou kwaad nie+ en het groot krag,+
maar Jehovah sal nie straf terughou van dié wat dit verdien nie.+
Hy gebruik verwoestende winde en storms,
en die wolke is soos die stof van sy voete.+
Basan en Karmel verlep,+
en die bloeisels van die Liʹbanon-berge verlep.
Die aarde sal skud weens sy gesig,
asook die land en almal wat daarin woon.+
6 Wie kan voor sy groot woede bly staan?+
En wie kan sy gloeiende woede weerstaan?+
Sy woede sal soos vuur uitgestort word,
en die rotse sal in stukke gebreek word weens hom.
7 Jehovah is goed,+ ’n vesting in moeilike tye.+
Hy hou dié in gedagte* wat by hom beskerming soek.+
8 Met ’n verwoestende vloed sal hy Niʹneve* heeltemal vernietig,
en duisternis sal Sy vyande agtervolg.
9 Watter planne sal julle teen Jehovah beraam?
Hy sal julle heeltemal vernietig.
Hy sal vernietiging nie ’n tweede keer hoef te bring nie.+
10 Want hulle is ineengevleg soos dorings,
en hulle is soos dié wat dronk is van bier,*
maar hulle sal verteer word soos droë strooi.
11 Uit jou sal daar iemand kom wat slegte planne teen Jehovah beraam,
wat nuttelose raad gee.
12 Dít is wat Jehovah sê:
“Al was hulle sterk en baie,
sal hulle selfs dan aangeval word en doodgaan.*
Ek het jou* laat swaarkry, maar ek sal jou nie meer laat swaarkry nie.
14 Jehovah het aangaande jou* beveel:
‘Jou naam sal nie meer voortbestaan nie.
Ek sal die uitgekerfde beelde en die metaalbeelde uit die tempel* van jou gode uitroei.
Ek sal vir jou ’n graf maak omdat jy niks beteken nie.’
Vier jou feeste,+ o Juda, betaal jou geloftes,
want die nikswerd persoon sal nooit weer deur jou trek nie.
Hy sal heeltemal vernietig word.”
2 Iemand wat verstrooi, het teen jou* opgekom.+
Bewaak die vestings.
Hou waak oor die pad.
Maak jou gereed* en skraap al jou krag bymekaar.
2 Want Jehovah sal die trots van Jakob herstel,
saam met die trots van Israel,
want die verwoesters het hulle verwoes.+
Hulle het hulle jong takkies verwoes.
3 Die skilde van sy sterk manne is rooi gekleur.
Sy vegters dra rooi klere.
Die ysterwapens van sy strydwa flits soos vuur
op die dag dat hy gereedmaak vir oorlog,
en die spiese van jenewerhout word rondgeswaai.
4 Die strydwaens jaag deur die strate.
Hulle jaag op en af op die openbare pleine.
Hulle skyn soos brandende fakkels en flits soos weerlig.
5 Hy sal sy amptenare laat roep.
Hulle sal struikel terwyl hulle vorentoe gaan.
Hulle jaag na haar muur toe.
Hulle rig die versperring op.
Hulle klink soos duiwe terwyl hulle op hulle bors* slaan.
“Staan stil! Staan stil!”
Maar niemand draai terug nie.+
9 Vat die silwer, vat die goud!
Daar is geen einde aan die skatte nie.
Dit is vol allerhande kosbare dinge.
10 Die stad is leeg, verlate en verwoes!+
Hulle harte smelt van vrees, hulle knieë knak, hulle heupe bewe.
Hulle almal se gesigte is bleek.
11 Waar is die lêplek van leeus,+ waar die jong leeus* vreet,
waar die leeu met sy leeuwelpie loop
en niemand hulle bang maak nie?
12 Die leeu het genoeg prooi vir sy leeuwelpies verskeur
en genoeg prooi vir sy leeuwyfies gewurg.
Hy het sy gate met prooi gevul gehou,
sy lêplekke met verskeurde diere.
13 “Kyk! Ek is teen jou,” sê Jehovah van die leërmagte,+
“ek sal jou strydwaens in rook laat opgaan,+
en die swaard sal jou jong leeus* verslind.
Ek sal jou prooi van die aarde af uitroei,
en die geluid van jou boodskappers sal nie meer gehoor word nie.”+
3 Dit sal sleg gaan met die stad van bloedskuld!
Sy is heeltemal vol bedrog en roofgoed.
Sy is nooit sonder prooi nie!
2 Daar is die geklap van die sweep en die gedreun van die wiele,
die perd wat galop en die strydwa wat stamp.
3 Die perderuiter, die flitsende swaard en die glinsterende spies,
die klomp dooies en die hope karkasse
– daar is geen einde aan die lyke nie.
Hulle bly struikel oor die lyke.
4 Dit is weens die baie dade van prostitusie van die prostituut,
sy wat aantreklik en betowerend is, ’n meesteres van towery,
wat nasies deur haar dade van prostitusie verstrik en families deur haar towery.
Ek sal nasies jou naaktheid laat sien,
en koninkryke jou skande.
6 En ek sal vuilgoed op jou gooi
en skande oor jou bring.
Ek sal ’n bespotting van jou maak.+
7 Almal wat jou sien, sal van jou af wegvlug+ en sê:
‘Niʹneve is verwoes!
Wie sal met haar simpatiseer?’
Waar sal ek vertroosters vir jou vind?
8 Is jy beter as No-Amon,*+ wat by die Nylkanale gesit het?+
Water het haar omring.
Haar rykdom was die see, en haar muur was die see.
9 Etiopië en Egipte was haar bron van eindelose krag.
Put+ en die Libiërs was jou helpers.+
10 Maar selfs sy het ’n balling* geword.
Sy het in gevangenskap gegaan.+
Haar kinders is ook op elke straathoek* doodgeslaan.
Hulle het die lot gewerp oor haar geëerde manne,
en al haar belangrike manne is met boeie gebind.
Jy sal gaan wegkruip.
Jy sal beskerming teen die vyand soek.
12 Al jou vestings is soos vyebome met die eerste ryp vrugte.
As hulle geskud word, sal hulle in die monde val van dié wat verslind.
13 Kyk! Jou soldate is soos vrouens.
Die poorte van jou land sal wyd oop wees vir jou vyande.
Vuur sal die grendels van jou poorte verteer.
14 Skep water, want die stad gaan omsingel word!+
Versterk jou vestings.
Gaan af in die modder en trap die klei.
Maak die bakstene.*
15 Selfs daar sal vuur jou verteer.
’n Swaard sal jou uitroei.+
Dit sal jou verslind soos die jong sprinkane.+
Maak jou so baie soos die jong sprinkane!
Ja, maak jou so baie soos die sprinkane!
16 Jy het jou handelaars meer gemaak as die sterre van die hemel.
Die jong sprinkaan vervel en vlieg weg.
17 Jou wagte is soos die sprinkaan,
en jou offisiere soos ’n sprinkaanswerm.
Op ’n koue dag slaan hulle kamp op in die klipkrale,
maar wanneer die son skyn, vlieg hulle weg.
Niemand weet waar hulle is nie.
18 Jou herders is vaak, o koning van Assiʹrië.
Jou heersers bly in hulle woonplekke.
Jou volk is op die berge verstrooi,
en niemand maak hulle bymekaar nie.+
19 Daar is geen verligting vir jou katastrofe nie.
Jou wond kan nie gesond word nie.
Almal wat die berig oor jou hoor, sal hulle hande klap,+
want wie het nie gely weens jou genadelose wreedheid nie?”+
Beteken “vertrooster”.
Of “sorg vir dié”. Lett. “ken dié”.
Lett. “haar plek”.
Of “koringbier”.
Of moontlik “en sal hy deurtrek”.
D.w.s. Juda.
D.w.s. Assirië.
Lett. “huis”.
D.w.s. Nineve.
Lett. “Versterk die heupe”.
Lett. “wegsmelt”.
Of “vasgestel”.
Lett. “harte”.
Of “jong maanhaarleeus”.
Of “jong maanhaarleeus”.
D.w.s. Nineve.
D.w.s. Tebe.
D.w.s. iemand wat uit sy land weggevoer is.
Lett. “aan die hoof van alle strate”.
Lett. “Gryp die steenvorm”.