ESEGIËL
1 In die 30ste jaar, op die vyfde dag van die vierde maand, terwyl ek tussen die ballinge*+ by die Kebar-rivier was,+ het die hemel oopgegaan, en ek het visioene van God begin sien. 2 Op die vyfde dag van die maand – dit wil sê in die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojaʹgin+ – 3 het Jehovah met Eseʹgiël,* die seun van Busi, die priester, by die Kebar-rivier, in die land van die Galdeërs,+ gepraat. Die hand van Jehovah was daar op hom.+
4 Terwyl ek gekyk het, het ek gesien hoe ’n stormwind+ uit die noorde kom, en daar was ’n groot wolk en flikkerende vuur*+ wat deur ’n helder lig omring was, en in die middel van die vuur was daar iets wat soos elektrum* gelyk het.+ 5 In die vuur was daar iets wat soos vier lewende wesens+ gelyk het, en elkeen het die voorkoms van ’n mens gehad. 6 Elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad.+ 7 Hulle voete was reguit, en hulle voetsole was soos die sole van ’n kalf, en hulle het soos blink gevryfde koper geblink.+ 8 Hulle het aan al vier kante mensehande onder hulle vlerke gehad, en al vier het gesigte en vlerke gehad. 9 Hulle vlerke het aan mekaar geraak. Hulle het nie gedraai wanneer hulle beweeg het nie, en hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+
10 Hulle gesigte het só gelyk: Elkeen van die vier het die gesig van ’n mens gehad, die gesig van ’n leeu+ aan die regterkant, die gesig van ’n bul+ aan die linkerkant, en elkeen van die vier het die gesig van ’n arend+ gehad.+ 11 Dit is hoe hulle gesigte was. Hulle vlerke was bo hulle uitgesprei. Elkeen het twee vlerke gehad wat aan mekaar geraak het en twee vlerke wat hulle liggame bedek het.+
12 Hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan, waarheen die gees hulle ook al wou laat gaan.+ Hulle het nie gedraai wanneer hulle beweeg het nie. 13 En die lewende wesens het soos brandende kole gelyk, en iets wat soos helder vuurfakkels gelyk het, het heen en weer tussen die lewende wesens beweeg, en weerligstrale het uit die vuur geflits.+ 14 En wanneer die lewende wesens heen en weer gegaan het, het dit soos weerligstrale gelyk.
15 Terwyl ek die lewende wesens dopgehou het, het ek een wiel op die grond gesien langs elkeen van die lewende wesens met vier gesigte.+ 16 Die wiele het gegloei soos chrisoliet, en al vier het dieselfde gelyk. Elke wiel was so gemaak dat dit gelyk het asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is.* 17 Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in enige van die vier rigtings gaan sonder om te draai. 18 Die wiele was ontsagwekkend hoog, en die buitenste rande van al vier wiele was reg rondom vol oë.+ 19 Wanneer die lewende wesens beweeg het, het die wiele saam met hulle beweeg, en wanneer die lewende wesens van die grond af opgelig is, is die wiele ook opgelig.+ 20 Hulle het gegaan waar die gees hulle laat gaan het, waar die gees ook al gegaan het. Die wiele is saam met hulle opgelig, want die gees wat die lewende wesens gelei het,* was ook in die wiele. 21 Wanneer hulle beweeg het, het die wiele beweeg, en wanneer hulle stilgestaan het, het die wiele stilgestaan, en wanneer hulle van die grond af opgelig is, is die wiele reg langs hulle opgelig, want die gees wat die lewende wesens gelei het, was ook in die wiele.
22 Oor die koppe van die lewende wesens was iets wat soos ’n uitgestrekte oppervlak gelyk het. Dit was ontsagwekkend, blink soos ys, en dit was bokant hulle koppe uitgesprei.+ 23 Onder die uitgestrekte oppervlak was hulle vlerke reguit* en na mekaar toe. Elkeen het twee vlerke gehad om die een kant van hulle liggaam te bedek en twee om die ander kant te bedek. 24 Toe ek die geluid van hulle vlerke gehoor het, het dit geklink soos die geluid van stormwaters, soos die geluid van die Almagtige.+ Wanneer hulle beweeg het, het dit soos ’n leërmag geklink. Wanneer hulle stilgestaan het, het hulle hulle vlerke laat sak.
25 Daar was ’n stem bo die uitgestrekte oppervlak wat oor hulle koppe was. (Wanneer hulle stilgestaan het, het hulle hulle vlerke laat sak.) 26 Bo die uitgestrekte oppervlak wat oor hulle koppe was, was iets wat soos ’n saffiersteen gelyk het,+ en dit het die voorkoms van ’n troon gehad.+ Iemand wat soos ’n mens gelyk het,+ het hoog bo-op die troon gesit. 27 Van sy heupe af boontoe het ek iets gesien wat soos elektrum gegloei het+ en soos ’n vuur uitgestraal het. Van sy heupe af ondertoe het ek iets gesien wat soos vuur gelyk het.+ Daar was ’n glans reg rondom hom 28 wat gelyk het soos ’n reënboog+ in ’n wolk op ’n reënerige dag. Dit was hoe die helder lig rondom hom gelyk het. Dit het soos die heerlikheid van Jehovah gelyk.+ Toe ek dit sien, het ek met my gesig na die grond toe neergeval, en ek het die stem begin hoor van iemand wat praat.
2 Toe het hy vir my gesê: “Mensekind,* staan op jou voete sodat ek met jou kan praat.”+ 2 Toe hy met my praat, het gees in my gekom en my op my voete laat staan+ sodat ek die Een kon hoor wat met my praat.
3 Hy het vir my gesê: “Mensekind, ek stuur jou na die Israeliete toe,+ na opstandige nasies wat teen my in opstand gekom het.+ Hulle en hulle voorvaders het teen my oortree tot vandag toe.+ 4 Ek stuur jou na kinders toe wat uitdagend en hardkoppig is,*+ en jy moet vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê.’ 5 Hulle is ’n opstandige huis,+ maar of hulle nou wil luister of nie, hulle sal beslis weet dat daar ’n profeet onder hulle was.+
6 “Maar jy, mensekind, moenie vir hulle bang wees nie,+ en moenie vir hulle woorde bang wees nie, al is jy omring deur dorings en dissels*+ en al woon jy onder skerpioene. Moenie vir hulle woorde bang wees nie,+ en moenie dat hulle gesigte jou afskrik nie,+ want hulle is ’n opstandige huis. 7 En jy moet my woorde aan hulle bekend maak, of hulle nou luister of nie, want hulle is ’n opstandige volk.+
8 “Maar jy, mensekind, luister na wat ek vir jou sê. Moenie opstandig word soos hierdie opstandige huis nie. Maak jou mond oop en eet wat ek jou gee.”+
9 Toe ek kyk, het ek ’n hand gesien wat na my toe uitgesteek is+ met ’n boekrol daarin.+ 10 Hy het dit voor my oopgerol, en ek het gesien dat daar op die voorkant en op die agterkant geskryf is.+ Dit het treurliedere, ’n gekerm en ’n gekla bevat.+
3 Toe het hy vir my gesê: “Mensekind, eet wat voor jou is.* Eet hierdie boekrol en gaan praat met die huis van Israel.”+
2 Toe het ek my mond oopgemaak, en hy het my hierdie boekrol laat eet. 3 Hy het vir my gesê: “Mensekind, eet hierdie boekrol wat ek vir jou gee sodat jou maag kan vol word.” Toe het ek dit begin eet, en dit was so soet soos heuning in my mond.+
4 Hy het vir my gesê: “Mensekind, gaan na die huis van Israel, en jy moet my woorde aan hulle oordra. 5 Want jy word nie gestuur na ’n volk wat ’n onverstaanbare of onbekende taal praat nie, maar na die huis van Israel. 6 Jy word nie gestuur na baie volke wat onverstaanbare of onbekende tale praat nie. As ek jou na hulle toe gestuur het, sou hulle na jou geluister het.+ 7 Maar die huis van Israel sal weier om na jou te luister, want hulle wil nie na my luister nie.+ Die hele huis van Israel is hardkoppig, en hulle harte is verhard.+ 8 Kyk! Ek het jou gesig net so hard soos hulle gesigte gemaak en jou voorkop net so hard soos hulle voorkoppe.+ 9 Ek het jou voorkop soos ’n diamant gemaak, harder as vuurklip.+ Moenie vir hulle bang wees nie, en moenie dat hulle gesigte jou afskrik nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.”
10 Hy het vir my gesê: “Mensekind, laat al my woorde diep in jou hart insink en luister daarna. 11 Gaan na die kinders van jou volk wat in ballingskap is,+ en praat met hulle. Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê,’ of hulle nou wil luister of nie.”+
12 Toe het ’n gees my opgetel,+ en ek het ’n harde gedreun agter my gehoor wat gesê het: “Mag die heerlikheid van Jehovah vanuit sy plek geloof word.” 13 Ek het die geluid gehoor van die vlerke van die lewende wesens wanneer hulle aan mekaar geraak het,+ en die geluid van die wiele langs hulle,+ en die geluid van ’n harde gedreun. 14 En die gees het my opgetel en my weggeneem. Bitter ontsteld en woedend* het ek weggegaan, en die hand van Jehovah was sterk op my. 15 Toe het ek na die ballinge* in Tel-Abib gegaan, wat by die Kebar-rivier+ gewoon het, en ek het sewe dae lank by hulle gebly, en dit was asof ek in ’n dwaal was.+
16 Ná sewe dae het Jehovah met my gepraat en gesê:
17 “Mensekind, ek het jou as ’n wag vir die huis van Israel aangestel,+ en wanneer jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle namens my waarsku.+ 18 Wanneer ek vir iemand wat goddeloos is, sê: ‘Jy sal beslis sterf,’ maar jy niks sê om die goddelose te waarsku dat hy sy goddelose weg moet verlaat sodat hy kan bly lewe nie,+ dan sal hy vir sy sonde sterf omdat hy goddeloos is,+ maar ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.*+ 19 Maar as jy iemand wat goddeloos is, waarsku en hy nie sy goddeloosheid en sy goddelose weg verlaat nie, dan sal hy vir sy sonde sterf, maar jy sal beslis jou lewe red.+ 20 Maar wanneer iemand wat regverdig is, sy regverdige weg verlaat en doen wat verkeerd is,* sal ek ’n struikelblok voor hom sit, en hy sal sterf.+ As jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy vir sy sonde sterf, en sy regverdige dade sal nie onthou word nie, maar ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.*+ 21 Maar as jy iemand wat regverdig is, gewaarsku het dat hy nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy beslis bly lewe omdat hy gewaarsku is,+ en jy sal jou eie lewe red.”
22 Die hand van Jehovah was daar op my, en hy het vir my gesê: “Staan op, gaan na die valleivlakte, en ek sal daar met jou praat.” 23 Toe het ek opgestaan en na die valleivlakte gegaan, en kyk! die heerlikheid van Jehovah was daar,+ soos die heerlikheid wat ek by die Kebar-rivier gesien het,+ en ek het met my gesig na die grond toe neergeval. 24 Toe het gees in my gekom en my op my voete laat staan,+ en hy het met my gepraat en gesê:
“Gaan sluit jou toe in jou huis. 25 En mensekind, hulle sal toue om jou sit en jou vasbind sodat jy nie na hulle toe kan gaan nie. 26 En ek sal jou tong aan jou verhemelte laat vassit, en jy sal beslis stom word, en jy sal hulle nie kan teregwys nie, want hulle is ’n opstandige huis. 27 Maar wanneer ek met jou praat, sal ek jou mond open, en jy moet vir hulle sê:+ ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê.’ Laat die een wat luister, luister,+ en laat die een wat weier om te luister, weier, want hulle is ’n opstandige huis.+
4 “En jy, mensekind, vat ’n baksteen en sit dit voor jou neer. Graveer ’n stad daarop – Jerusalem. 2 Beleër dit,+ bou ’n beleëringsmuur daarteen,+ rig ’n beleëringswal daarteen op,+ stel kampe op en omring die stad met stormramme.+ 3 Neem ’n ysterbakplaat, en sit dit as ’n ystermuur tussen jou en die stad. Hou dan jou oë op die stad, en dit sal beleër word. Jy moet dit beleër. Dit is ’n teken vir die huis van Israel.+
4 “Dan moet jy op jou linkersy lê, en jy moet die skuld van die huis van Israel op jouself* neem.+ Jy sal hulle skuld dra vir die getal dae dat jy op jou sy lê. 5 Jy moet dit 390 dae lank doen, in ooreenstemming met die jare van hulle skuld,+ en jy sal die skuld van die huis van Israel dra. 6 En jy moet dit voltooi.
“Dan moet jy ’n tweede keer gaan lê, dié keer op jou regtersy, en jy sal die skuld van die huis van Juda+ 40 dae lank dra. ’n Dag vir ’n jaar, ’n dag vir ’n jaar het ek jou gegee. 7 En jy moet jou oë op die beleëring van Jerusalem+ hou met jou arm ontbloot, en jy moet daarteen profeteer.
8 “Kyk! ek sal jou met toue vasbind sodat jy nie van jou een sy na jou ander sy kan draai nie, totdat jy die dae van jou beleëring voltooi het.
9 “En jy moet koring, gars, boerbone, lensies, giers en spelt neem en dit in een houer sit en daarvan vir jou brood maak. Vir die getal dae dat jy op jou sy lê, 390 dae, moet jy dit eet.+ 10 Jy moet jou kos afweeg en 20 sikkels* per dag eet. Jy moet dit op vasgestelde tye eet.
11 “En jy moet die water wat jy drink, afmeet, ’n sesde van ’n hin.* Jy moet dit op vasgestelde tye drink.
12 “Jy moet dit as ’n ronde garsbrood eet. Jy moet dit voor hulle oë bak op ’n vuur wat van droë ontlasting van mense gemaak is.” 13 Jehovah het verder gesê: “Dit is hoe die Israeliete hulle brood sal eet – onrein – onder die nasies waar ek hulle sal verstrooi.”+
14 Ek het toe gesê: “Nie dit nie, Soewereine Heer Jehovah! Van jongs af tot nou toe is ek nie onrein gemaak deur vleis te eet van ’n dier wat dood gevind is of wat verskeur is nie.+ En ek het nog nooit enige onrein* vleis geëet nie.”+
15 Toe het hy vir my gesê: “Nou goed, ek sal jou toelaat om beesmis in plaas van ontlasting van mense te gebruik, en jy moet jou brood daarop bak.” 16 Toe het hy vir my gesê: “Mensekind, ek gaan nou die voedselvoorraad laat opraak* in Jerusalem.+ Hulle sal die brood wat hulle afgeweeg het, met groot bekommernis eet,+ en hulle sal die water wat hulle afgemeet het, met groot angstigheid drink.+ 17 Dit sal gebeur sodat hulle ’n gebrek aan brood en water sal hê en sodat hulle mekaar geskok sal aankyk en weens hulle sondes sal wegteer.
5 “Jy, mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard om as ’n haarkapper se skeermes te gebruik. Skeer jou kop en jou baard, en neem dan ’n weegskaal om die hare te weeg en te verdeel. 2 Jy moet ’n derde daarvan in die stad met vuur verbrand wanneer die dae van die beleëring voltooi is.+ Dan moet jy nog ’n derde neem en dit rondom die stad* met ’n swaard slaan,+ en jy moet die laaste derde in die wind strooi, en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+
3 “Jy moet ’n bietjie van die hare neem en dit in die voue* van jou kledingstuk toebind. 4 En neem nog ’n bietjie en gooi dit in die vuur en laat dit tot as verbrand. Hierdie vuur sal na die hele huis van Israel versprei.+
5 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Dit is Jerusalem. Ek het haar in die middel van die nasies geplaas, met lande rondom haar. 6 Maar sy het in opstand gekom teen my regterlike bevele en my wetsbepalings, en sy was goddeloser as al die nasies en die lande rondom haar.+ Want hulle het my regterlike bevele verwerp, en hulle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie.’
7 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Julle was goddeloser as die nasies rondom julle en julle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie en het nie my regterlike bevele uitgevoer nie, maar julle het eerder die regterlike bevele van die nasies rondom julle uitgevoer.+ 8 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Kyk, ek is teen jou, o stad,+ en ek sal jou self voor die oë van die nasies oordeel en straf.+ 9 En as gevolg van al jou afskuwelike gebruike sal ek in jou doen wat ek nog nooit gedoen het nie en wat ek nooit weer sal doen nie.+
10 “‘“Daarom sal pa’s hulle kinders in die stad eet,+ en kinders sal hulle pa’s eet, en ek sal die mense in die stad oordeel en straf en die res van hulle in alle rigtings* verstrooi.”’+
11 “‘Daarom, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘omdat jy my heiligdom onrein gemaak het met al jou walglike afgode en met al jou afskuwelike gebruike,+ sal ek jou verwerp,* en ek* sal nie jammer voel nie, en ek sal geen medelye* betoon nie.+ 12 ’n Derde van jou sal sterf deur ’n vreeslike siekte* of deur hongersnood. Nog ’n derde sal rondom jou met die swaard doodgemaak word.+ En ek sal die laaste derde in alle rigtings* verstrooi, en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+ 13 Dan sal my woede tot ’n einde kom en my woede teen hulle sal bedaar, en ek sal tevrede wees.+ Nadat my woede teen hulle bedaar het, sal hulle moet weet dat ek, Jehovah, gepraat het omdat ek aandring op uitsluitlike toegewydheid.+
14 “‘En ek sal jou ’n verwoeste plek en ’n bespotting maak onder die nasies wat rondom jou is en in die oë van almal wat verbygaan.+ 15 Al die nasies sal jou bespot en op jou neersien.+ En jy sal ’n waarskuwende voorbeeld en iets skokkends vir hulle word wanneer ek my oordeel in woede uitvoer en jou in my woede straf. Ek, Jehovah, het dit gesê.
16 “‘Ek sal die dodelike pyle van die hongersnood teen hulle stuur om hulle te vernietig. Die pyle wat ek sal stuur, sal julle vernietig.+ Ek sal die hongersnood vir julle vererger deur julle voedselvoorraad te laat opraak.*+ 17 Ek sal hongersnood en gevaarlike wilde diere teen julle stuur,+ en hulle sal julle van kinders beroof. Vreeslike siektes sal julle teister, en ek sal julle met die swaard laat doodmaak.+ Ek, Jehovah, het dit gesê.’”
6 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na die berge van Israel en profeteer teen hulle. 3 Jy moet sê: ‘O berge van Israel, hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah: Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir die berge, vir die heuwels, vir die strome en vir die valleie sê: “Kyk! Ek sal ’n swaard teen julle bring, en ek sal julle offerhoogtes vernietig. 4 Julle altare sal afgebreek word en julle reukwerkstaanders sal gebreek word,+ en ek sal julle lyke voor julle walglike afgode* gooi.+ 5 Ek sal die lyke van die Israeliete voor hulle walglike afgode gooi, en ek sal al julle beendere rondom julle altare strooi.+ 6 Op al die plekke waar julle woon, sal die stede verwoes word+ en die offerhoogtes afgebreek en verwoes word.+ Julle altare sal afgebreek en stukkend geslaan word, julle walglike afgode sal vergaan, julle reukwerkstaanders sal afgebreek word en die werke van julle hande sal uitgewis word. 7 En dié wat doodgemaak is, sal tussen julle val,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+
8 “‘“Maar ek sal ’n oorblyfsel laat oorbly, want party sal wegkom van die swaard wanneer julle in die lande verstrooi word.+ 9 En dié wat wegkom, sal aan my dink wanneer hulle tussen die nasies is waar hulle gevange geneem is.+ Hulle sal besef dat my hart gebreek was omdat hulle ontroue* hart van my weggedraai het+ en hulle oë vol verlange na hulle walglike afgode gekyk het.+ Hulle sal skaam kry oor al die slegte en afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, en hulle sal dit afstootlik vind.+ 10 Hulle sal moet weet dat ek Jehovah is en dat dit nie net leë dreigemente was toe ek gesê het dat ek hierdie rampspoed oor hulle sal bring nie.”’+
11 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Klap jou hande en stamp met jou voet en kla oor al die slegte en afskuwelike dinge wat die huis van Israel gedoen het, want hulle sal doodgaan deur die swaard, deur hongersnood en deur vreeslike siektes.+ 12 Die een wat ver weg is, sal deur vreeslike siektes doodgaan, die een wat naby is, sal deur die swaard doodgaan en hy wat van hierdie dinge wegkom en oorbly, sal deur hongersnood doodgaan, totdat my woede teen hulle bedaar het.+ 13 En julle sal moet weet dat ek Jehovah is+ wanneer hulle lyke tussen hulle walglike afgode lê, rondom hulle altare,+ op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe, onder elke blaarryke boom en onder die takke van groot bome, oral waar hulle lekkerruik-offerandes* aan al hulle walglike afgode geoffer het.+ 14 Ek sal my hand teen hulle uitsteek en die land verwoes. Al die plekke waar hulle woon, sal meer verlate wees as die wildernis naby Dibla. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
7 Jehovah het weer met my gepraat en vir my gesê: 2 “Mensekind, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir die land van Israel sê: ‘’n Einde! Die einde het oor die vier uithoeke van die land gekom. 3 Die einde het nou vir jou aangebreek, en ek sal my woede teen jou loslaat, en ek sal jou volgens jou dade oordeel en jou verantwoordelik hou vir al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het. 4 Ek* sal nie vir jou jammer voel nie, en ek sal ook nie medelye* betoon nie,+ want ek sal die gevolge van jou dade oor jou bring, en jy sal die gevolge dra vir die afskuwelike dinge wat jy gedoen het.+ En jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’+
5 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Kyk! Daar kom ’n ramp, ’n ramp soos nog nooit tevore nie.+ 6 ’n Einde kom. Die einde moet kom. Dit sal teen jou opstaan.* Kyk! Dit kom. 7 Jou beurt* het gekom, jy wat in die land woon. Die tyd het gekom, die dag is naby.+ Daar is verwarring in plaas van vreugdevolle uitroepe op die berge.
8 “‘Binnekort sal ek met woede teenoor jou optree,+ en ek sal my woede heeltemal teen jou loslaat,+ en ek sal jou volgens jou dade oordeel en jou verantwoordelik hou vir al die afskuwelike dinge wat jy gedoen het. 9 Ek* sal nie jammer voel nie, en ek sal ook nie medelye* betoon nie.+ Ek sal die gevolge van jou dade oor jou bring, en jy sal die gevolge dra vir die afskuwelike dinge wat jy gedoen het. En jy sal moet weet dat ek, Jehovah, jou straf.+
10 “‘Kyk, die dag! Kyk, dit kom!+ Jou beurt* het gekom. Die staf het bloeisels gekry, en vermetelheid* het uitgespruit. 11 Geweld het gegroei tot ’n staf van goddeloosheid.+ Nie hulle of hulle rykdom of hulle skares of hulle belangrikheid sal oorbly nie. 12 Die tyd sal kom, die dag sal aanbreek. Laat die een wat koop, nie bly wees nie, en laat die een wat verkoop, nie treur nie, want daar is woede teen hulle hele skare.*+ 13 Want die een wat verkoop, sal nie terugkeer na wat verkoop is nie, al word sy lewe gespaar, want die visioen is teen hulle almal. Niemand sal terugkeer nie, en as gevolg van* sy sonde sal niemand sy lewe bewaar nie.
14 “‘Hulle het op die trompet geblaas,+ en almal is gereed, maar niemand gaan oorlog toe nie, want my woede is teen die hele skare.+ 15 Die swaard is buite,+ en die vreeslike siektes en die hongersnood is binne. Elkeen wat in die veld is, sal deur die swaard doodgemaak word, en almal in die stad sal deur die hongersnood en die vreeslike siektes sterf.+ 16 Die oorlewendes wat dit regkry om te ontsnap, sal na die berge gaan, en soos die duiwe van die valleie sal elkeen oor sy sonde kla.+ 17 Al hulle hande sal slap hang, en al hulle knieë sal van water drup.*+ 18 Hulle het saklinne aangetrek,+ en hulle almal bewe verskriklik. Almal sal skaam kry, en almal se koppe sal kaal wees.*+
19 “‘Hulle sal hulle silwer op die strate gooi, en hulle goud sal vir hulle iets walgliks word. Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle op die dag van Jehovah se woede kan red nie.+ Hulle sal nie versadig word nie, en hulle mae sal ook nie vol wees nie, want dit* het ’n struikelblok geword en die oorsaak van hulle sonde. 20 Hulle was trots op hoe mooi hulle versierings was, en hulle het hulle afskuwelike beelde daarmee* gemaak, hulle walglike afgode.+ Daarom sal ek dit vir hulle iets afskuweliks maak. 21 Ek sal dit* in die hand van die uitlanders gee, en vir die goddeloses van die aarde, en hulle sal dit ontheilig.
22 “‘Ek sal my gesig van hulle af wegdraai,+ en hulle sal my kosbare plek* ontheilig, en rowers sal daar ingaan en dit ontheilig.+
23 “‘Maak die kettings,*+ want die land is vol bloedbevlekte oordeel+ en die stad is vol geweld.+ 24 Ek sal die ergstes van die nasies inbring,+ en hulle sal hulle huise vat,+ en ek sal ’n einde maak aan die trots van die sterkes, en hulle heiligdomme sal ontheilig word.+ 25 Wanneer hulle angs kom, sal hulle vrede soek, maar dit sal nie daar wees nie.+ 26 Daar sal ramp ná ramp kom, en die een berig ná die ander, en mense sal ’n visioen by ’n profeet soek,+ maar die wet* sal nie meer by ’n priester wees nie, en raad nie meer by die ouermanne nie.+ 27 Die koning sal treur,+ en die hoofman sal alle moed verloor,* en die hande van die volk van die land sal bewe van vrees. Ek sal hulle behandel volgens hulle dade, en ek sal hulle oordeel soos hulle geoordeel het. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+
8 In die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde dag van die maand, toe ek in my huis gesit het en die ouermanne van Juda voor my gesit het, het die hand van die Soewereine Heer Jehovah my geneem. 2 Terwyl ek gekyk het, het ek iemand gesien wat soos vuur gelyk het. Van sy heupe af ondertoe was daar vuur,+ en van sy heupe af boontoe was sy voorkoms helder, soos die gloed van elektrum.*+ 3 Toe het hy iets wat soos ’n hand gelyk het, na my toe uitgesteek en my aan die hare gevat, en ’n gees het my tussen die aarde en die hemel gedra en my deur middel van die visioene van God na Jerusalem geneem, na die ingang van die binneste poort+ wat noord kyk, waar ’n afgodsbeeld staan wat God se woede laat opvlam.*+ 4 En kyk! die heerlikheid van die God van Israel was daar,+ soos die verskyning wat ek in die valleivlakte gesien het.+
5 Hy het toe vir my gesê: “Mensekind, kyk asseblief na die noorde.” Toe het ek na die noorde gekyk, en die afgodsbeeld* was aan die noordekant van die altaarpoort in die ingang. 6 En hy het vir my gesê: “Mensekind, sien jy watter verskriklike, afskuwelike dinge die huis van Israel hier doen,+ dinge wat my ver van my heiligdom af laat weggaan?+ Maar jy sal afskuwelike dinge sien wat selfs nog erger is.”
7 Toe het hy my na die ingang van die voorhof geneem, en toe ek kyk, het ek ’n gat in die muur gesien. 8 Hy het vir my gesê: “Mensekind, breek asseblief deur die muur.” Toe het ek deur die muur gebreek, en ek het ’n ingang gesien. 9 Hy het vir my gesê: “Gaan in en sien watter slegte, afskuwelike dinge hulle hier doen.” 10 Toe het ek ingegaan en allerhande beelde van kruipende en afskuwelike diere+ gesien, en al die walglike afgode* van die huis van Israel.+ Hulle was oral op die muur gegraveer. 11 en 70 ouermanne van die huis van Israel het voor hulle gestaan, en Jaäsanʹja, die seun van Safan,+ het tussen hulle gestaan. Elkeen het sy vuurbak in sy hand gehad, en die rook van die reukwerk het in die lug opgegaan.+ 12 Hy het vir my gesê: “Mensekind, sien jy wat die ouermanne van die huis van Israel in die donker doen, elkeen in die binnekamers waar sy afgode uitgestal is?* Want hulle sê: ‘Jehovah sien ons nie. Jehovah het die land verlaat.’”+
13 Hy het verder vir my gesê: “Jy sal sien dat hulle afskuwelike dinge doen wat selfs nog erger is.” 14 Toe het hy my na die ingang van die poort aan die noordekant van die huis van Jehovah geneem, en daar het ek vrouens gesien wat oor die god Tammus sit en huil.
15 Hy het verder vir my gesê: “Sien jy dit, o mensekind? Jy sal afskuwelike dinge sien wat selfs nog erger is.”+ 16 Toe het hy my na die binneste voorhof van die huis van Jehovah+ geneem. Daar by die ingang van die tempel van Jehovah, tussen die portaal en die altaar, was omtrent 25 manne met hulle rûe na die tempel van Jehovah en hulle gesigte na die ooste. Hulle het voor die son neergebuig, na die ooste toe.+
17 Hy het vir my gesê: “Mensekind, sien jy dit? Is dit nie erg genoeg dat die huis van Juda hierdie afskuwelike dinge doen nie? Moet hulle die land ook nog vol geweld maak+ en aanhou om my aanstoot te gee? Kyk hoe hulle die tak* na my neus uitsteek. 18 Ek sal dus in woede optree. Ek* sal nie jammer voel nie, en ek sal ook nie medelye* betoon nie.+ En ek sal hulle nie hoor nie, al roep hulle met ’n harde stem uit.”+
9 Toe het ek gehoor hoe hy met ’n harde stem uitroep en sê: “Roep dié wat die stad sal straf, elkeen met sy wapen van vernietiging in sy hand!”
2 Ek het ses manne gesien wat uit die rigting gekom het van die boonste poort+ wat noord kyk. Elkeen het ’n wapen in sy hand gehad om mee stukkend te slaan. Daar was ’n man saam met hulle wat linneklere aangehad het en wat ’n sekretaris se inkhoring* aan sy middel gedra het, en hulle het ingekom en langs die koperaltaar+ gaan staan.
3 Toe het die heerlikheid van die God van Israel+ opgegaan van waar dit bo die gerubs was, en dit het na die drumpel van die deuropening van die tempel beweeg.+ Hy het begin roep na die man wat die linneklere aangehad het en wat die sekretaris se inkhoring aan sy middel gedra het. 4 Jehovah het vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak ’n merk op die voorkoppe van die mense wat sug en steun+ oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gedoen word.”+
5 Ek het gehoor toe hy met die ander praat, en hy het gesê: “Gaan deur die stad en slaan die mense dood. Julle* moenie jammer voel nie, en julle moenie enige medelye* betoon nie.+ 6 Julle moet al die ou manne, jong manne, maagde, kindertjies en vrouens doodmaak.+ Maar moenie naby enigiemand gaan wat die merk het nie.+ Julle moet by my heiligdom begin.”+ Toe het hulle begin by die ouermanne wat voor die tempel was.+ 7 Daarna het hy vir hulle gesê: “Maak die tempel onrein en maak die voorhowe vol lyke.+ Gaan!” Hulle het dus gegaan en mense in die stad doodgeslaan.
8 Terwyl hulle die mense doodgeslaan het, het ek alleen oorgebly. Ek het met my gesig na die grond toe neergeval en uitgeroep: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Gaan u almal vernietig wat in Israel oorbly terwyl u met woede teen Jerusalem optree?”+
9 Toe het hy vir my gesê: “Die sonde van die huis van Israel en Juda is baie, baie groot.+ Die land is vol bloedskuld,+ en die stad is vol slegtheid.+ Want hulle sê: ‘Jehovah het die land verlaat, en Jehovah sien nie.’+ 10 Maar ek* sal nie jammer voel nie, en ek sal ook nie medelye* betoon nie.+ Ek sal hulle die gevolge van hulle dade laat dra.”
11 Toe het ek die man gesien wat die linneklere aangehad het en wat die inkhoring aan sy middel gedra het. Hy het kom sê: “Ek het gedoen net soos u my beveel het.”
10 Terwyl ek gekyk het, het ek bo die uitgestrekte oppervlak wat oor die koppe van die gerubs was, iets soos ’n saffiersteen gesien wat bo hulle verskyn, en dit het soos ’n troon gelyk.+ 2 Toe het hy vir die man wat die linneklere aangehad het,+ gesê: “Gaan in tussen die draaiende wiele,+ onder die gerubs, en maak jou hande vol brandende kole+ daar tussen die gerubs, en strooi dit oor die stad.”+ Toe het hy ingegaan terwyl ek gekyk het.
3 Die gerubs het regs van die tempel gestaan toe die man ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul. 4 Die heerlikheid van Jehovah+ het van die gerubs af opgegaan na die drumpel van die deuropening van die tempel, en die tempel is geleidelik met die wolk gevul,+ en die voorhof was vol van die glans van die heerlikheid van Jehovah. 5 En die geluid van die vlerke van die gerubs kon in die buitenste voorhof gehoor word, soos die geluid van God die Almagtige wanneer hy praat.+
6 Toe het hy die man met die linneklere beveel: “Neem vuur tussen die draaiende wiele, tussen die gerubs uit.” Hy het ingegaan en langs die wiel gaan staan. 7 Toe het een van die gerubs sy hand uitgesteek na die vuur wat tussen die gerubs was.+ Hy het van die vuur geneem en dit in die hande gesit van die man wat die linneklere aangehad het.+ Die man het dit toe geneem en uitgegaan. 8 Die gerubs het iets onder hulle vlerke gehad wat die vorm van mensehande gehad het.+
9 Terwyl ek gekyk het, het ek vier wiele langs die gerubs gesien, een wiel langs elke gerub, en dit het gelyk asof die wiele soos chrisolietsteen gloei.+ 10 Al vier het dieselfde gelyk, en dit was asof daar ’n wiel binne-in ’n wiel is. 11 Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in enige van die vier rigtings gaan sonder om te draai, want hulle het in die rigting gegaan waarheen die kop gekyk het sonder om te draai. 12 Hulle liggame, hulle rûe, hulle hande, hulle vlerke en die wiele, al vier se wiele, was heeltemal vol oë.+ 13 Ek het ’n stem gehoor wat uitgeroep het en vir die wiele gesê het: “Draaiende wiele!”
14 Elkeen* het vier gesigte gehad. Die eerste gesig was die gesig van die gerub, die tweede was die gesig van ’n mens, die derde was die gesig van ’n leeu, en die vierde was die gesig van ’n arend.+
15 En die gerubs – dieselfde lewende wesens* wat ek by die Kebar-rivier gesien het+ – het opgestyg, 16 en wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die gerubs hulle vlerke opgelig het om hoog bo die aarde te wees, het die wiele nie van rigting verander of van hulle af weggegaan nie.+ 17 Wanneer hulle stilgestaan het, het die wiele stilgestaan, en wanneer hulle opgestyg het, het die wiele saam met hulle opgestyg, want die gees wat die lewende wesens gelei het,* was ook in die wiele.
18 Toe het die heerlikheid van Jehovah+ van die drumpel van die deuropening van die tempel af weggegaan en bo die gerubs stilgestaan.+ 19 Die gerubs het toe hulle vlerke opgelig en voor my oë van die aarde af opgestyg. Die wiele was ook langs hulle toe hulle vertrek het. Hulle het by die ingang van die oostelike poort van die huis van Jehovah stilgehou, en die heerlikheid van die God van Israel was bo hulle.+
20 Dit is die lewende wesens* wat ek onder die God van Israel by die Kebar-rivier gesien het,+ en so het ek uitgevind dat hulle gerubs is. 21 Al vier het vier gesigte en vier vlerke gehad, en onder hulle vlerke iets wat soos mensehande gelyk het.+ 22 En hulle gesigte het gelyk soos die gesigte wat ek by die Kebar-rivier gesien het.+ Hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+
11 ’n Gees het my opgelig en my geneem na die oostelike poort van die huis van Jehovah, die poort wat oos kyk.+ Ek het 25 manne by die ingang van die poort gesien, en Jaäsanʹja, die seun van Assur, en Pelatʹja, die seun van Benaʹja, leiers van die volk,+ was saam met hulle. 2 Toe het Hy vir my gesê: “Mensekind, dit is die manne wat slegte planne beraam en slegte raad gee in* hierdie stad. 3 Dit is hulle wat sê: ‘Is dit nie die tyd om huise te bou nie?+ Die stad* is die kookpot,+ en ons is die vleis.’
4 “Profeteer dus teen hulle. Profeteer, mensekind.”+
5 Toe het die gees van Jehovah op my gekom,+ en hy het vir my gesê: “Sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Julle het die regte ding gesê, o huis van Israel, en ek weet wat julle dink.* 6 Julle het die dood van baie in hierdie stad veroorsaak, en julle het die strate met die dooies gevul.”’”+ 7 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Die lyke wat julle in die stad gestrooi het, is die vleis, en die stad is die kookpot.+ Maar julle sal daar uitgebring word.’”
8 “‘Julle was bang vir die swaard,+ en ek sal die swaard teen julle bring,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 9 ‘Ek sal julle beslis daar uitbring en julle in die hand van uitlanders gee en julle oordeel en straf.+ 10 Julle sal met die swaard doodgemaak word.+ Ek sal julle by die grens van Israel oordeel,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 11 Die stad sal nie vir julle ’n kookpot wees nie, en julle sal nie die vleis daarin wees nie. Ek sal julle op die grens van Israel oordeel, 12 en julle sal moet weet dat ek Jehovah is. Julle het nie my wetsvoorskrifte gevolg of my oordele gehoorsaam nie,+ maar julle het opgetree volgens die oordele van die nasies rondom julle.’”+
13 Onmiddellik nadat ek geprofeteer het, het Pelatʹja, die seun van Benaʹja, gesterf, en ek het met my gesig na die grond toe neergeval en met ’n harde stem uitgeroep: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Gaan u ’n einde maak aan die mense wat in Israel oorbly?”+
14 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 15 “Mensekind, die inwoners van Jerusalem het vir jou broers wat die terugkoopreg het en vir die hele huis van Israel gesê: ‘Bly ver van Jehovah af weg. Die land behoort aan ons. Dit is as ’n besitting aan ons gegee.’ 16 Daarom moet jy sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Al het ek hulle ver weg onder die nasies gestuur en hulle in die lande verstrooi,+ sal ek tog ’n kort rukkie vir hulle ’n heiligdom word in die lande waarheen hulle gegaan het.”’+
17 “Daarom moet jy sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal julle ook bymekaarmaak uit die volke en julle uit die lande versamel waarheen julle verstrooi is, en ek sal die land van Israel aan julle gee.+ 18 En hulle sal daarheen teruggaan en al sy walglike dinge en al sy afskuwelike gebruike daaruit verwyder.+ 19 En ek sal hulle ’n verenigde* hart gee,+ en ek sal ’n nuwe gees in hulle sit.+ Ek sal die hart van klip uit hulle liggame verwyder+ en hulle ’n hart van vlees* gee,+ 20 sodat hulle my wetsbepalings kan volg en my oordele sal gehoorsaam. Dan sal hulle my volk wees, en ek sal hulle God wees.”’
21 “‘“Maar ek sal dié wie se harte vasbeslote is om aan te hou met hulle walglike dinge en hulle afskuwelike gebruike, die gevolge van hulle dade laat dra,” sê die Soewereine Heer Jehovah.’”
22 Toe het die gerubs hulle vlerke opgelig, en die wiele was naby hulle,+ en die heerlikheid van die God van Israel was bo hulle.+ 23 Die heerlikheid van Jehovah+ het toe bo die stad opgegaan en bo die berg stilgestaan wat oos van die stad is.+ 24 Toe het ’n gees my opgelig – deur ’n visioen wat die gees van God my gegee het – en my uiteindelik geneem na die ballinge* in Galdeʹa. Toe het die visioen wat ek gesien het, my verlaat. 25 En ek het vir die ballinge al die dinge begin vertel wat Jehovah vir my gewys het.
12 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, jy woon in ’n opstandige huis. Hulle het oë om te sien, maar hulle sien nie, en ore om te hoor, maar hulle hoor nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.+ 3 Maar jy, mensekind, kry vir jou goed bymekaar om saam te vat wanneer jy in ballingskap gaan. Dan moet jy gedurende die dag in ballingskap gaan terwyl hulle vir jou kyk. Gaan van jou huis af in ballingskap na ’n ander plek toe terwyl hulle vir jou kyk. Miskien sal hulle dit oplet, al is hulle ’n opstandige huis. 4 Jy moet gedurende die dag terwyl hulle vir jou kyk, jou goed wat jy vir ballingskap gereedgekry het, uitbring, en dan moet jy in die aand terwyl hulle vir jou kyk, vertrek soos iemand wat in ballingskap weggeneem word.+
5 “Breek ’n gat deur die muur terwyl hulle vir jou kyk, en dra jou besittings daardeur uit.+ 6 Sit jou besittings op jou skouer terwyl hulle vir jou kyk, en dra dit in die donker uit. Bedek jou gesig sodat jy nie die grond kan sien nie, want ek maak jou ’n teken vir die huis van Israel.”+
7 Ek het presies gedoen soos ek beveel is. Gedurende die dag het ek die goed wat ek vir ballingskap gereedgekry het, uitgebring, en in die aand het ek met die hand ’n gat deur die muur gebreek. En toe dit donker was, het ek my besittings reg voor hulle oë op my skouer uitgedra.
8 In die oggend het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 9 “Mensekind, het die huis van Israel, die opstandige huis, nie vir jou gevra wat jy doen nie? 10 Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hierdie boodskap hou verband met die hoofman+ in Jerusalem en die hele huis van Israel in die stad.”’
11 “Sê: ‘Ek is ’n teken vir julle.+ Net soos ek gedoen het, so sal met hulle gedoen word. Hulle sal in ballingskap gaan, in gevangenskap.+ 12 Die hoofman onder hulle sal sy besittings op sy skouer dra en in die donker vertrek. Hy sal ’n gat deur die muur breek en sy besittings daardeur dra.+ Hy sal sy gesig bedek sodat hy nie die grond kan sien nie.’ 13 Ek sal my net oor hom uitsprei, en hy sal in my vangnet gevang word.+ Dan sal ek hom na Babilon bring, na die land van die Galdeërs, maar hy sal dit nie sien nie, en hy sal daar sterf.+ 14 Ek sal almal om hom, sy helpers en sy soldate, in alle rigtings verstrooi,+ en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+ 15 En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi. 16 Maar ek sal seker maak dat ’n paar van hulle nie deur die swaard, die hongersnood en die vreeslike siektes sterf nie, sodat hulle die nasies waarheen hulle sal gaan, van al hulle afskuwelike gebruike kan vertel, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”
17 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, jy moet jou brood eet terwyl jy bewe en jou water drink terwyl jy ontsteld en angstig is.+ 19 Sê vir die volk van die land: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir die inwoners van Jerusalem in die land van Israel sê: “Hulle sal hulle brood met angstigheid eet en hulle water met groot bekommernis drink, want hulle land sal heeltemal verlate word+ as gevolg van die geweld van almal wat daarin woon.+ 20 Die bewoonde stede sal verwoes word, en die land sal ’n verwoeste plek word,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”+
21 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 22 “Mensekind, wat is hierdie spreekwoord wat julle in Israel het, wat sê: ‘Die dae gaan verby, en elke visioen loop op niks uit nie’?+ 23 Daarom moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal hierdie spreekwoord tot ’n einde laat kom, en hulle sal dit nie meer as ’n spreekwoord in Israel gebruik nie.”’ Maar sê vir hulle: ‘Die dae is naby,+ en elke visioen sal waar word.’ 24 Want daar sal nie meer enige valse visioen of bedrieglike* voorspellings in die huis van Israel wees nie.+ 25 ‘“Want ek, Jehovah, sal praat. Wat ek ook al sê, sal sonder enige verdere uitstel gedoen word.+ O opstandige huis, in julle dae+ sal ek die woord spreek en dit uitvoer,” sê die Soewereine Heer Jehovah.’”
26 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 27 “Mensekind, dít is wat die volk* van Israel sê: ‘Die visioen wat hy sien, sal eers oor ’n lang tyd waar word, en hy profeteer oor die verre toekoms.’+ 28 Daarom moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “‘Nie een van my woorde sal uitgestel word nie. Wat ek ook al sê, sal gedoen word,’ verklaar die Soewereine Heer Jehovah.”’”
13 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, profeteer teen die profete van Israel+ en sê vir dié wat hulle eie profesieë opmaak:*+ ‘Hoor die woord van Jehovah. 3 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Dit sal sleg gaan met die dwase profete, wat hulle eie gees volg terwyl hulle niks gesien het nie!+ 4 O Israel, jou profete het soos jakkalse tussen die verwoeste plekke geword. 5 Julle sal nie na die afgebreekte plekke in die klipmure gaan om dit vir die huis van Israel te herbou nie.+ Daarom sal Israel nie in die dag van Jehovah in die oorlog kan bly staan nie.”+ 6 “Hulle het valse visioene gesien en valse voorspellings gemaak, en hulle sê: ‘Dit is wat Jehovah gesê het,’ terwyl Jehovah hulle nie gestuur het nie, en hulle het gewag vir hulle woord om waar te word.+ 7 Het julle nie ’n valse visioen gesien en ’n valse voorspelling gemaak toe julle gesê het: ‘Dit is wat Jehovah gesê het,’ terwyl ek niks gesê het nie?”’
8 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “‘Omdat die dinge wat julle gesê het, vals is en julle visioene ’n leuen is, is ek teen julle,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”+ 9 My hand is teen die profete wie se visioene en voorspellings vals is.+ Hulle sal nie onder die volk wees wat ek in my vertroue neem nie, en hulle sal ook nie in die register van die huis van Israel opgeskryf word nie. Hulle sal ook nie terugkeer na die land van Israel nie, en hulle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.+ 10 En dit alles omdat hulle my volk mislei het deur te sê: “Daar is vrede!” terwyl daar geen vrede is nie.+ Wanneer ’n swak skeidsmuur gebou word, pleister hulle dit met witkalk.’*+
11 “Sê vir dié wat die muur met witkalk pleister dat dit sal val. ’n Stortreën sal kom, haelstene* sal val en kragtige windstorms sal dit afbreek.+ 12 En wanneer die muur val, sal julle gevra word: ‘Waar is die pleister waarmee julle die muur bedek het?’+
13 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘In my woede sal ek kragtige windstorms laat losbars en ’n stortreën laat kom en vernietigende haelstene stuur. 14 Ek sal die muur wat julle met witkalk gepleister het, tot op die grond afbreek, en die fondament sal ontbloot wees. Wanneer die stad val, sal julle in die stad doodgaan, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’
15 “‘Wanneer ek al my woede op die muur loslaat en op dié wat dit met witkalk gepleister het, sal ek vir julle sê: “Die muur bestaan nie meer nie, en dié wat dit met witkalk gepleister het, bestaan nie meer nie.+ 16 Die profete van Israel bestaan nie meer nie, asook dié wat vir Jerusalem geprofeteer het en wat visioene van vrede vir die stad gesien het, terwyl daar geen vrede is nie,”’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
17 “En jy, mensekind, vestig jou aandag op die dogters van jou volk wat hulle eie profesieë opmaak, en profeteer teen hulle. 18 Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Dit sal sleg gaan met die vrouens wat bande* aanmekaarwerk vir alle arms en sluiers maak vir koppe van alle groottes sodat hulle mense se lewens kan jag! Jag julle die lewens van my volk, en probeer julle julle eie lewens red? 19 Julle ontheilig my by my volk vir hande vol gars en vir stukkies brood.+ Julle maak mense dood wat nie behoort te sterf nie en julle laat mense bly lewe wat nie behoort te lewe nie. En julle doen dit deur vir my volk te lieg, wat na julle leuens luister.”’+
20 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘O vrouens, ek sal iets doen omtrent julle bande wat julle gebruik om mense te jag asof hulle voëls is, en ek sal dit van julle arms afskeur en dié vrylaat wat deur julle soos voëls gejag word. 21 Ek sal julle sluiers afruk en my volk uit julle hand red, en hulle sal nie meer iets wees wat julle as prooi kan vang nie, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 22 Want julle het die regverdige met julle leuens+ ontmoedig terwyl ek hom nie pyn* veroorsaak het nie. En julle het die hande van die goddelose versterk,+ en daarom het hy nie opgehou met die slegte dinge wat hy doen sodat hy kan bly lewe nie.+ 23 Daarom sal julle, o vrouens, nie meer valse visioene sien en voorspellings maak nie,+ en ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
14 En party van die ouermanne van Israel het gekom en voor my gaan sit.+ 2 Toe het Jehovah met my gepraat en gesê: 3 “Mensekind, hierdie manne is vasbeslote om hulle walglike afgode* te volg. Hulle het ’n struikelblok voor mense geplaas wat hulle laat sondig. Moet ek hulle toelaat om my vir raad te vra?+ 4 Praat nou met hulle en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “As ’n Israeliet vasbeslote is om sy walglike afgode te volg en ’n struikelblok voor mense plaas wat hulle laat sondig en hy dan ’n profeet vir raad kom vra, sal ek, Jehovah, hom die antwoord gee wat hy verdien vir al sy walglike afgode. 5 Ek sal die harte van die huis van Israel vol vrees maak* omdat hulle almal my verlaat het en agter hulle walglike afgode aangeloop het.”’+
6 “Sê dus vir die huis van Israel: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Kom terug en draai weg van julle walglike afgode en hou op met al julle afskuwelike gebruike.+ 7 Want as enige Israeliet of uitlander wat in Israel woon, my verlaat en vasbeslote is om sy walglike afgode te volg en ’n struikelblok voor mense plaas wat hulle laat sondig en dan my profeet vir raad+ kom vra, sal ek, Jehovah, hom self antwoord. 8 Ek sal teen daardie man draai en van hom ’n waarskuwende teken en ’n voorbeeld* maak, en ek sal hom onder my volk uitroei,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’
9 “‘Maar as die profeet mislei word en hy ’n antwoord gee, is dit ek, Jehovah, wat daardie profeet mislei het.+ Ek sal dan my hand teen hom uitsteek en hom onder my volk Israel uitroei. 10 Hulle sal hulle skuld moet dra, en die skuld van die een wat die profeet vir raad kom vra het, sal dieselfde wees as die skuld van die profeet. 11 Dan sal die huis van Israel nie meer van my af wegdwaal nie en sal hulle ophou om hulleself met al hulle sondes onrein te maak. En hulle sal my volk word en ek sal hulle God word,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
12 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 13 “Mensekind, as ’n land teen my sondig deur ontrou te wees, sal ek hulle voedselvoorraad laat opraak,*+ en ek sal hongersnood daaroor bring+ en mens en dier daar uitroei.”+ 14 “‘Selfs as hierdie drie manne – Noag,+ Daniël+ en Job+ – daarin was, sou hulle net hulleself kon red as gevolg van hulle regverdigheid,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
15 “‘Of sê nou ek stuur gevaarlike wilde diere deur die land wat die mense doodmaak* en die land ’n verlate plek maak waardeur niemand gaan nie omdat hulle bang is vir die wilde diere.+ 16 So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘selfs as hierdie drie manne daarin was, sou hulle nie hulle seuns of hulle dogters red nie. Hulle sou net hulleself red, en die land sou verlate word.’”
17 “‘Of sê nou ek bring ’n swaard teen daardie land+ en sê: “Laat ’n swaard deur die land gaan,” en ek maak mens en dier daarin dood.+ 18 Selfs as hierdie drie manne daarin was, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘sou hulle nie hulle seuns of hulle dogters red nie. Hulle sou net hulleself red.’”
19 “‘Of sê nou ek stuur ’n vreeslike siekte oor daardie land+ en ek stort my woede daaroor uit sodat baie mense sterf en mens en dier daar uitgeroei word. 20 Selfs as Noag,+ Daniël+ en Job+ daarin was, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘sou hulle nie hulle seuns of hulle dogters red nie. Hulle sou net hulleself red as gevolg van hulle regverdigheid.’”+
21 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘So sal dit wees wanneer ek my vier strawwe+ – swaard, hongersnood, gevaarlike wilde diere en vreeslike siektes+ – teen Jerusalem stuur om mens en dier daar uit te roei.+ 22 Maar party sal dit oorleef en sal uit die stad gebring word,+ seuns sowel as dogters. Hulle kom na julle toe, en wanneer julle sien hoe hulle lewe en wat hulle doen, sal julle beslis vertroos word oor die rampspoed wat ek oor Jerusalem gebring het, oor alles wat ek daaraan gedoen het.’”
23 “‘Hulle sal julle vertroos wanneer julle sien hoe hulle lewe en wat hulle doen, en julle sal weet dat ek nie sonder goeie rede daarteen opgetree het nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
15 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, wat is die verskil tussen die hout van ’n wingerdstok en die hout van enige ander boom of tak van die bome van die woud? 3 Kan jy ’n paal daarvan maak om mee te werk? Of maak mense ’n pen daarmee sodat hulle iets daaraan kan ophang? 4 Kyk! Dit word in die vuur gegooi as brandhout. Die vuur verteer albei ente en verskroei die middelste deel. Kan dit dan vir enigiets gebruik word? 5 Selfs toe dit nog heel was, kon dit vir niks gebruik word nie. Hoeveel minder kan dit gebruik word wanneer die vuur dit verbrand en verskroei het!”
6 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Net soos ek die hout van ’n wingerdstok onder die bome van die woud as brandhout vir die vuur gegee het, so sal ek met die inwoners van Jerusalem maak.+ 7 Ek het teen hulle gedraai. Hulle het uit die vuur ontsnap, maar die vuur sal hulle verteer. En julle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek teen hulle draai.’”+
8 “‘Ek sal die land ’n verlate plek maak+ omdat hulle ontrou was,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
16 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, maak aan Jerusalem haar afskuwelike gebruike bekend.+ 3 Jy moet sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir Jerusalem sê: “Jy kom uit die land van die Kanaäniete, en jy is daar gebore. Jou pa was ’n Amoriet,+ en jou ma was ’n Hetiet.+ 4 Op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie afgesny nie, en jy is nie in water gewas om jou skoon te maak nie, en jy is nie met sout ingevryf nie, en jy is nie in doeke toegedraai nie. 5 Niemand het jammer genoeg vir jou gevoel om een van hierdie dinge vir jou te doen nie. Niemand het medelye* aan jou betoon nie. Jy is eerder in die oop veld gegooi omdat jy gehaat is op die dag toe jy gebore is.
6 “‘“Toe ek by jou verbygaan, het ek gesien hoe jy in jou eie bloed lê en skop. Terwyl jy daar in jou bloed gelê het, het ek gesê: ‘Bly lewe!’ Ja, terwyl jy daar in jou bloed gelê het, het ek vir jou gesê: ‘Bly lewe!’ 7 Ek het jou ’n baie groot menigte gemaak, soos plante wat in die veld opkom. Jy het gegroei en groot geword en die beste juwele gedra. Jou borste het ferm geword, en jou hare het gegroei, maar jy was nog steeds heeltemal kaal.”’
8 “‘Toe ek by jou verbygaan en jou sien, het ek opgelet dat jy oud genoeg was vir die liefde.* Ek het toe my kledingstuk* oor jou gegooi+ en jou kaal liggaam bedek. Ek het ’n eed en ’n verbond met jou gemaak,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘en jy het myne geword. 9 Ek het jou ook met water gewas en jou bloed afgespoel en olie aan jou gesmeer.+ 10 Toe het ek vir jou ’n geborduurde kledingstuk aangetrek en vir jou sandale van goeie leer* gegee en jou in fyn linne toegedraai, en ek het vir jou duur klere aangetrek. 11 Ek het jou versier en armbande aan jou arms en ’n kettinkie om jou nek gesit. 12 Ek het ook ’n neusring aan jou neus en oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou kop gesit. 13 Jy het jou met goud en silwer bly versier, en jou klere was fyn linne, duur materiaal en ’n geborduurde kledingstuk. Jy het fynmeel, heuning en olie geëet. Jy het baie mooi geword,+ en jy was geskik om ’n koningin te wees.’”*
14 “‘Weens jou skoonheid het jy beroemd geword*+ onder die nasies. Jou skoonheid was volmaak omdat ek my eie prag op jou geplaas het,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
15 “‘Maar jy het op jou skoonheid begin vertrou,+ en jy het ’n prostituut geword omdat jy so beroemd was.+ Jy het prostitusie gepleeg met elke verbyganger,+ en jy het jou skoonheid aan elkeen van hulle gegee. 16 Jy het van jou klere geneem en vir jou kleurvolle offerhoogtes gemaak waar jy prostitusie gepleeg het.+ Sulke dinge moenie plaasvind nie en moet nooit gebeur nie. 17 Jy het ook jou pragtige juwele,* wat gemaak is van die goud en silwer wat ek jou gegee het, gebruik om vir jou mansbeelde te maak waarmee jy prostitusie gepleeg het.+ 18 En jy het jou geborduurde klere geneem en hulle* bedek, en jy het my olie en my reukwerk aan hulle geoffer.+ 19 En die brood wat ek jou gegee het om te eet – wat van fynmeel, olie en heuning gemaak was – het jy ook as ’n aangename* geur aan hulle geoffer.+ Dit is presies wat gebeur het,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
20 “‘Jy het jou seuns en jou dogters waaraan jy vir my geboorte geskenk het,+ geneem en hulle aan afgode geoffer om verteer te word.+ Was jou dade van prostitusie nie genoeg nie? 21 Jy het my kinders geslag en hulle as offerandes in die vuur verbrand.*+ 22 Terwyl jy met al jou afskuwelike gebruike en dade van prostitusie besig was, het jy nie gedink aan jou jong dae toe jy heeltemal kaal was en in jou eie bloed gelê en skop het nie. 23 Dit sal verskriklik sleg gaan met jou omdat jy al hierdie goddelose dinge gedoen het,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 24 ‘Jy het vir jou ’n heuweltjie gemaak en op elke openbare plein vir jou ’n offerhoogte gemaak. 25 Jy het jou offerhoogtes op die sigbaarste deel van elke straat gebou, en jy het jou skoonheid iets afskuweliks gemaak deur jou aan te bied* vir elke verbyganger,+ en jy het al hoe meer dade van prostitusie gepleeg.+ 26 Jy het prostitusie gepleeg met die Egiptenare,+ jou bure wat seksuele genot najaag,* en jy het my aanstoot gegee met jou baie dade van prostitusie. 27 Ek sal beslis my hand teen jou uitsteek en jou voedselvoorraad verminder+ en jou oorlaat aan die wil van die vrouens wat jou haat,+ die dogters van die Filistyne, wat geskok was oor jou afstootlike gedrag.+
28 “‘Omdat jy nie bevredig kon word nie, het jy prostitusie gepleeg met die Assiriërs,+ maar nadat jy jou aan hulle gegee het, is jy nog steeds nie bevredig nie. 29 Toe het jy ook prostitusie gepleeg met die land van die handelaars* en met die Galdeërs,+ maar selfs toe is jy nie bevredig nie. 30 Hoe siek* was jou hart,’* sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘toe jy al hierdie dinge gedoen het en jou soos ’n skaamtelose prostituut gedra het!+ 31 Maar toe jy jou heuweltjie op die sigbaarste deel van elke straat gemaak het en jou offerhoogte op elke openbare plein gemaak het, was jy nie soos ’n prostituut nie omdat jy nie enige betaling wou hê nie. 32 Jy is ’n vrou wat egbreuk pleeg en wat vreemdelinge bo haar eie man verkies!+ 33 Prostitute kry gewoonlik ’n geskenk,+ maar jy het geskenke gegee aan almal wat ’n seksuele begeerte vir jou het,+ en jy koop hulle om sodat hulle van oral af kom om met jou prostitusie te pleeg.+ 34 Jy is die teenoorgestelde van ander vrouens wat prostitusie pleeg. Niemand pleeg prostitusie soos jy nie! Jy betaal ander, en hulle betaal jou nie. Jou prostitusie is die teenoorgestelde.’
35 “Daarom, o prostituut,+ hoor wat Jehovah sê. 36 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Jy het jou lus uitgestort en jou kaal uitgetrek gedurende jou prostitusie met die mans met wie jy ’n seksuele verhouding het en met al jou afskuwelike, walglike afgode*+ aan wie jy selfs die bloed van jou kinders geoffer het.+ 37 Daarom bring ek almal bymekaar met wie jy ’n seksuele verhouding het en aan wie jy genot verskaf het, almal vir wie jy lief was en almal wat jy gehaat het. Ek sal hulle van oral af teen jou bymekaarbring en jou kaal uittrek vir hulle, en hulle sal jou heeltemal kaal sien.+
38 “‘En ek sal jou straf met die oordele wat vrouens verdien wat egbreuk pleeg+ en ander doodmaak,+ en jou bloed sal in woede en jaloesie uitgestort word.+ 39 Ek sal jou in hulle hand gee, en hulle sal jou heuweltjies afbreek, en jou offerhoogtes sal omgegooi word,+ en hulle sal jou klere uittrek+ en jou pragtige juwele*+ vat en jou heeltemal kaal agterlaat. 40 Hulle sal ’n skare teen jou bring,+ en hulle sal jou met klippe doodgooi+ en jou met hulle swaarde doodmaak.+ 41 Hulle sal jou huise afbrand+ en jou oordeel en straf voor die oë van baie vrouens, en ek sal ’n einde aan jou prostitusie maak,+ en jy sal ophou om ander te betaal. 42 Dan sal ek my woede teen jou laat bedaar,+ en dit sal van jou af wegdraai,+ en ek sal kalm wees en nie meer aanstoot neem nie.’
43 “‘Omdat jy nie jou jong dae onthou het nie+ en my woedend gemaak het deur al hierdie dinge te doen, sal ek jou nou die gevolge laat dra vir wat jy gedoen het,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘en jy sal jou afstootlike gedrag en al jou afskuwelike gebruike los.
44 “‘Kyk! Elkeen wat spreekwoorde gebruik, sal hierdie spreekwoord op jou toepas: “Soos die ma is, so is haar dogter!”+ 45 Jy is die dogter van jou ma, wat haar man en haar kinders gehaat het. En jy is die suster van jou susters, wat hulle mans en hulle kinders gehaat het. Julle ma was ’n Hetiet, en julle pa was ’n Amoriet.’”+
46 “‘Jou ouer suster is Samariʹa,+ wat noord van jou* woon met haar dogters,*+ en jou jonger suster is Sodom,+ wat suid van jou* woon met haar dogters.+ 47 Jy het nie net gedoen wat hulle gedoen het en hulle afskuwelike gebruike gevolg nie, maar in ’n kort tydjie het jou gedrag selfs nog erger geword as hulle s’n.+ 48 So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘jou suster Sodom en haar dogters het nie gedoen wat jy en jou dogters gedoen het nie. 49 Kyk! Dít was die sonde van jou suster Sodom: Sy en haar dogters+ was trots+ en het ’n oorvloed kos+ en rus sonder enige bekommernisse gehad,+ maar hulle het nie dié wat swaargekry het of wat arm was, gehelp nie.+ 50 Hulle het hoogmoedig gebly+ en het aangehou met hulle afskuwelike gebruike voor my oë,+ en daarom was dit vir my nodig om hulle te verwyder.+
51 “‘Samariʹa+ het ook nie eers die helfte soveel sondes gepleeg as jy nie. Jy het aangehou om jou skuldig te maak aan baie meer afskuwelike gebruike as hulle. Dit was so erg dat dit uiteindelik gelyk het asof jou susters regverdig is as gevolg van al jou afskuwelike gebruike.+ 52 Jy moet nou jou vernedering dra, want jy het jou susters se optrede geregverdig. Omdat jou sondes afskuweliker as hulle s’n is, is hulle regverdiger as jy. Wees dan nou skaam en dra jou vernedering, want jy het jou susters regverdig laat lyk.’
53 “‘En ek sal hulle gevangenes bymekaarbring, naamlik die gevangenes van Sodom en haar dogters en die gevangenes van Samariʹa en haar dogters. Ek sal ook jou gevangenes saam met hulle bymekaarbring+ 54 sodat jy jou vernedering kan dra, en jy sal verneder voel as gevolg van wat jy gedoen het toe jy hulle vertroos het. 55 Jou susters, Sodom en haar dogters, sal wees soos hulle voorheen was, en Samariʹa en haar dogters sal wees soos hulle voorheen was, en jy en jou dogters sal wees soos julle voorheen was.+ 56 Jou suster Sodom was onwaardig om deur jou genoem te word in die dag van jou trots, 57 voordat jou slegtheid ontbloot is.+ Nou beledig die dogters van Sirië en haar bure jou. En die dogters van die Filistyne,+ almal om jou, bespot jou. 58 Jy sal die gevolge van jou afstootlike gedrag en jou afskuwelike gebruike dra,’ sê Jehovah.”
59 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek sal nou met jou doen net soos jy gedoen het,+ want jy het geen respek vir die eed gehad toe jy my verbond verbreek het nie.+ 60 Maar ek sal self die verbond onthou wat ek met jou in jou jong dae gemaak het, en ek sal ’n permanente verbond met jou maak.+ 61 Jy sal jou gedrag onthou en verneder voel+ wanneer jy jou susters verwelkom, dié wat ouer is as jy en dié wat jonger is as jy, en ek sal hulle as dogters aan jou gee, maar nie as gevolg van ’n verbond met jou nie.’
62 “‘En ek sal self my verbond met jou bevestig, en jy sal moet weet dat ek Jehovah is. 63 Dan sal jy onthou en te skaam wees om jou mond oop te maak as gevolg van jou vernedering,+ wanneer ek vir jou versoening doen ten spyte van alles wat jy gedoen het,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
17 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, vertel ’n raaisel en ’n verhaal* oor die huis van Israel.+ 3 Jy moet sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die groot arend,+ met groot vlerke, lang vlerkvere, en wat vol kleurvolle vere is, het na die Liʹbanon-berge+ gekom en die top van die sederboom gevat.+ 4 Hy het die heel boonste takkie afgepluk en dit na die land van handelaars* gebring en dit in ’n stad van handelaars neergesit.+ 5 Hy het toe van die saad van die land geneem+ en dit in ’n vrugbare stuk grond gesit. Hy het dit soos ’n wilgerboom by baie waters geplant. 6 Dit het uitgespruit en ’n lae, welige wingerdstok geword.+ Sy blare was na binne gedraai, en sy wortels het onder hom gegroei. So het dit ’n wingerdstok geword en takke voortgebring en uitgestoot.+
7 “‘“En daar was nog ’n groot arend,+ met groot vlerke en groot vlerkvere.+ Hierdie wingerdstok het toe sy wortels gretig na hom toe uitgestrek, weg van die beddings waar dit geplant is, en dit het sy blare na hom toe uitgesteek om water by hom te kry.+ 8 Dit was reeds in ’n goeie stuk grond geplant naby oorgenoeg water om takke voort te bring, vrugte te dra en ’n indrukwekkende wingerdstok te word.”’+
9 “Sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Sal dit floreer? Sal iemand nie sy wortels uitruk+ en sy vrugte vrot laat word en sy takkies laat uitdroog nie?+ Dit sal so droog word dat dit nie nodig sal wees dat ’n sterk arm of baie mense sy wortels uittrek nie. 10 Dit is oorgeplant, maar sal dit floreer? Sal dit nie heeltemal uitdroog soos wanneer die oostewind daarop waai nie? Dit sal uitdroog in die bedding waar dit uitgespruit het.”’”
11 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 12 “Vra asseblief vir die opstandige huis: ‘Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie?’ Sê: ‘Kyk! Die koning van Babilon het na Jerusalem gekom en sy koning en sy leiers geneem en hulle saam met hom na Babilon toe geneem.+ 13 Verder het hy iemand van die koninklike nageslag*+ geneem en ’n verbond met hom gemaak en hom onder ’n eed geplaas.+ Toe het hy die belangrike manne van die land weggeneem,+ 14 sodat die koninkryk verlaag sou word en nie in staat sou wees om homself te verhoog nie en dat dit net sou aanhou bestaan deur by sy verbond te bly.+ 15 Maar die koning het uiteindelik teen hom in opstand gekom+ deur sy boodskappers na Egipte te stuur om perde+ en ’n groot leërmag by hulle te kry.+ Sal hy suksesvol wees? Sal die een wat hierdie dinge doen, straf vryspring? Kan hy die verbond verbreek en nog steeds wegkom?’+
16 “‘“So waar as wat ek lewe,” sê die Soewereine Heer Jehovah, “hy sal in Babilon sterf, in die woonplek van die koning* wat hom* koning gemaak het, die een vir wie se eed hy nie respek gehad het nie en wie se verbond hy verbreek het.+ 17 En Farao se groot leërmag en sy groot aantal soldate sal nie in die oorlog kan help+ wanneer beleëringswalle opgerig word en beleëringsmure gebou word om baie lewens te vernietig nie. 18 Hy het ’n eed verwerp en ’n verbond verbreek. Al het hy ’n belofte gemaak,* het hy al hierdie dinge gedoen, en hy sal nie wegkom nie.”’
19 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “So waar as wat ek lewe, ek sal hom die gevolge laat dra omdat hy my eed verwerp het+ en my verbond verbreek het. 20 Ek sal my vangnet oor hom uitsprei, en hy sal in my net gevang word.+ Ek sal hom na Babilon bring en hom daar oordeel as gevolg van die ontrouheid wat hy teenoor my gepleeg het.+ 21 Al die vlugtelinge van sy soldate sal met die swaard doodgemaak word, en dié wat oorbly, sal in alle rigtings* verstrooi word.+ Dan sal julle moet weet dat ek, Jehovah, dit gesê het.”’+
22 “‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal ’n takkie van die top van die hoë sederboom+ vat en dit plant. Ek sal ’n sagte takkie+ van die boonste takkies afpluk, en ek sal dit op ’n hoë en verhewe berg plant.+ 23 Ek sal dit op ’n hoë berg van Israel plant, en sy takke sal groei, en dit sal vrugte voortbring en ’n indrukwekkende sederboom word. En elke soort voël sal daaronder woon, in die skaduwee van sy blare. 24 Al die bome van die veld sal moet weet dat ek, Jehovah, die boom wat hoog is, verlaag het, en die boom wat laag is, verhoog het.+ Ek het die boom wat groen is, laat uitdroog, en die boom wat droog is, laat bloeisels kry.+ Ek, Jehovah, het dit gesê en dit gedoen.”’”
18 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Wat beteken hierdie spreekwoord wat julle in die land van Israel gebruik: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet, maar die kinders se tande word stomp’?+
3 “‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘julle sal nie aanhou om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie. 4 Kyk! Al die siele* behoort aan my. Die siel van die pa sowel as die siel van die seun behoort aan my. Die siel* wat sondig, sal sterf.
5 “‘Sê nou ’n man is regverdig en doen wat reg is. 6 Hy eet nie afgodsoffers op die berge nie.+ Hy kyk nie op na die walglike afgode* van die huis van Israel nie. Hy maak nie sy buurman se vrou onrein nie+ en het nie seksuele omgang met ’n vrou wat menstrueer nie.+ 7 Hy behandel niemand sleg nie,+ maar hy gee terug wat iemand as waarborg* vir sy skuld gegee het.+ Hy beroof niemand nie,+ maar hy gee sy eie kos aan die een wat honger is+ en bedek die een wat kaal is, met ’n kledingstuk.+ 8 Hy vra nie rente nie en maak nie onregverdige wins nie.+ Hy benadeel niemand opsetlik nie,+ en hy oordeel regverdig tussen twee mense.+ 9 Hy hou aan om my wetsbepalings te volg en om my regterlike bevele te gehoorsaam sodat hy getrou kan optree. So ’n man is regverdig en sal beslis bly lewe,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
10 “‘Maar sê nou hy is die pa van ’n seun wat ’n rower+ is of ’n moordenaar*+ of iemand wat enige van hierdie ander dinge doen 11 (al het die pa nie enige van hierdie dinge gedoen nie). Hierdie seun eet afgodsoffers op die berge, en hy maak sy buurman se vrou onrein. 12 Hy behandel mense wat swaarkry of wat arm is, sleg.+ Hy beroof ander, hy gee nie terug wat iemand as waarborg vir sy skuld gegee het nie, hy kyk op na walglike afgode,+ hy is besig met afskuwelike gebruike,+ 13 hy maak onregverdige wins en hy vra rente.+ Hierdie seun sal nie bly lewe nie. As gevolg van al hierdie afskuwelike dinge wat hy gedoen het, sal hy beslis doodgemaak word. Hy sal verantwoordelik wees vir sy eie dood.*
14 “‘Maar sê nou ’n pa het ’n seun wat al die sondes sien wat sy pa gepleeg het, en al sien hy dit, doen hy nie sulke dinge nie. 15 Hy eet nie afgodsoffers op die berge nie. Hy kyk nie op na die walglike afgode van die huis van Israel nie. Hy maak nie sy buurman se vrou onrein nie. 16 Hy behandel niemand sleg nie. Hy vat nie wat iemand as waarborg vir sy skuld gegee het nie. Hy beroof niemand nie. Hy gee sy eie kos vir die een wat honger is en bedek die een wat kaal is, met ’n kledingstuk. 17 Hy onderdruk nie mense wat arm is nie. Hy maak nie onregverdige wins nie en vra nie rente nie. Hy voer al my regterlike bevele uit, en hy gehoorsaam my wetsbepalings. So ’n man sal nie as gevolg van die sonde van sy pa sterf nie. Hy sal beslis bly lewe. 18 Maar omdat sy pa bedrog gepleeg het, een van sy eie mense beroof het en onder sy volk gedoen het wat verkeerd is, sal hy vir sy sonde sterf.
19 “‘Maar julle sal vra: “Hoekom dra die seun nie enige skuld vir sy pa se sonde nie?” Omdat die seun gedoen het wat reg en regverdig is en al my wetsbepalings gehoorsaam het, sal hy beslis bly lewe.+ 20 Die siel* wat sondig, sal sterf.+ ’n Seun sal nie die skuld vir sy pa se sonde dra nie, en ’n pa sal nie die skuld vir sy seun se sonde dra nie. Die regverdigheid van die een wat regverdig is, sal op hom alleen wees, en die goddeloosheid van die een wat goddeloos is, sal op hom alleen wees.+
21 “‘As iemand wat goddeloos is, wegdraai van al die sondes wat hy gepleeg het en gehoorsaam is aan al my wetsbepalings en doen wat reg en regverdig is, sal hy beslis bly lewe. Hy sal nie sterf nie.+ 22 Nie een van sy sondes sal teen hom gehou word* nie.+ Hy sal bly lewe omdat hy doen wat regverdig is.’+
23 “‘Gee die dood van ’n goddelose my enige vreugde?’+ vra die Soewereine Heer Jehovah. ‘Sou ek nie eerder wou hê dat hy moet ophou met wat hy doen en bly lewe nie?’+
24 “‘Maar as iemand wat regverdig is, ophou doen wat regverdig is en doen wat verkeerd is* en al die afskuwelike dinge doen wat die goddeloses doen, sal hy lewe? Nie een van sy regverdige dade sal onthou word nie.+ Hy sal sterf vir sy ontrouheid en vir die sonde wat hy gepleeg het.+
25 “‘Maar julle sal sê: “Jehovah tree nie regverdig op nie.”+ Luister asseblief, o huis van Israel! Is dit ek wat nie regverdig optree nie?+ Is dit nie julle wat nie regverdig optree nie?+
26 “‘Wanneer iemand wat regverdig is, ophou doen wat regverdig is en doen wat verkeerd is en as gevolg hiervan sterf, sal hy as gevolg van sy eie verkeerde dade sterf.
27 “‘En wanneer iemand wat goddeloos is, ophou met sy goddelose dade en begin doen wat reg en regverdig is, sal hy sy lewe red.+ 28 Wanneer hy dit besef en ophou met al sy verkeerde dade, sal hy beslis bly lewe. Hy sal nie sterf nie.
29 “‘Maar die huis van Israel sal sê: “Jehovah tree nie regverdig op nie.” Is dit werklik ek wat nie regverdig optree nie, o huis van Israel?+ Is dit nie julle wat nie regverdig optree nie?’
30 “‘Daarom sal ek elkeen van julle volgens sy dade oordeel,+ o huis van Israel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Hou op, ja, hou heeltemal op met julle verkeerde dade sodat hulle nie ’n struikelblok sal wees wat skuld oor julle bring nie. 31 Verwyder al julle sondes van julle af+ en verkry* ’n nuwe hart en ’n nuwe gees,+ want hoekom moet julle sterf,+ o huis van Israel?’
32 “‘Dit maak my nooit bly as iemand sterf nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Draai dus terug en lewe.’”+
19 “Jy moet ’n treurlied oor die hoofmanne van Israel sing 2 en sê:
‘Wat was jou ma? ’n Leeuwyfie tussen leeus.
Sy het tussen sterk jong leeus* gaan lê en haar welpies grootgemaak.
3 Sy het een van haar welpies grootgemaak, en hy het ’n sterk jong leeu geword.+
Hy het geleer hoe om prooi te verskeur.
Hy het selfs mense verslind.
4 Nasies het van hom gehoor en hom in hulle put gevang,
en hulle het hom met hake na Egipte gebring.+
5 Sy het gewag en uiteindelik gesien dat daar geen hoop is dat hy sal terugkom nie.
Toe het sy nog een van haar welpies gevat en hom as ’n sterk jong leeu uitgestuur.
6 Hy het ook onder die leeus rondgeloop en ’n sterk jong leeu geword.
Hy het geleer hoe om prooi te verskeur, en hy het selfs mense verslind.+
7 Hy het tussen hulle versterkte torings rondgesluip en hulle stede verwoes.
Die verlate land is gevul met die geluid van sy gebrul.+
8 Nasies van die omliggende gebiede het hom begin aanval en ’n vangnet oor hom gegooi,
en hy is in hulle put gevang.
9 Hulle het hom met hake in ’n hok gesit en hom na die koning van Babilon toe gebring.
Hulle het hom opgesluit sodat sy stem nie meer op die berge van Israel gehoor sou word nie.
10 Jou ma was soos ’n wingerdstok+ in jou bloed,* geplant by waters.
Sy het vrugte gedra en was vol takke weens die oorvloed water.
11 Sy het sterk takke gekry, geskik vir die septers van heersers.
Sy het gegroei en bo die ander bome uitgetroon,
en sy kon gesien word omdat sy so hoog was en soveel blare gehad het.
12 Maar sy is in woede uitgeruk+ en na die grond toe neergegooi,
en ’n oostewind het haar vrugte laat uitdroog.
Haar sterk takke is afgeruk en het uitgedroog,+ en vuur het dit verteer.+
14 Die vuur het van haar takke versprei en haar takkies en vrugte verteer,
en daar het nie ’n enkele sterk tak oorgebly nie, geen septer om mee te regeer nie.+
“‘Dit is ’n treurlied, en dit sal as ’n treurlied gebruik word.’”
20 En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, het party van die ouermanne van Israel gekom en voor my gaan sit om Jehovah vir raad te vra. 2 Toe het Jehovah met my gepraat en gesê: 3 “Mensekind, praat met die ouermanne van Israel en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Kom julle om my vir raad te vra? ‘So waar as wat ek lewe, ek sal nie op julle vrae reageer nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’
4 “Is jy gereed om hulle te oordeel?* Is jy gereed om hulle te oordeel, mensekind? Vertel hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.+ 5 Sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die dag toe ek Israel gekies het,+ het ek ook vir die nageslag* van die huis van Jakob gesweer* en my in Egipte aan hulle bekend gemaak.+ Ja, ek het vir hulle gesweer en gesê: ‘Ek is Jehovah julle God.’ 6 Op daardie dag het ek gesweer dat ek hulle uit Egipte sou uitlei na ’n land wat ek vir hulle uitgekies* het, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ Dit was die mooiste* van al die lande. 7 Toe het ek vir hulle gesê: ‘Elkeen van julle moet die afskuwelike dinge wat voor julle oë is, weggooi. Moenie julleself onrein maak met die walglike afgode* van Egipte nie.+ Ek is Jehovah julle God.’+
8 “‘“Maar hulle het teen my in opstand gekom en wou nie na my luister nie. Hulle het nie die afskuwelike dinge weggegooi wat voor hulle was nie, en hulle wou nie die walglike afgode van Egipte verlaat nie.+ Ek het dus belowe om my woede in Egipte oor hulle uit te stort en dit heeltemal teen hulle los te laat. 9 Maar ek het ter wille van my naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies onder wie hulle* gelewe het nie.+ Ek het my voor hierdie nasies aan hulle* bekend gemaak toe ek hulle uit Egipte uitgelei het.+ 10 Ek het hulle dus uit Egipte uitgelei en hulle na die wildernis geneem.+
11 “‘“Toe het ek my wetsbepalings aan hulle gegee en my regterlike bevele aan hulle bekend gemaak,+ sodat die mens wat dit gehoorsaam, as gevolg daarvan kan bly lewe.+ 12 Ek het ook my sabbatte aan hulle gegee+ as ’n teken tussen my en hulle,+ sodat hulle sou weet dat ek, Jehovah, die een is wat hulle heilig.
13 “‘“Maar die huis van Israel het in die wildernis teen my in opstand gekom.+ Hulle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie, en hulle het my regterlike bevele verwerp, wat lewe beteken vir die een wat dit gehoorsaam. Hulle het my sabbatte heeltemal ontheilig. Daarom het ek belowe om my woede in die wildernis oor hulle uit te stort en hulle uit te roei.+ 14 Ek het ter wille van my naam opgetree sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies wat gesien het hoe ek hulle* uitgelei het nie.+ 15 Ek het ook in die wildernis vir hulle gesweer dat ek hulle nie na die land sou bring wat ek aan hulle gegee het nie+ – ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ die mooiste* van al die lande – 16 omdat hulle my regterlike bevele verwerp het, my wetsbepalings nie gehoorsaam het nie en my sabbatte ontheilig het, want hulle harte het agter hulle walglike afgode aan gegaan.+
17 “‘“Maar ek* het vir hulle jammer gevoel, en ek het hulle nie vernietig nie. Ek het hulle nie in die wildernis uitgeroei nie. 18 Ek het vir hulle kinders in die wildernis gesê:+ ‘Moenie volgens die wetsvoorskrifte van julle voorvaders+ lewe nie, en moenie hulle regterlike bevele onderhou nie, en moenie julle met hulle walglike afgode onrein maak nie. 19 Ek is Jehovah julle God. Gehoorsaam my wetsbepalings, en onderhou my regterlike bevele en voer dit uit.+ 20 En heilig my sabbatte,+ en dit sal as ’n teken tussen my en julle dien, sodat julle kan weet dat ek Jehovah julle God is.’+
21 “‘“Maar die kinders het teen my in opstand begin kom.+ Hulle het nie my wetsbepalings gehoorsaam nie, en hulle het nie my regterlike bevele onderhou en uitgevoer, wat lewe beteken vir die een wat dit gehoorsaam nie. Hulle het my sabbatte ontheilig. Toe het ek belowe om my woede in die wildernis oor hulle uit te stort en dit heeltemal teen hulle los te laat.+ 22 Maar ek het dit nie gedoen nie+ en het ter wille van my naam opgetree,+ sodat dit nie ontheilig sou word voor die nasies wat gesien het hoe ek hulle* uitgelei het nie. 23 Ek het ook in die wildernis vir hulle gesweer dat ek hulle onder die nasies sou verstrooi en hulle in die lande sou versprei,+ 24 omdat hulle nie my regterlike bevele uitgevoer het nie en my wetsbepalings verwerp het+ en my sabbatte ontheilig het en hulle* agter die walglike afgode van hulle voorvaders aan gegaan het.+ 25 Ek het hulle ook toegelaat om wetsvoorskrifte te hê wat nie goed was nie en regterlike bevele waardeur hulle nie kon bly lewe nie.+ 26 Ek het hulle onrein laat word deur hulle eie offerandes – wanneer hulle elke eersgeborene as ’n offerande in die vuur verbrand* het+ – sodat hulle verlate gemaak sou word, sodat hulle sou weet dat ek Jehovah is.”’
27 “Praat dus met die huis van Israel, o mensekind, en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Julle voorvaders het ook op hierdie manier teen my gelaster deur ontrou aan my te wees. 28 Ek het hulle na die land gebring wat ek gesweer het om aan hulle te gee.+ Toe hulle al die hoë heuwels en blaarryke bome sien,+ het hulle begin om hulle offerandes te bring en hulle aanstootlike offers te gee. Daar het hulle die aangename* geure van hulle offerandes aangebied en hulle drankoffers uitgegooi. 29 Toe het ek vir hulle gevra: ‘Wat beteken hierdie offerhoogte waarheen julle gaan? (Dit word tot vandag toe Offerhoogte genoem.)’”’+
30 “Sê nou vir die huis van Israel: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vra: “Maak julle julle op dieselfde manier onrein as julle voorvaders? Is julle nie ontrou aan my* deur agter hulle walglike afgode aan te gaan nie?+ 31 En maak julle julle tot vandag toe nog steeds onrein deur offerandes te bring aan al julle walglike afgode, deur julle kinders as offerandes in die vuur te verbrand?*+ Moet ek dan reageer op julle vrae, o huis van Israel?”’+
“‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal nie op julle vrae reageer nie.+ 32 En wat julle in gedagte het* wanneer julle sê: “Laat ons soos die nasies word, soos die families van die ander lande, wat hout en klip aanbid,”*+ sal nooit gebeur nie.’”
33 “‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal as koning oor julle regeer met ’n sterk hand, met ’n uitgestrekte arm en met woede wat uitgestort is.+ 34 Ek sal julle onder die volke uitlei en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen julle verstrooi is met ’n sterk hand, met ’n uitgestrekte arm en met woede wat uitgestort is.+ 35 Ek sal julle na die wildernis van die volke bring en julle daar persoonlik* oordeel.+
36 “‘Soos ek julle voorvaders in die wildernis van Egipte geoordeel het, so sal ek julle oordeel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 37 ‘Ek sal julle onder die herderstaf laat deurgaan+ en julle onder verpligting plaas om die verbond te hou.* 38 Maar ek sal dié wat teen my in opstand kom en teen my sondig, onder julle verwyder.+ Ek sal hulle uit die land uitlei waar hulle as uitlanders gewoon het, maar hulle sal nie die land van Israel binnegaan nie,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’
39 “En julle, o huis van Israel, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Gaan dien elkeen sy walglike afgode.+ Maar as julle daarna nie na my luister nie, sal julle my heilige naam nie meer deur julle offerandes en julle walglike afgode kan ontheilig nie.’+
40 “‘Want op my heilige berg, op ’n hoë berg van Israel,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal die hele huis van Israel, hulle almal, my in die land dien.+ Daar sal hulle my goedkeuring hê, en ek sal verwag dat julle julle bydraes en julle beste offers,* al julle heilige dinge, moet gee.+ 41 Weens die aangename* geur sal julle my goedkeuring hê wanneer ek julle onder die volke uitlei en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen julle verstrooi is.+ En ek sal onder julle geheilig word voor die oë van die nasies.’+
42 “‘En julle sal moet weet dat ek Jehovah is+ wanneer ek julle na die land van Israel bring,+ na die land wat ek gesweer het om aan julle voorvaders te gee. 43 Daar sal julle dink aan julle gedrag en al julle dade waardeur julle julleself onrein gemaak het,+ en julle* sal skaam kry oor al die slegte dinge wat julle gedoen het.+ 44 Dan sal julle moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek teen julle optree ter wille van my naam,+ nie volgens julle slegte gedrag of volgens die goddelose dinge wat julle gedoen het nie, o huis van Israel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
45 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 46 “Mensekind, kyk nou in die rigting van die suidelike deel en getuig teen die suide, en profeteer teen die woud van die suidelike land. 47 Sê vir die woud van die suide: ‘Hoor die woord van Jehovah. Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek steek ’n vuur aan teen jou,+ en dit sal elke groen boom en elke droë boom in jou verteer. Die brandende vlam sal nie geblus word nie,+ en elke gesig sal daardeur geskroei word, van suid tot noord. 48 En alle mense* sal sien dat ek, Jehovah, dit aan die brand gesteek het, en dit sal nie geblus word nie.”’”+
49 En ek het gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Hulle sê van my: ‘Hy praat altyd net in raaisels!’”*
21 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na Jerusalem en getuig teen die heilige plekke en profeteer teen die land van Israel. 3 Sê vir die land van Israel: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek is teen jou, en ek sal my swaard uittrek+ en die regverdige sowel as die goddelose uit jou uitroei. 4 Omdat ek die regverdige en die goddelose uit jou sal uitroei, sal my swaard uitgetrek word teen alle mense,* van die suide tot die noorde. 5 Alle mense sal moet weet dat ek, Jehovah, my swaard uitgetrek het. Dit sal nie weer teruggesit word nie.”’+
6 “En jy, mensekind, sug terwyl jy* bewe, ja, sug met bitterheid voor hulle.+ 7 En as hulle vir jou vra: ‘Hoekom sug jy?’ sal jy sê: ‘Weens ’n berig.’ Want dit sal beslis kom, en elke hart sal smelt van vrees, elke hand sal slap hang, elke gees sal terneergedruk raak, en elke knie sal van water drup.*+ ‘Kyk! Dit sal beslis kom – dit sal gebeur,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
8 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 9 “Mensekind, profeteer en sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Sê: ‘’n Swaard! ’n Swaard+ is skerp gemaak, en dit is blink gevryf. 10 Dit is skerp gemaak vir ’n groot slagting. Dit is blink gevryf om soos weerlig te flits.’”’”
“Moet ons nie bly wees nie?”
“‘Sal dit* die septer van my seun verwerp,+ soos dit elke boom verwerp?
11 “‘Dit word gegee om blink gevryf te word en om met die hand geswaai te word. Hierdie swaard is skerp gemaak en blink gevryf, om dit in die hand te gee van iemand wat doodmaak.+
12 “‘Roep uit en treur,+ mensekind, want dit het teen my volk gekom. Dit is teen al die hoofmanne van Israel.+ Hulle sal saam met my volk slagoffers van die swaard wees. Slaan dus op jou bobeen omdat jy treur. 13 Want daar is ondersoek ingestel.+ En wat sal gebeur as die swaard die septer verwerp? Die septer sal nie meer bestaan nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
14 “En jy, mensekind – profeteer en klap jou hande en herhaal drie keer: ‘’n Swaard!’ Dit is die swaard van die slagoffers, die swaard van ’n groot slagting, wat hulle omsingel.+ 15 Hulle harte sal smelt van vrees,+ en baie sal by hulle stadspoorte val. Ek sal ’n slagting met die swaard veroorsaak. Ja, dit flits soos weerlig en is blink gevryf vir ’n slagting! 16 Kap na regs! Swaai na links! Volg die rigting van jou lem! 17 Ek sal ook my hande klap en my woede laat bedaar.+ Ek, Jehovah, het gepraat.”
18 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 19 “Mensekind, merk twee paaie af waarlangs die swaard van die koning van Babilon kan kom. Albei sal uit dieselfde land kom, en ’n padteken* moet opgestel word waar die pad na die twee stede afdraai. 20 Jy moet een pad merk waarlangs die swaard kan kom teen Rabba+ van die Ammoniete, en die ander een teen die versterkte stad Jerusalem+ in Juda. 21 Want die koning van Babilon gaan staan by die vurk in die pad, waar die twee paaie skei, om deur middel van voorspellings uit te vind wat hy moet doen. Hy skud die pyle. Hy raadpleeg sy afgode.* Hy ondersoek die lewer. 22 Die antwoord in sy regterhand, wat hy deur middel van die voorspellings kry, wys na Jerusalem. Dit sê dat hy stormramme moet opstel, die teken vir die slagting moet gee, die oorlogskreet moet laat hoor, stormramme teen die poorte moet opstel, ’n beleëringswal moet oprig, ’n beleëringsmuur moet bou.+ 23 Maar dit sal soos valse voorspellings lyk vir die mense* wat ’n eed aan hulle gesweer het.+ Hy onthou egter hulle skuld en sal hulle gevange neem.+
24 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Julle het self veroorsaak dat julle skuld onthou word deur julle sondes te openbaar en sigbaar te maak in alles wat julle doen. Noudat julle onthou word, sal julle deur die vyand* gegryp word.’
25 “Maar jou dag het gekom, o dodelik gewonde, goddelose hoofman van Israel,+ die tyd van jou laaste straf. 26 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Verwyder die tulband en haal die kroon af.+ Dit sal nie dieselfde bly nie.+ Verhoog die een wat laag is+ en verlaag die een wat hoog is.+ 27 Ek sal dit verwoes, ek sal dit verwoes, ek sal dit verwoes.* En dit sal aan niemand behoort nie totdat die een kom wat die wetlike reg het,+ en ek sal dit aan hom gee.’+
28 “En jy, mensekind, profeteer en sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê oor die Ammoniete en oor hulle beledigings.’ Sê: ‘’n Swaard! ’n Swaard word vir ’n slagting uitgetrek. Dit is blink gevryf om te verslind en om soos weerlig te flits. 29 Ten spyte van die valse visioene en voorspellings oor jou, sal jy opgestapel word op dié* wat doodgemaak is, die goddeloses wie se dag gekom het, die tyd van hulle laaste straf. 30 Sit jou swaard terug. Ek sal jou oordeel in die plek waar jy geskep is, in die land waarvandaan jy kom. 31 Ek sal met woede teen jou optree. Ek sal jou vernietig met my brandende woede, en ek sal jou in die hand van wrede mense gee, mense wat vernietiging veroorsaak.+ 32 Jy sal deur die vuur verbrand word.+ Jou eie bloed sal in die land uitgestort word. Jy sal nie meer onthou word nie, want ek, Jehovah, het gepraat.’”
22 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, is jy bereid om oordeel uit te spreek oor die bloedskuldige stad+ en om al haar afskuwelike dinge aan haar bekend te maak?+ 3 Jy moet sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “O stad wat bloed uitstort,+ wie se tyd kom,+ wat walglike afgode* maak om haarself onrein te maak,+ 4 die bloed wat jy uitgestort het, het jou skuldig gemaak,+ en jou walglike afgode het jou onrein gemaak.+ Jy het die einde van jou dae vinniger laat nader kom, en die einde van jou jare het gekom. Daarom sal ek van jou iets maak wat deur die nasies bespot word en deur al die lande uitgelag word.+ 5 Die lande wat naby is en die lande wat ver van jou af is, sal jou bespot.+ Jou naam is onrein, en jy is vol verwarring. 6 Kyk! In jou gebruik elkeen van die hoofmanne van Israel sy gesag om mense dood te maak.+ 7 In jou behandel hulle hulle pa en ma sonder respek.+ Hulle buit die uitlander uit en behandel die weeskind* en die weduwee sleg.”’”+
8 “‘Jy het geen respek vir my heiligdomme nie, en jy ontheilig my sabbatte.+ 9 In jou is daar lasteraars wat daarop uit is om mense dood te maak.+ Mense eet offerandes op die berge en gedra hulle op ’n afstootlike manier.+ 10 Hulle onteer hulle pa se bed*+ en slaap by ’n vrou wat onrein is omdat sy menstrueer.+ 11 In jou doen een man iets afskuweliks met sy buurman se vrou,+ ’n ander maak sy skoondogter onrein deur afstootlike gedrag,+ en ’n ander slaap by sy suster, die dogter van sy pa.+ 12 In jou aanvaar hulle ’n omkoopgeskenk om mense dood te maak.+ Jy vra rente of maak wins* wanneer jy geld uitleen,+ en jy pers jou bure af vir geld.+ Ja, jy het my heeltemal vergeet,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
13 “‘Kyk! Ek klap my hande omdat jy vir my walglik is as gevolg van die oneerlike wins wat jy gemaak het en die dade van bloedskuld in jou. 14 Sal jy moedig bly,* en sal jou hande sterk bly wanneer ek teen jou optree?+ Ek, Jehovah, het gepraat en sal optree. 15 Ek sal jou onder die nasies verstrooi en jou in die lande versprei,+ en ek sal ’n einde maak aan jou onreinheid.+ 16 Jy sal onteer word voor die nasies, en jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+
17 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, die huis van Israel het vir my soos waardelose metaalskuim geword. Hulle almal is koper en tin en yster en lood in ’n smeltoond. Hulle het die metaalskuim van silwer geword.+
19 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Omdat julle almal soos waardelose metaalskuim geword het,+ maak ek julle in Jerusalem bymekaar. 20 Net soos silwer en koper en yster en lood en tin in ’n smeltoond bymekaargemaak word sodat vuur daarop geblaas kan word en dit gesmelt kan word, so sal ek julle in my groot woede bymekaarmaak, en ek sal op julle blaas en julle laat smelt.+ 21 Ek sal julle bymekaarbring en met die vuur van my woede op julle blaas,+ en julle sal gesmelt word in die stad.+ 22 Net soos silwer in ’n smeltoond gesmelt word, so sal julle in die stad gesmelt word, en julle sal moet weet dat ek, Jehovah, my woede oor julle uitgestort het.’”
23 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 24 “Mensekind, sê vir Jerusalem: ‘Jy is ’n land wat nie gereinig sal word nie, waarop geen reën in die dag van woede sal val nie. 25 Haar profete het planne in haar beraam,+ soos ’n brullende leeu wat prooi verskeur.+ Hulle verslind mense. Hulle vat skatte en kosbare dinge. Hulle het baie weduwees in haar gemaak. 26 Haar priesters het my wet oortree,+ en hulle bly my heiligdomme ontheilig.+ Hulle maak nie ’n onderskeid tussen wat heilig is en wat nie heilig is nie,+ en hulle maak nie bekend wat onrein is en wat rein is nie,+ en hulle weier om my sabbatte te hou, en ek word onder hulle ontheilig. 27 Die leiers in haar is soos wolwe wat prooi verskeur. Hulle stort bloed uit en maak mense dood om onregverdige wins te maak.+ 28 Maar haar profete het hulle dade met witkalk toegepleister. Hulle sien valse visioene en maak bedrieglike voorspellings,+ en hulle sê: “Dit is wat die Soewereine Heer Jehovah sê,” terwyl Jehovah dit nie gesê het nie. 29 Die volk van die land het ander uitgebuit en beroof,+ en hulle het dié wat hulpeloos en arm is, sleg behandel, en hulle het die uitlander uitgebuit en gekeer dat hy regverdig behandel word.’
30 “‘Ek het bly soek na ’n man onder hulle wat die klipmuur sou herstel of wat voor my oë in die opening sou staan om die land te beskerm sodat dit nie vernietig sou word nie,+ maar ek het niemand gevind nie. 31 Daarom sal ek met woede teen hulle optree en hulle met die vuur van my woede vernietig. Ek sal hulle die gevolge van hulle dade laat dra,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
23 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, daar was twee vrouens wat dogters van dieselfde ma was.+ 3 Hulle het prostitute in Egipte geword.+ Van jongs af het hulle prostitusie gepleeg. Daar is hulle borste gedruk, en hulle maagdelike borste is gestreel. 4 Die naam van die oudste was Ohoʹla,* en haar suster was Ohoʹliba.* Hulle het myne geword en aan seuns en dogters geboorte gegee. Ohoʹla is Samariʹa+ en Ohoʹliba is Jerusalem.
5 “Ohoʹla het prostitusie begin pleeg+ terwyl sy aan my behoort het. Sy het die mans begeer met wie sy ’n seksuele verhouding gehad het,+ haar bure die Assiriërs.+ 6 Hulle was goewerneurs in blou klere, asook amptenare – hulle was almal begeerlike jong manne wat op hulle perde ry. 7 Sy het aangehou om prostitusie te pleeg met al die begeerlikste seuns van Assiʹrië, en sy het haarself onrein gemaak+ met die walglike afgode* van dié vir wie sy ’n seksuele begeerte gehad het. 8 Sy het nie opgehou met die prostitusie wat sy in Egipte gepleeg het nie, want hulle het by haar geslaap toe sy nog jonk was en het haar maagdelike borste gestreel en hulle onsedelikheid oor haar uitgestort.+ 9 Ek het haar dus in die hand gegee van die mans met wie sy ’n seksuele verhouding gehad het, die seuns van Assiʹrië,+ wat sy begeer het. 10 Hulle het haar kaal uitgetrek+ en haar seuns en dogters gevang+ en haar met ’n swaard doodgemaak. Sy het ’n slegte reputasie onder die vrouens gekry, en hulle het haar geoordeel en gestraf.
11 “Toe haar suster, Ohoʹliba, dit sien, het sy selfs nog slegter dinge begeer, en haar prostitusie was erger as haar suster s’n.+ 12 Sy het ’n seksuele begeerte gehad vir haar bure, die seuns van Assiʹrië,+ die goewerneurs en amptenare wat pragtige klere gedra het en op perde gery het – almal begeerlike jong manne. 13 Toe sy haarself onrein gemaak het, het ek gesien dat hulle albei op dieselfde manier opgetree het.+ 14 Maar sy het al hoe meer prostitusie bly pleeg. Sy het manne gesien wat op die muur gegraveer is, afbeeldings van Galdeërs wat rooi* geverf is, 15 met belde om elkeen se middel en groot tulbande op hulle koppe. Hulle almal het gelyk soos vegters en het Babiloniërs afgebeeld, wat in die land van die Galdeërs gebore is. 16 Die oomblik toe sy hulle sien, het sy hulle begin begeer, en sy het boodskappers na hulle in Galdeʹa gestuur.+ 17 Die seuns van Babilon het bly kom na haar liefdesbed, en hulle het haar onrein gemaak met hulle onsedelikheid. Nadat hulle haar onrein gemaak het, het sy van hulle af weggedraai omdat hulle vir haar walglik was.
18 “Toe sy aangehou het om skaamteloos prostitusie te pleeg en haar kaal uit te trek,+ het ek van haar af weggedraai omdat sy vir my walglik was, net soos ek van haar suster af weggedraai het omdat sy vir my walglik was.+ 19 En sy het al hoe meer prostitusie gepleeg+ en teruggedink aan haar jong dae toe sy in Egipte prostitusie gepleeg het.+ 20 Sy het ’n seksuele begeerte vir hulle gehad soos die byvrouens van mans wie se manlike orgaan soos dié van ’n donkie is en wie se geslagsorgaan soos dié van ’n perd is. 21 Jy het gesmag na die afstootlike gedrag van jou jong dae in Egipte+ toe hulle jou borste gestreel het, die borste van jou jong dae.+
22 “Daarom, Ohoʹliba, sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek bring die mans teen jou met wie jy ’n seksuele verhouding gehad het,+ dié van wie jy weggedraai het omdat hulle vir jou walglik was, en ek sal hulle van alle kante af teen jou bring,+ 23 die seuns van Babilon+ en al die Galdeërs,+ die manne van Pekod+ en Soa en Koa, saam met al die seuns van Assiʹrië. Hulle almal is begeerlike jong manne, goewerneurs en amptenare, vegters. Hulle almal is uitgesoekte* manne en ry op perde. 24 Hulle sal jou aanval met strydwaens en wiele wat dreun en met ’n groot versameling soldate en met groot skilde en klein skilde* en helms. Hulle sal rondom jou stelling inneem, en ek sal hulle die gesag gee om te oordeel, en hulle sal jou oordeel soos hulle goeddink.+ 25 Ek sal uiting gee aan my woede teen jou, en hulle sal in hulle woede teen jou optree. Hulle sal jou neus en jou ore afsny, en dié wat oorbly, sal met die swaard doodgemaak word. Hulle sal jou seuns en jou dogters wegneem, en dié wat oorbly, sal deur vuur vernietig word.+ 26 Hulle sal jou klere uittrek+ en jou pragtige juwele* afvat.+ 27 Ek sal ’n einde maak aan jou afstootlike gedrag en prostitusie,+ wat in Egipte begin het.+ Jy sal ophou om na hulle te kyk, en jy sal nie meer aan Egipte dink nie.’
28 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek gaan jou oorlewer aan dié wat jy haat, dié van wie jy weggedraai het omdat hulle vir jou walglik was.+ 29 Hulle sal vol haat teen jou optree en alles wegneem waarvoor jy hard gewerk het+ en jou heeltemal kaal agterlaat. Die skaamtelose kaalheid van jou onsedelikheid en jou afstootlike gedrag en jou prostitusie sal ontbloot word.+ 30 Hierdie dinge sal aan jou gedoen word omdat jy soos ’n prostituut agter die nasies aan gegaan het,+ omdat jy jou met hulle walglike afgode onrein gemaak het.+ 31 Jy het net soos jou suster opgetree,+ en ek sal haar beker in jou hand sit.’+
32 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
‘Jy sal die diep en wye beker van jou suster drink,+
en jy sal ’n voorwerp van ’n gelag en bespotting word,
want die beker is vol daarvan.+
33 Jy sal deur dronkenskap en hartseer oorweldig* word,
’n beker van skok en verwoesting,
die beker van jou suster, Samariʹa.
“Want ek het gepraat,” sê die Soewereine Heer Jehovah.’
35 “Daarom is dít wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat jy my vergeet het en my heeltemal verwerp het,*+ sal jy die gevolge van jou afstootlike gedrag en jou dade van prostitusie dra.’”
36 Toe het Jehovah vir my gesê: “Mensekind, sal jy Ohoʹla en Ohoʹliba+ oordeel en hulle met hulle walglike gebruike konfronteer? 37 Hulle het egbreuk* gepleeg,+ en daar is bloed op hulle hande. Hulle het nie net egbreuk gepleeg met hulle walglike afgode nie, maar hulle het ook hulle seuns aan wie hulle vir my geboorte gegee het, vir hulle afgode as offerandes in die vuur verbrand.*+ 38 Hulle het ook nog dít aan my gedoen: Hulle het my heiligdom op daardie dag onrein gemaak en my sabbatte ontheilig. 39 Nadat hulle hulle kinders as offerandes vir hulle walglike afgode geslag het,+ het hulle op daardie selfde dag in my heiligdom gekom om dit te ontheilig.+ Dit is wat hulle in my huis gedoen het. 40 Hulle het selfs ’n boodskapper gestuur sodat manne van ver af kan kom.+ Terwyl hulle op pad was, het jy jou oë geverf en jou met juwele versier.+ 41 En jy het op ’n pragtige rusbank gaan sit,+ en ’n gedekte tafel het daarvoor gestaan,+ en jy het my reukwerk+ en my olie+ daarop gesit. 42 Die geluid van ’n onbesorgde skare kon daar gehoor word. Party van hulle was dronkaards wat van die wildernis af gebring is. Hulle het armbande aan die hande van die vrouens gesit en pragtige krone op hulle koppe.
43 “Toe het ek die volgende gesê oor die vrou wat uitgeput was as gevolg van haar egbreuk: ‘Nou sal sy aanhou om haar prostitusie te pleeg.’ 44 En hulle het na haar toe bly gaan, soos ’n mens na ’n prostituut gaan. So het hulle na Ohoʹla en na Ohoʹliba toe gegaan, die vrouens met hulle afstootlike gedrag. 45 Maar regverdige manne sal haar oordeel met die gepaste oordeel vir egbreuk+ en bloedskuld,+ want hulle is vrouens wat egbreuk pleeg en het bloed op hulle hande.+
46 “Want die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘’n Leërmag sal teen hulle gebring word om hulle iets skokkends te maak, en iets om te beroof.+ 47 Die leërmag sal hulle met klippe gooi+ en met swaarde doodmaak. Hulle sal hulle seuns en dogters doodmaak+ en hulle huise afbrand.+ 48 Ek sal ’n einde maak aan die afstootlike gedrag in die land, en al die vrouens sal ’n les leer en nie dieselfde afstootlike dinge doen wat julle gedoen het nie.+ 49 Hulle sal julle die gevolge laat dra van julle afstootlike gedrag en van julle sondes met julle walglike afgode, en julle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.’”+
24 In die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, skryf hierdie datum* op, vandag se datum. Die koning van Babilon het sy aanval teen Jerusalem op hierdie dag begin.+ 3 En vertel ’n illustrasie* oor die opstandige huis, en jy moet van hulle sê:
“‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Sit die kookpot op. Sit dit op die vuur, en gooi water daarin.+
4 Sit stukke vleis daarin,+ al die goeie stukke,
die boud en die blad, en maak dit vol met die beste bene.
5 Vat die beste skaap van die kudde,+ en pak die stompe oral onder die pot.
Kook die stukke, en maak die bene daarin gaar.”’
6 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah:
‘Dit sal sleg gaan met die stad van bloedskuld,+
die geroeste kookpot, die pot met roes wat nie verwyder is nie!
Maak dit stuk vir stuk leeg,+ en moenie die lot oor die stukke werp nie.
7 Want die stad se bloed is in haar.+ Sy het dit op die kaal rotse uitgegooi.
Sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.+
8 Ek wou woede laat opkom sodat wraak geneem kan word,
en daarom het ek haar bloed op die blink, kaal rots uitgestort
sodat dit nie bedek sou word nie.’+
9 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah:
‘Dit sal sleg gaan met die stad van bloedskuld!+
Ek sal die hout hoog opstapel.
10 Pak die stompe opmekaar, en steek die vuur aan.
Kook die vleis goed, gooi die sous uit, en laat die bene swart gebrand word.
11 Sit die leë pot op die kole sodat dit warm kan word,
sodat die koper rooiwarm kan word.
Die onreinheid daarin sal wegsmelt,+ en die roes daarin sal verdwyn.
Gooi dit met roes en al in die vuur!’
13 “‘Jy was onrein as gevolg van jou afstootlike gedrag.+ Ek het jou probeer reinig, maar jy wou nie van jou onreinheid gereinig word nie. Jy sal nie rein word totdat my woede teen jou bedaar nie.+ 14 Ek, Jehovah, het gepraat. Dit sal gebeur. Ek sal optree sonder om terug te hou, sonder om hartseer te voel, sonder om spyt te voel.+ Hulle sal jou oordeel volgens jou optrede en jou dade,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
15 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 16 “Mensekind, met ’n enkele slag sal ek jou geliefde van jou af wegneem.+ Moenie treur* nie, en moenie huil of trane stort nie. 17 Kreun in stilte, en moenie rituele volg om vir die dooies te treur nie.+ Sit jou tulband op,+ en trek jou sandale aan.+ Moenie jou snor* bedek nie,+ en moenie die brood eet wat ander vir jou gebring het nie.”*+
18 En ek het die oggend met die volk gepraat, en my vrou het die aand gesterf. Toe het ek die oggend gedoen net soos ek beveel is. 19 Die volk het vir my gevra: “Gaan jy nie vir ons sê wat jou dade met ons te doen het nie?” 20 Ek het vir hulle gesê: “Jehovah het met my gepraat en gesê: 21 ‘Sê vir die huis van Israel: “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek staan op die punt om my heiligdom te ontheilig,+ die plek waarop julle so trots is, wat vir julle so kosbaar is en waarna julle hart verlang.* Julle eie seuns en dogters wat julle agtergelaat het, sal met die swaard doodgemaak word.+ 22 Dan sal julle moet doen net soos ek gedoen het. Julle sal nie julle snorre bedek nie, en julle sal nie die brood eet wat ander vir julle gebring het nie.+ 23 Julle tulbande sal op julle koppe wees en julle sandale aan julle voete. Julle sal nie treur of huil nie. Julle sal eerder verrot in julle sonde,+ en julle sal na mekaar kyk en kreun. 24 Eseʹgiël het vir julle ’n teken geword.+ Julle sal doen net soos hy gedoen het. Wanneer dit gebeur, sal julle moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.’”’”
25 “En mensekind, op die dag dat ek my vesting van hulle af wegneem – die pragtige plek wat vir hulle vreugde gee, wat vir hulle so kosbaar is en waarna hulle hart verlang – saam met hulle seuns en hulle dogters,+ 26 sal iemand wat ontsnap het, jou daarvan kom vertel.+ 27 Op daardie dag sal jy jou mond oopmaak en praat met die een wat ontsnap het, en jy sal nie meer stom wees nie.+ Jy sal ’n teken vir hulle word, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”
25 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na die Ammoniete+ en profeteer teen hulle.+ 3 Jy moet oor die Ammoniete sê: ‘Hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah. Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Omdat jy ‘Aha!’ teen my heiligdom gesê het toe dit ontheilig is, en teen die land van Israel toe dit verwoes is, en teen die huis van Juda toe hulle in ballingskap gegaan het, 4 gee ek jou aan die mense van die Ooste as ’n besitting. Hulle sal kampe* rondom jou opslaan en hulle tente tussen julle oprig. Hulle sal jou vrugte eet en jou melk drink. 5 Ek sal Rabba+ ’n weiveld vir kamele maak en die land van die Ammoniete ’n rusplek vir die kudde, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”
6 “Want die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat jy jou hande geklap het+ en jou voete gestamp het en jy die land van Israel bespot en uitgelag het,+ 7 sal ek my hand teen jou uitsteek om jou aan die nasies te gee as iets om te beroof. Ek sal jou onder die volke uitroei en jou uit die lande vernietig.+ Ek sal jou uitroei, en jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’
8 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat Moab+ en Seïr+ gesê het: “Kyk! Die huis van Juda is soos al die ander nasies,” 9 ontbloot ek Moab se berghange* by sy grensstede, die prag* van sy land: Bet-Jeʹsimot, Baäl-Meon en tot by Kirjataʹim.+ 10 Ek sal dit saam met die Ammoniete as ’n besitting gee aan die mense van die Ooste,+ sodat die Ammoniete nie onder die nasies onthou sal word nie.+ 11 En ek sal die mense in Moab oordeel en straf,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’
12 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Edom het wraak geneem teen die huis van Juda, en deur dit te doen, het hulle ’n groot skuld op hulle gelaai.+ 13 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Ek sal ook my hand teen Edom uitsteek en mens en dier daar uitroei, en ek sal dit ’n verlate plek maak.+ Van Teman af tot by Dedan sal hulle met die swaard doodgemaak word.+ 14 ‘Ek sal wraak neem op Edom deur die hand van my volk Israel.+ Hulle sal my groot woede teen Edom bring sodat hulle my wraak ondervind,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’
15 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Omdat die Filistyne altyd net vyandig was, het hulle kwaadwillig* probeer wraak neem en verwoesting probeer veroorsaak.+ 16 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Ek steek my hand teen die Filistyne uit,+ en ek sal die Keretiete uitroei+ en die res van die inwoners van die seekus vernietig.+ 17 Ek sal groot dade van wraak oor hulle bring, en hulle in my groot woede straf, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek my wraak oor hulle bring.”’”
26 In die 11de jaar, op die eerste dag van die maand, het Jehovah met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, Tirus het teen Jerusalem gesê:+ ‘Aha! Die poort van die volke is gebreek!+ Alles sal na my kant toe kom, en ek sal ryk word noudat sy verwoes is.’ 3 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Kyk, ek is teen jou, o Tirus, en ek sal baie nasies teen jou bring, soos die see sy golwe laat opkom. 4 Hulle sal die mure van Tirus vernietig en die torings afbreek,+ en ek sal grond wegskraap en dit ’n blink, kaal rots maak. 5 Die stad sal ’n droogmaakplek vir sleepnette in die see word.’+
“‘Want ek het gepraat,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘en dit sal deur die nasies beroof word. 6 En die stad se omliggende dorpies* wat in die platteland is, sal met die swaard vernietig word, en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.’
7 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek bring koning Nebukadneʹsar* van Babilon uit die noorde teen Tirus.+ Hy is ’n koning van konings,+ met perde,+ strydwaens,+ perderuiters en ’n leërmag met baie soldate.* 8 Hy sal jou omliggende dorpies wat in die platteland is met die swaard vernietig, en hy sal ’n beleëringsmuur teen jou bou en ’n beleëringswal teen jou oprig en ’n groot skild teen jou opstel. 9 Hy sal jou mure met sy stormram* slaan en jou torings met sy byle* afbreek. 10 Hy sal met soveel perde kom dat hulle jou met stof sal bedek, en die geluid van die perderuiters, die wiele en die strydwaens sal jou mure laat skud wanneer hy deur jou poorte inkom, soos manne wat ’n stad met afgebreekte mure bestorm. 11 Die hoewe van sy perde sal al jou strate vertrap.+ Hy sal jou volk met die swaard doodmaak, en jou sterk pilare sal op die grond neerstort. 12 Hulle sal jou van jou rykdom en jou handelsware beroof+ en jou mure en jou mooi huise afbreek. Dan sal hulle jou klippe en jou houtwerk en jou grond in die water gooi.’
13 “‘Ek sal ’n einde maak aan die geluid van jou liedere, en die geluid van jou harpe sal nie meer gehoor word nie.+ 14 En ek sal jou ’n blink, kaal rots maak, en jy sal ’n droogmaakplek vir sleepnette word.+ Jy sal nooit herbou word nie, want ek, Jehovah, het dit gesê,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
15 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir Tirus sê: ‘Sal die eilande nie bewe wanneer hulle die geluid van jou ondergang hoor, wanneer die sterwendes* kreun, wanneer daar ’n slagting in jou plaasvind nie?+ 16 Al die leiers* van die see sal van hulle trone afklim en hulle mantels* en hulle geborduurde klere uittrek, en hulle sal bewe.* Hulle sal op die grond sit en die hele tyd bewe en jou verbaas aankyk.+ 17 En hulle sal ’n treurlied oor jou sing+ en vir jou sê:
“Hoe het jy vergaan,+ jy die stad wat bewoon is deur mense van die seë, die beroemde stad!
18 Die eilande sal bewe op die dag wanneer jy val.
Die eilande van die see sal ontsteld wees wanneer jy nie meer bestaan nie.”’+
19 “Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Wanneer ek jou verwoes, soos die stede wat nie bewoon word nie, wanneer ek die onstuimige waters oor jou laat kom en die groot waters jou bedek het,+ 20 dan sal ek jou en dié wat saam met jou in die graf afgaan, na die mense van lank gelede bring. Ek sal jou in die onderste plek laat woon, soos die plekke van lank gelede wat verwoes is, saam met dié wat in die graf afgaan,+ sodat jy nie bewoon sal wees nie. Dan sal ek die land van die lewendes verheerlik.*
21 “‘Ek sal skielike rampspoed oor jou bring, en jy sal nie meer daar wees nie.+ Hulle sal na jou soek, maar jy sal nooit weer gevind word nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
27 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, sing ’n treurlied oor Tirus,+ 3 en sê vir Tirus:
“‘Jy wat by die ingange van die see woon,
die handelaar vir die volke van baie eilande,
dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“O Tirus, jy het gesê: ‘My skoonheid is volmaak.’+
4 Jou gebiede is in die hart van die seë,
en jou bouers het jou skoonheid tot volmaaktheid gebring.
5 Hulle het al jou planke van jenewerbome uit Senir gemaak,+
en hulle het ’n sederboom uit die Liʹbanon-berge geneem om ’n mas vir jou te maak.
6 Hulle het jou roeispane van eikebome uit Basan gemaak,
en hulle het jou boeg* van sipreshout gemaak wat ingelê was met ivoor van die eilande van Kittim af.+
7 Jou seil was van kleurvolle linne uit Egipte gemaak,
en jou dekseile was van blou garing en pers wol van die eilande van Eliʹsa.+
8 Die inwoners van Sidon en van Arwad+ was jou roeiers.
Jou eie vaardige manne, o Tirus, was jou matrose.+
9 Die ervare* en vaardige manne van Gebal+ het jou nate waterdig gemaak.+
Al die skepe van die see en hulle seemanne het na jou toe gekom om handel te dryf.
10 Mans uit Persië, Lud en Put+ was in jou leërmag, jou soldate.
Hulle het hulle skilde en helms in jou opgehang, en hulle het jou verheerlik.
11 Die manne van Arwad in jou leërmag het op jou mure wag gehou,
en daar was dapper manne in jou torings.
Hulle het ronde skilde al rondom jou mure opgehang,
en hulle het jou skoonheid tot volmaaktheid gebring.
12 “‘“Tarsis+ het met jou handel gedryf omdat jy so ryk was.+ Hulle het silwer, yster, tin en lood in ruil vir jou goedere gegee.+ 13 Jawan, Tubal+ en Meseg+ het met jou handel gedryf. Hulle het slawe+ en items van koper in ruil vir jou goedere gegee. 14 Die huis van Togarʹma+ het trekperde en ryperde en muile in ruil vir jou goedere gegee. 15 Die mense van Dedan+ het met jou handel gedryf. Op baie eilande het handelaars vir jou gewerk. Hulle het ivoortande+ en ebbehout as skatting* aan jou betaal. 16 Edom het met jou handel gedryf omdat jy so baie goedere gehad het. Hulle het turkoois, pers wol en kleurvolle borduurwerk, goeie materiaal, korale en robyne in ruil vir jou goedere gegee.
17 “‘“Juda en die land van Israel het met jou handel gedryf. Hulle het die koring van Minnit,+ die beste voedsel, heuning,+ olie en balsem+ in ruil vir jou goedere gegee.+
18 “‘“Damaskus+ het met jou handel gedryf omdat jy so baie goedere gehad het en so ryk was. Hulle het die wyn van Helbon en wol van Sahar* as betaling gegee. 19 Wedan en Jawan uit Usal het smeeyster, kassia* en riet* in ruil vir jou goedere gegee. 20 Dedan+ het jou van saalkleedjies* vir jou rydiere voorsien. 21 Die Arabiere en al die hoofmanne van Kedar+ het vir jou gewerk. Hulle het handel gedryf met lammers en skape en bokke.+ 22 Die handelaars van Skeba en Raäma+ het met jou handel gedryf. Hulle het die beste parfuums, edelstene en goud in ruil vir jou goedere gegee.+ 23 Haran,+ Kanne, Eden,+ die handelaars van Skeba,+ Assur+ en Kilmad het met jou handel gedryf. 24 Hulle het op jou markplein handel gedryf met pragtige klere, mantels van blou materiaal en kleurvolle borduurwerk en veelkleurige tapyte, alles stewig vasgebind met toue.
25 Die skepe van Tarsis+ was die karavane vir jou goedere,
en daarom was jy vol en swaar belaai* in die hart van die oop see.
26 Jou roeiers het jou tot in die onstuimige see gebring.
Die oostewind het jou in die hart van die oop see laat skipbreuk ly.
27 Jou rykdom, jou goedere, jou handelsware, jou seemanne en jou matrose,
dié wat jou nate waterdig maak, dié wat handel dryf met jou goedere+ en al die soldate,+
– die hele skare* in jou –
sal almal in die hart van die oop see sink op die dag van jou ondergang.+
28 Wanneer jou matrose uitroep, sal die kuslande bewe.
29 Al die roeiers, die seemanne en die matrose
sal van hulle skepe afklim en op die land gaan staan.
30 Hulle sal met harde stemme bitterlik oor jou uitroep+
terwyl hulle stof op hulle koppe gooi en in as rol.
31 Hulle sal hulle koppe kaal skeer en saklinne aantrek.
Hulle sal bitterlik* oor jou huil en baie oor jou treur.
32 In hulle getreur sal hulle ’n treurlied oor jou sing:
‘Wie is soos Tirus, wat nou in die see stilgemaak is?+
33 Toe jou goedere van die oop see af ingekom het, het jy baie volke bly gemaak.+
Jou oorvloedige rykdom en baie goedere het die konings van die aarde ryker gemaak.+
34 Nou het jy in die oop see skipbreuk gely, in die diep waters,+
en al jou goedere en jou mense het saam met jou gesink.+
35 Almal wat op die eilande woon, sal verbaas na jou staar,+
en hulle konings sal van vrees bewe+ – hulle gesigte sal bekommerd lyk.
36 Die handelaars van die nasies sal fluit as gevolg van wat met jou gebeur het.
Jou einde sal skielik en verskriklik wees,
en jy sal vir altyd ophou bestaan.’”’”+
28 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, sê vir die leier van Tirus: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Omdat jou hart hoogmoedig geword het,+ bly jy sê: ‘Ek is ’n god.
Ek sit op die troon van ’n god in die hart van die see.’+
Maar jy is net ’n mens, nie ’n god nie,
al voel jy in jou hart dat jy ’n god is.
3 Kyk! Jy is wyser as Daniël.+
Daar is geen geheim wat jy nie ken nie.
5 Jy het baie ryk geword omdat jy so goed handel gedryf het,+
en jou hart het hoogmoedig geword as gevolg van jou rykdom.”’
6 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah:
“Omdat jy in jou hart voel dat jy ’n god is,
7 bring ek uitlanders teen jou, die wreedste manne van die nasies,+
en hulle sal hulle swaarde teen die prag van jou wysheid uittrek
en jou glorieryke prag ontheilig.+
8 Hulle sal jou in die graf laat afgaan,
en jy sal ’n gewelddadige dood sterf in die hart van die oop see.+
9 Sal jy nog steeds vir die een wat jou doodmaak, sê: ‘Ek is ’n god’?
Jy sal ’n blote mens wees in die hand van dié wat jou ontheilig, en nie ’n god nie.”’
10 ‘Deur die hand van uitlanders sal jy sterf soos dié wat nie besny is nie,
want ek het dit gesê,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
11 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 12 “Mensekind, sing ’n treurlied oor die koning van Tirus en sê vir hom: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
13 Jy was in Eden, die tuin van God.
Jy was versier met elke soort edelsteen –
robyn, topaas en jaspis; chrisoliet, oniks en niersteen; saffier, turkoois+ en smarag,
en hulle was in goud geset.
Hulle is voorberei op die dag toe jy geskep is.
14 Ek het jou aangestel as die gesalfde gerub wat beskerm.
Jy was op die heilige berg van God,+ en jy het tussen vurige stene geloop.
15 Daar kon nie met jou foutgevind word van die dag af dat jy geskep is nie
totdat onregverdigheid in jou gevind is.+
Ek sal jou dus as onheilig beskou en jou van die berg van God verdryf en jou vernietig+
sodat jy nie meer tussen die stene van vuur sal wees nie, o gerub wat beskerm.
17 Jou hart het hoogmoedig geword weens jou skoonheid.+
Jou glorieryke prag het jou wysheid bederf.+
Ek sal jou op die aarde neergooi+
en jou ’n bespotting voor konings maak.
18 As gevolg van jou groot skuld en jou oneerlike handel het jy jou heiligdomme ontheilig.
Ek sal ’n vuur in jou laat ontstaan, en dit sal jou verteer.+
Ek sal jou op die aarde tot as verbrand voor almal wat na jou kyk.
19 Almal onder die volke wat jou ken, sal verbaas na jou staar.+
Jou einde sal skielik en verskriklik wees,
en jy sal vir altyd ophou bestaan.”’”+
20 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 21 “Mensekind, draai jou gesig na Sidon,+ en profeteer daarteen. 22 Jy moet sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Ek is teen jou, Sidon, en ek sal in jou verheerlik word,
en mense sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek die stad oordeel en straf en wanneer ek daar geheilig word.
23 Ek sal vreeslike siektes in die stad stuur, en bloed sal in die strate vloei.
Mense sal in die stad doodgemaak word wanneer die swaard van alle kante af daarteen kom,
en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.+
24 “‘“Dan sal die huis van Israel nie meer omring word deur doringtakke wat steek of dorings wat seermaak nie,+ dié wat hulle sonder respek behandel, en mense sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.”’
25 “‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Wanneer ek die huis van Israel weer bymekaarmaak uit die volke waarheen hulle verstrooi is,+ sal ek onder hulle geheilig word in die oë van die nasies.+ En hulle sal in hulle land woon+ wat ek aan my kneg Jakob gegee het.+ 26 Hulle sal in veiligheid daarin woon+ en huise bou en wingerde plant,+ en hulle sal in veiligheid woon wanneer ek almal rondom hulle wat hulle sonder respek behandel, oordeel en straf,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is.”’”
29 In die tiende jaar, in die tiende maand, op die 12de dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig teen Farao, die koning van Egipte, en profeteer teen hom en teen die hele Egipte.+ 3 Sê hierdie woorde: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Ek is teen jou, Farao, koning van Egipte,+
die groot seemonster wat in die strome van sy Nyl* lê,+
wat gesê het: ‘My Nylrivier behoort aan my.
Ek het dit vir my gemaak.’+
4 Maar ek sal hake in jou kakebene sit en die visse van jou Nyl aan jou skubbe laat kleef.
En ek sal jou uit jou Nyl optrek, saam met al die visse van die Nyl wat aan jou skubbe kleef.
5 Ek sal jou in die wildernis verlaat, jy en al die visse van jou Nyl.
Jy sal op die oop veld val, en jy sal nie bymekaargemaak of versamel word nie.+
Ek sal jou as voedsel gee vir die wilde diere van die aarde en die voëls van die hemel.+
6 Dan sal al die inwoners van Egipte moet weet dat ek Jehovah is,
want hulle het die huis van Israel net so min ondersteun as ’n stukkie strooi.*+
7 Toe hulle jou hand gegryp het, het jy geknak,
en jy het hulle skouer gesny.
8 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Ek bring ’n swaard oor jou,+ en ek sal mens en dier uit jou uitroei. 9 Egipte sal ’n verlate en verwoeste plek word,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is, want jy* het gesê: ‘Die Nylrivier behoort aan my. Ek het dit gemaak.’+ 10 Daarom is ek teen jou en teen jou Nylrivier, en ek sal Egipte verwoes en dit ’n droë plek maak, ’n verlate plek,+ van Migdol+ af tot by Siëne+ en tot by die grens van Etiopië. 11 Nie mens of dier sal daardeur loop nie,+ en 40 jaar lank sal niemand daar woon nie. 12 Ek sal Egipte die mees verlate land maak, en sy stede sal 40 jaar lank die mees verlate stede wees.+ Ek sal die Egiptenare onder die nasies verstrooi en hulle in die lande versprei.”+
13 “‘Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ná 40 jaar sal ek die Egiptenare bymekaarmaak uit die volke waaronder hulle verstrooi is.+ 14 Ek sal die Egiptenare wat gevange geneem is, terugbring na die land Patros,+ na die land waarvandaan hulle kom, en hulle sal ’n onbelangrike koninkryk word. 15 Egipte sal laer as die ander koninkryke word en sal nie meer die ander nasies oorheers nie,+ en ek sal hulle so klein maak dat hulle nie ander nasies kan onderdruk nie.+ 16 Dit sal nooit weer ’n bron van vertroue vir die huis van Israel wees nie,+ maar dit sal hulle net herinner aan die fout wat hulle gemaak het toe hulle die Egiptenare se hulp gevra het. En hulle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.”’”
17 In die 27ste jaar, in die eerste maand, op die eerste dag van die maand, het Jehovah met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, koning Nebukadneʹsar*+ van Babilon het sy leërmag hard laat werk teen Tirus.+ Elke kop het kaal geword en elke skouer is deurgeskaaf. Maar hy en sy leërmag het geen betaling gekry vir hulle harde werk teen Tirus nie.
19 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Kyk, ek gee Egipte aan koning Nebukadneʹsar* van Babilon,+ en hy sal die rykdom wegdra en baie besittings daaruit neem, en dit sal die betaling vir sy leërmag wees.’
20 “‘As vergoeding vir die werk wat hy teen Tirus gedoen het, sal ek hom Egipte gee, want hulle het vir my opgetree,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
21 “Op daardie dag sal ek ’n horing vir die huis van Israel laat uitspruit,*+ en ek sal jou ’n geleentheid gee om met hulle te praat, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”
30 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, profeteer en sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Huil en sê: ‘Ag, die dag kom!’
3 Want die dag is naby, ja, ’n dag van Jehovah is naby.+
Dit sal ’n dag van wolke wees,+ ’n vasgestelde tyd van die nasies.+
4 ’n Swaard sal teen Egipte kom, en Etiopië sal paniekbevange wees wanneer die mense in Egipte doodgemaak word.
Haar rykdom is gevat en haar fondamente is afgebreek.+
5 Etiopië,+ Put,+ Lud en al die mense van die ander nasies*
en Kub, saam met die kinders van die land van die verbond,*
sal almal met die swaard doodgemaak word.”’
6 Dít is wat Jehovah sê:
‘Die ondersteuners van Egipte sal ook val,
en haar trots en sterkte sal afgebring word.’+
“‘Van Migdol+ af tot by Siëne+ sal hulle in die land met die swaard doodgemaak word,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 7 ‘Hulle sal die mees verlate van al die lande gemaak word, en haar stede sal die mees verwoeste stede wees.+ 8 En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek Egipte aan die brand steek en wanneer al haar helpers vernietig word. 9 Op daardie dag sal ek boodskappers in skepe stuur om die selfversekerde Etiopië te laat bewe. Hulle sal paniekbevange wees op die dag wat oor Egipte kom, want dit sal beslis kom.’
10 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek sal ’n einde maak aan die skares van Egipte deur die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon.+ 11 Hy en sy soldate, die wreedste manne van die nasies,+ sal ingebring word om die land te vernietig. Hulle sal hulle swaarde teen Egipte uittrek en die land vol lyke maak.+ 12 Ek sal die kanale van die Nyl+ droë grond maak en die land aan slegte mense verkoop. Ek sal die land en alles daarin verlate maak deur die hand van uitlanders.+ Ek, Jehovah, het dit gesê.’
13 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek sal ook die walglike afgode* vernietig en ’n einde maak aan die waardelose gode van Nof.*+ Daar sal nie meer ’n leier* uit Egipte wees nie, en ek sal Egipte met vrees vul.+ 14 Ek sal Patros+ verwoes en Soan aan die brand steek en die mense in No* oordeel en straf.+ 15 Ek sal met woede teen Sin optree, die vesting van Egipte, en die bevolking van No uitroei. 16 Ek sal Egipte aan die brand steek, en Sin sal deur vrees oorval word, en No sal oopgebreek word, en Nof* sal helder oordag aangeval word! 17 Die jong manne van On* en Pibeʹset sal met die swaard doodgemaak word, en die inwoners van die stede sal gevange geneem word. 18 In Tehafʹnehes sal die dag donker word wanneer ek die jukke van Egipte daar breek.+ Haar trots en krag sal tot ’n einde kom,+ wolke sal haar bedek, en die inwoners van haar dorpe sal gevange geneem word.+ 19 Ek sal Egipte oordeel en straf, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
20 In die 11de jaar, in die eerste maand, op die sewende dag van die maand, het Jehovah vir my gesê: 21 “Mensekind, ek het die arm van Farao, die koning van Egipte, gebreek. Dit sal nie met ’n verband toegedraai word sodat dit gesond kan word of sterk genoeg kan word om die swaard vas te hou nie.”
22 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek is teen Farao, die koning van Egipte,+ en ek sal sy arms breek, die sterk arm en die gebreekte arm,+ en ek sal die swaard uit sy hand laat val.+ 23 Dan sal ek die Egiptenare onder die nasies verstrooi en hulle in die lande versprei.+ 24 Ek sal die arms* van die koning van Babilon versterk+ en my swaard in sy hand sit,+ en ek sal die arms van Farao breek, en hy sal hard kreun soos ’n man wat besig is om voor hom* dood te gaan. 25 Ek sal die arms van die koning van Babilon versterk, maar die arms van Farao sal slap hang. Hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek my swaard in die hand van die koning van Babilon sit en hy dit teen Egipte gebruik.+ 26 En ek sal die Egiptenare onder die nasies verstrooi en hulle in die lande versprei,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
31 In die 11de jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, sê vir Farao, die koning van Egipte, en die skares saam met hom:+
‘Soos wie is jy in jou grootheid?
3 Daar was ’n Assiriër, ’n sederboom op die Liʹbanon-berge,
met pragtige takke en digte blare wat skaduwee gee, ’n hoë boom.
Die top daarvan was tussen die wolke.
4 Die waters het dit groot laat groei, en die diep waterfonteine het dit hoog laat groei.
Daar was strome al om die plek waar dit geplant is.
Die kanale het al die bome van die veld van water voorsien.
5 Daarom het dit hoër as al die ander bome van die veld gegroei.
Die takke het meer geword en het lank geword
as gevolg van die oorvloedige water in die strome.
6 Al die voëls van die hemel het in die takke nes gemaak.
Al die wilde diere van die veld het onder die takke geboorte gegee,
en al die groot nasies het in die skaduwee gewoon.
7 Dit het pragtig geword en lang takke gekry,
want sy wortels het tot in oorvloedige waters gegaan.
8 Geen ander sederboom in die tuin van God+ kon daarmee vergelyk word nie.
Geen jenewerboom het sulke takke gehad nie,
en geen plataanboom het sulke takke gehad nie.
Geen ander boom in die tuin van God was so mooi nie.
9 Ek het dit mooi gemaak, met baie blare,
en al die ander bome van Eden, die tuin van die ware God, was jaloers daarop.’
10 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Omdat hy* hoog geword het en hy sy top tot tussen die wolke opgelig het en sy hart hoogmoedig geword het omdat hy so hoog was, 11 sal ek hom in die hand van die magtige heerser van die nasies gee.+ Hy sal beslis teen hom optree, en ek sal hom verwerp as gevolg van sy goddeloosheid. 12 En uitlanders, die wreedste manne van die nasies, sal hom afkap, en hulle sal hom op die berge laat lê, en sy blare sal in al die valleie val, en sy takke sal gebreek in al die strome van die land lê.+ Al die volke van die aarde sal uit sy skaduwee weggaan en hom daar laat lê. 13 Al die voëls van die hemel sal woon op sy stam wat omgeval het, en al die wilde diere van die veld op sy takke.+ 14 Dit is sodat nie een van die bome naby die waters so hoog sal word of sy top tot tussen die wolke sal oplig nie, en sodat geen boom wat baie water kry, so hoog sal word nie. Want hulle sal almal aan die dood oorgegee word, aan die land daar onder, saam met die mensekinders, dié wat in die graf afgaan.’
15 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Op die dag dat hy in die Graf* afgaan, sal ek ’n getreur veroorsaak. Daarom sal ek die diep waters bedek en sy strome terughou sodat daar nie meer oorvloedige waters sal wees nie. Ek sal die Liʹbanon-berge laat donker word as gevolg daarvan, en al die bome van die veld sal uitdroog. 16 Die geluid van sy ondergang sal nasies laat bewe wanneer ek hom in die Graf* laat afgaan saam met dié wat in die put* afgaan, en al die bome van Eden,+ die mooistes en die bestes van die Liʹbanon-berge, almal wat baie water kry, sal in die land daar onder vertroos word. 17 Hulle het saam met hom in die Graf* afgegaan, na dié wat met die swaard doodgemaak is,+ saam met sy ondersteuners* wat onder die nasies in sy skaduwee gewoon het.’+
18 “‘Watter boom van Eden was so indrukwekkend en groot soos jy?+ Maar jy sal beslis saam met die bome van Eden na die land daar onder afgebring word. Jy sal lê tussen dié wat nie besny is nie, saam met dié wat met die swaard doodgemaak is. Dit sal met Farao en al sy skares gebeur,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
32 En in die 12de jaar, in die 12de maand, op die eerste dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, sing ’n treurlied oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom:
‘Jy was soos ’n sterk jong leeu* van die nasies,
maar jy is stilgemaak.
Jy was soos ’n seemonster+ wat in jou riviere te kere gaan,
wat die waters modderig maak met jou pote en die* riviere laat vuil word.’
3 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
‘Ek sal my vangnet oor jou uitsprei deur middel van ’n groot groep nasies,
en hulle sal jou in my sleepnet optrek.
4 Ek sal jou op die land laat lê,
en ek sal jou op die oop veld neergooi.
Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat woon,
en ek sal die wilde diere van die hele aarde met jou versadig.+
6 Die bloed wat ek uit jou sal laat uitstroom, sal oral in die land wees, tot op die berge,
en dit sal die strome vol maak.’*
7 ‘Wanneer jy geblus word, sal ek die hemel bedek en die sterre laat donker word.
Ek sal die son met wolke bedek,
en die maan sal nie sy lig laat skyn nie.+
8 Ek sal die ligte wat in die hemel skyn, laat donker word as gevolg van jou,
en ek sal jou land met duisternis bedek,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
9 ‘Ek sal die harte van baie volke ontstel wanneer ek jou gevangenes na ander nasies lei,
na lande wat jy nie ken nie.+
10 Ek sal baie volke met ontsag vervul,
en hulle konings sal van skok bewe as gevolg van jou wanneer ek my swaard heen en weer voor hulle swaai.
Hulle sal bly bewe, en elkeen sal vir sy lewe vrees
op die dag van jou ondergang.’
11 Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
‘Die swaard van die koning van Babilon sal oor jou kom.+
12 Ek sal jou leërmag laat val deur die swaarde van sterk vegters,
die wreedste manne van die nasies, hulle almal.+
Hulle sal die trots van Egipte tot ’n val bring, en haar hele leërmag sal vernietig word.+
13 Ek sal al haar vee langs haar oorvloedige waters vernietig,+
en geen voet van ’n mens of hoef van ’n dier sal dit weer modderig maak nie.’+
14 ‘In daardie tyd sal ek hulle waters helder laat word,
en ek sal hulle riviere soos olie laat vloei,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
15 ‘Wanneer ek Egipte ’n verwoeste plek maak, ’n land wat leeggemaak is van alles wat daarin was,+
wanneer ek al die inwoners daarin doodmaak,
sal hulle moet weet dat ek Jehovah is.+
16 Dit is ’n treurlied, en mense sal dit beslis sing.
Die dogters van die nasies sal dit sing.
Hulle sal dit oor Egipte en oor haar hele leërmag sing,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
17 Toe, in die 12de jaar, op die 15de dag van die maand, het Jehovah met my gepraat en gesê: 18 “Mensekind, huil oor die leërmag van Egipte en laat haar afgaan na die land daar onder, sy en die dogters van magtige nasies, saam met dié wat in die graf afgaan.
19 “‘Dink jy dat jy mooier is as ander? Gaan af en lê by dié wat nie besny is nie!’
20 “‘Hulle sal val tussen dié wat met die swaard doodgemaak is.+ Sy is oorgelewer aan ’n swaard. Sleep haar en haar hele leërmag weg.
21 “‘Uit die dieptes van die Graf* sal die sterkste vegters met hom en sy helpers praat. Hulle sal beslis afgaan en lê net soos dié wat nie besny is nie, wat met die swaard doodgemaak is. 22 Assiʹrië is daar met haar hele leërmag. Hulle grafte is rondom hom, almal wat met die swaard doodgemaak is.+ 23 Haar grafte is in die dieptes van die put,* en haar leërmag is rondom haar graf. Hulle is almal met die swaard doodgemaak omdat hulle vrees veroorsaak het in die land van die lewendes.
24 “‘Elam+ is daar met haar hele leërmag rondom haar graf, almal wat met die swaard doodgemaak is. Hulle het afgegaan na die land daar onder en was nie besny nie, dié wat die land van die lewendes vol vrees gemaak het. Nou sal hulle hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan. 25 Hulle het vir haar ’n bed gemaak onder dié wat doodgemaak is, saam met haar hele leërmag wat rondom haar grafte is. Nie een van hulle is besny nie, en hulle is almal met die swaard doodgemaak, want hulle het vrees veroorsaak in die land van die lewendes, en hulle sal hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan. Hy is neergelê tussen dié wat doodgemaak is.
26 “‘Meseg en Tubal+ is daar met hulle* hele leërmag. Hulle grafte is rondom hom. Nie een van hulle is besny nie, en hulle is almal met die swaard deurboor, want hulle het vrees veroorsaak in die land van die lewendes. 27 Sal hulle nie by sterk vegters lê wat nie besny is nie, wat doodgemaak is en wat met hulle oorlogswapens na die Graf* afgegaan het nie? En hulle sal hulle swaarde onder hulle koppe sit* en hulle sondes op hulle beendere omdat hierdie sterk manne die land van die lewendes vol vrees gemaak het. 28 Maar jy sal stukkend gebreek word onder dié wat nie besny is nie, en jy sal by dié lê wat met die swaard doodgemaak is.
29 “‘Edom+ is daar, haar konings en al haar hoofmanne, wat ten spyte van hulle krag neergelê is tussen dié wat met die swaard doodgemaak is. Hulle sal ook by dié lê wat nie besny is nie+ en by dié wat in die graf afgaan.
30 “‘Al die leiers van die noorde is daar, saam met al die Sidoniërs.+ Hulle het in skande afgegaan saam met dié wat doodgemaak is, ten spyte van die vrees wat hulle deur hulle krag veroorsaak het. Hulle, dié wat nie besny is nie, sal by dié lê wat met die swaard doodgemaak is en sal hulle skande dra saam met dié wat in die graf afgaan.
31 “‘Farao sal hulle almal sien, en hy sal vertroos wees wanneer hy sien wat met sy leërmag gebeur het.+ Farao en sy hele leërmag sal met die swaard doodgemaak word,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
32 “‘Omdat hy vrees in die land van die lewendes veroorsaak het, sal Farao en sy hele leërmag neergelê word by dié wat nie besny is nie, by dié wat met die swaard doodgemaak is,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
33 Jehovah het met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, praat met die kinders van jou volk+ en sê vir hulle:
“‘Sê nou ek bring ’n swaard oor ’n land+ en al die mense van daardie land neem ’n man en stel hom as hulle wag aan 3 en hy sien dat die swaard oor die land kom en hy blaas op die horing en waarsku die volk.+ 4 As iemand die geluid van die horing hoor maar nie op die waarskuwing reageer nie+ en ’n swaard kom en sy lewe neem,* dan sal hy verantwoordelik wees vir sy eie dood.*+ 5 Hy het die geluid van die horing gehoor, maar hy het nie op die waarskuwing gereageer nie. Hy sal verantwoordelik wees vir sy eie dood.* As hy op die waarskuwing gereageer het, sou dit sy lewe gered het.
6 “‘Maar as die wag die swaard sien kom en nie op die horing blaas nie+ en die volk geen waarskuwing kry nie en ’n swaard kom en die lewe van een van hulle neem, dan sal hierdie persoon vir sy eie sonde sterf, maar ek sal die wag verantwoordelik hou vir sy dood.’*+
7 “Mensekind, ek het jou as ’n wag vir die huis van Israel aangestel, en wanneer jy ’n woord uit my mond hoor, moet jy hulle namens my waarsku.+ 8 Wanneer ek vir iemand wat goddeloos is, sê: ‘Jou goddelose mens, jy sal beslis sterf!’+ maar jy niks sê om die goddelose te waarsku dat hy sy lewe moet verander nie, dan sal hy as ’n goddelose mens vir sy eie sonde sterf,+ maar ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.* 9 Maar as jy iemand wat goddeloos is, waarsku om weg te draai van sy verkeerde dade en hy weier om sy lewe te verander, dan sal hy vir sy sonde sterf,+ maar jy sal beslis jou lewe red.+
10 “Mensekind, sê vir die huis van Israel: ‘Julle het gesê: “Ons opstandige dade en ons sondes lê swaar op ons en laat ons wegteer+ – hoe sal ons bly lewe?”’+ 11 Sê vir hulle: ‘“So waar as wat ek lewe,” sê die Soewereine Heer Jehovah, “dit is nie die dood van die goddeloses wat my vreugde gee nie.+ Dit is eerder wanneer iemand wat goddeloos is, van sy verkeerde dade+ wegdraai en bly lewe.+ Draai weg, draai weg van julle slegte dade,+ want waarom moet julle sterf, huis van Israel?”’+
12 “Mensekind, sê vir die kinders van jou volk: ‘Die regverdigheid van die regverdige sal hom nie red as hy in opstand kom nie,+ en die goddeloosheid van die goddelose sal ook nie vir hom ’n struikelblok wees wanneer hy van sy goddeloosheid wegdraai nie.+ En niemand wat regverdig is, sal kan bly lewe as gevolg van sy regverdigheid in die dag dat hy sondig nie.+ 13 Wanneer ek vir iemand wat regverdig is, sê: “Jy sal beslis bly lewe,” en hy op sy regverdigheid vertrou en doen wat verkeerd* is,+ sal nie een van sy regverdige dade onthou word nie, maar hy sal sterf vir die verkeerde dade wat hy gedoen het.+
14 “‘En wanneer ek vir die goddelose sê: “Jy sal beslis sterf,” en hy van sy sonde wegdraai en doen wat reg en regverdig is,+ 15 en hy teruggee wat iemand as waarborg vir sy skuld gegee het+ en terugbetaal wat geroof is+ en gehoorsaam is aan die wetsbepalings van die lewe deur nie te doen wat verkeerd is nie, sal hy beslis bly lewe.+ Hy sal nie sterf nie. 16 Nie een van die sondes wat hy gepleeg het, sal teen hom gehou* word nie.+ Hy sal beslis bly lewe omdat hy gedoen het wat reg en regverdig is.’+
17 “Maar jou volk het gesê: ‘Jehovah tree nie regverdig op nie,’ maar dit is eintlik hulle wat nie regverdig optree nie.
18 “Wanneer iemand wat regverdig is, ophou doen wat regverdig is en doen wat verkeerd is, moet hy daarvoor sterf.+ 19 Maar wanneer iemand wat goddeloos is, ophou doen wat sleg is en doen wat reg en regverdig is, sal hy as gevolg daarvan bly lewe.+
20 “Maar julle het gesê: ‘Jehovah tree nie regverdig op nie.’+ Ek sal elkeen van julle volgens sy dade oordeel, huis van Israel.”
21 Uiteindelik, in die 12de jaar vandat ons in ballingskap gegaan het, in die tiende maand, op die vyfde dag van die maand, het ’n man wat uit Jerusalem ontsnap het, na my toe gekom+ en gesê: “Die stad het geval!”+
22 Die aand voordat die man wat ontsnap het, na my toe gekom het, het die hand van Jehovah op my gekom, en hy het my mond geopen voordat die man in die oggend na my toe gekom het. My mond is dus geopen, en ek was nie meer stom nie.+
23 Toe het Jehovah met my gepraat en gesê: 24 “Mensekind, die bewoners van hierdie verwoeste plekke+ sê van die land van Israel: ‘Abraham was net een man, en tog het hy die land in besit geneem.+ Maar ons is baie, en daarom is die land sekerlik as ’n besitting aan ons gegee.’
25 “Daarom moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Julle eet die kos met die bloed,+ en julle kyk op na julle walglike afgode,* en julle bly ander doodmaak.+ Hoekom moet julle dan die land besit? 26 Julle het op julle swaard staatgemaak.+ Julle maak julle skuldig aan afskuwelike gebruike, en elkeen van julle het die vrou van sy naaste onrein gemaak.+ Hoekom moet julle dan die land besit?”’+
27 “Dít is wat jy vir hulle moet sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “So waar as wat ek lewe, dié wat in die verwoeste plekke woon, sal met die swaard doodgemaak word, en ek sal dié wat in die oop veld is, as kos aan die wilde diere gee, en dié wat in die vestings en in die grotte is, sal as gevolg van siekte sterf.+ 28 Ek sal die land ’n plek maak wat heeltemal verwoes is,+ en sy hoogmoed en trots sal tot ’n einde gebring word, en die berge van Israel sal verwoes word,+ en niemand sal daar deurgaan nie. 29 En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek die land ’n plek maak wat heeltemal verwoes is+ as gevolg van al die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het.”’+
30 “Mensekind, jou volk praat met mekaar oor jou langs die mure en in die ingange van die huise.+ Hulle sê vir mekaar, elkeen vir sy broer: ‘Kom en laat ons hoor wat Jehovah sê.’ 31 Hulle sal instroom om voor jou te sit as my volk, en hulle sal hoor wat jy sê, maar hulle sal dit nie doen nie.+ Want hulle vlei jou met hulle monde, maar hulle harte jaag oneerlike wins na. 32 Kyk! Jy is vir hulle soos ’n romantiese liefdeslied, wat deur iemand met ’n pragtige stem gesing word en wat mooi op ’n snaarinstrument gespeel word. Hulle sal jou woorde hoor, maar niemand sal doen wat jy sê nie. 33 En wanneer dit waar word – en dit sal waar word – dan sal hulle moet weet dat daar ’n profeet by hulle was.”+
34 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, profeteer teen die herders van Israel. Profeteer, en sê vir die herders: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Dit sal sleg gaan met die herders van Israel,+ wat net vir hulleself sorg!* Behoort die herders nie vir die kudde te sorg nie?+ 3 Julle eet die vet en maak vir julle klere met die wol. Julle slag die vetste dier,+ maar julle sorg nie vir die kudde nie.+ 4 Julle het nie die swakkes versterk of die siekes gesond gemaak nie. Julle het nie die een verbind wat beseer is of die een teruggebring wat weggedwaal het of na die een gesoek wat verlore is nie.+ Julle het hulle eerder hard en wreed behandel.+ 5 Hulle is dus verstrooi omdat daar geen herder was nie.+ Hulle is verstrooi en het kos geword vir al die wilde diere van die veld. 6 My skape het op al die berge en op elke hoë heuwel rondgedwaal. My skape is oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi, en niemand het na hulle gesoek of hulle probeer vind nie.
7 “‘“Daarom, herders, hoor die woord van Jehovah: 8 ‘“So waar as wat ek lewe,” sê die Soewereine Heer Jehovah, “my skape het prooi geword en kos vir al die wilde diere van die veld, want daar was geen herder nie, en my herders het nie na my skape gesoek nie. Hulle het eerder net vir hulleself gesorg en nie vir my skape nie.”’ 9 Daarom, herders, hoor die woord van Jehovah. 10 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek is teen die herders, en ek sal hulle verantwoordelik hou vir my skape,* en ek sal hulle nie meer toelaat om vir my skape te sorg nie,+ en die herders sal nie meer net vir hulleself sorg nie. Ek sal my skape uit hulle mond red, en hulle sal nie meer vir hulle kos wees nie.’”
11 “‘Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hier is ek, en ek sal self na my skape soek, en ek sal vir hulle sorg.+ 12 Ek sal vir my skape sorg soos ’n herder wat sy verdwaalde skape gevind het en vir hulle sorg.+ Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle op die dag van digte, donker wolke verstrooi is.+ 13 Ek sal hulle uit die volke uitlei en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land inbring en vir hulle sorg op die berge van Israel,+ by die strome en by al die woonplekke van die land. 14 Op ’n goeie weiveld sal ek vir hulle sorg, en hulle sal op Israel se hoë berge wei.+ Hulle sal daar in ’n goeie weiplek gaan lê,+ en hulle sal op die beste weivelde op die berge van Israel wei.”
15 “‘“Ek sal my skape laat wei,+ en ek sal hulle laat lê en rus,”+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 16 “Die een wat verlore is, sal ek soek+ en die een wat weggedwaal het, sal ek terugbring en die een wat beseer is, sal ek verbind en die sieke sal ek versterk, maar die vette en die sterke sal ek vernietig. My oordele sal sy voedsel wees.”
17 “‘My skape, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir julle sê: “Ek gaan oordeel tussen een skaap en ’n ander skaap, tussen die skaapramme en die bokramme.+ 18 Is dit nie genoeg dat julle op die allerbeste weivelde wei nie? Moet julle ook nog die res van julle weivelde met julle pote vertrap? En nadat julle die helderste water gedrink het, moet julle die water met die gestamp van julle pote laat vuil word? 19 Moet my skape nou op die weiveld wei wat julle met julle pote vertrap het en die water drink wat julle met die gestamp van julle pote laat vuil word het?”
20 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah vir hulle: “Hier is ek, en ek sal beslis tussen ’n vet skaap en ’n maer skaap oordeel, 21 omdat julle al die siekes bly wegdruk het met julle sy en met julle skouer en hulle bly stoot het met julle horings totdat julle hulle oral verstrooi het. 22 En ek sal my skape red, en hulle sal nie meer prooi word nie,+ en ek sal tussen ’n skaap en ’n skaap oordeel. 23 Ek sal een herder oor hulle aanstel,+ my kneg Dawid,+ en hy sal vir hulle sorg. Hy sal vir hulle sorg en hulle herder word.+ 24 En ek, Jehovah, sal hulle God word,+ en my kneg Dawid ’n hoofman onder hulle.+ Ek, Jehovah, het gepraat.
25 “‘“En ek sal ’n vredesverbond met hulle maak,+ en ek sal die gevaarlike wilde diere uit die land laat verdwyn,+ sodat hulle veilig in die wildernis kan woon en in die woude kan slaap.+ 26 Ek sal hulle en die omgewing om my heuwel ’n seën maak,+ en ek sal die reën op die regte tyd laat val. Daar sal soveel seëninge soos die reën wees.+ 27 Die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrengs gee,+ en hulle sal veilig in die land woon. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek hulle jukke breek+ en hulle red van dié wat hulle slawe gemaak het. 28 Hulle sal nie meer vir die nasies prooi word nie, en die wilde diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, en hulle sal in veiligheid woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+
29 “‘“Ek sal vir hulle ’n plantasie gee wat beroemd sal wees, en hulle sal nie meer deur hongersnood in die land sterf nie,+ en hulle sal nie meer deur die nasies verneder word nie.+ 30 ‘Dan sal hulle moet weet dat ek, Jehovah hulle God, met hulle is en dat hulle, die huis van Israel, my volk is,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’
31 “‘En julle, my skape,+ die skape vir wie ek sorg, julle is maar net mense, en ek is julle God,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
35 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na die bergstreek Seïr+ en profeteer teen hom.+ 3 Sê vir hom: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek is teen jou, bergstreek Seïr, en ek sal my hand teen jou uitsteek en jou ’n verlate plek maak.+ 4 Ek sal jou stede verwoeste plekke maak, en jy sal ’n verlate plek word,+ en jy sal moet weet dat ek Jehovah is. 5 Jy was altyd net vyandig,+ en jy het die Israeliete aan die swaard oorgelewer in die tyd van hulle rampspoed, in die tyd van hulle laaste straf.”’+
6 “‘Daarom, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal jou vir bloedskuld gereedmaak, en die dood* sal jou agtervolg.+ Omdat jy bloed gehaat het, sal die dood jou agtervolg.+ 7 Ek sal die bergstreek Seïr ’n verlate plek maak,+ en ek sal enigeen uit hom uitroei wat daardeur gaan en enigeen wat terugkeer. 8 Ek sal jou berge vul met dié wat doodgemaak is, en die wat met die swaard doodgemaak is, sal op jou heuwels, in jou valleie en in al jou strome val. 9 Ek sal jou ’n plek maak wat vir ewig verlate is, en jou stede sal nie bewoon word nie,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’
10 “Jy het gesê: ‘Hierdie twee nasies en hierdie twee lande sal myne word, en ons sal albei in besit neem,’+ al was Jehovah daar. 11 ‘Daarom, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘ek sal ook teen jou optree volgens dieselfde woede en jaloesie wat jy getoon het in jou haat teenoor hulle,+ en ek sal my onder hulle bekend maak wanneer ek jou oordeel. 12 Jy sal dan moet weet dat ek, Jehovah, al die beledigende dinge gehoor het wat jy van die berge van Israel gesê het toe jy gesê het: “Hulle is verwoes en aan ons gegee om te verslind.”* 13 En julle het met trots teen my gepraat en baie woorde teen my gesê.+ Ek het dit alles gehoor.’
14 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Die hele aarde sal bly wees wanneer ek jou ’n verlate plek maak. 15 Net soos jy bly was toe die erfdeel van die huis van Israel verwoes is, so sal ek met jou maak.+ Jy sal ’n verlate plek word, o bergstreek Seïr, ja, die hele Edom,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
36 “En jy, mensekind, profeteer oor die berge van Israel en sê: ‘Berge van Israel, hoor die woord van Jehovah. 2 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die vyand het teen julle gesê: ‘Aha! Selfs die offerhoogtes van die ou tyd het ons besitting geword!’”’+
3 “Profeteer dus en sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hulle het julle verwoes en van alle kante af aangeval, en julle het ’n besitting van die oorlewendes* van die nasies geword, en mense het heeltyd oor julle gepraat en lasterlike dinge teen julle gesê.+ 4 Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah! Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê vir die berge en die heuwels, vir die strome en die valleie, vir die plekke wat verwoes is+ en vir die verlate stede wat deur die oorlewendes van die omliggende nasies beroof en bespot is.+ 5 Die Soewereine Heer Jehovah sê vir hulle: ‘Ek sal in my brandende ywer+ praat teen die oorlewendes van die nasies en teen die hele Edom, dié wat my land met groot blydskap en gespot+ in besit geneem het om dit te beroof en die weivelde oor te neem.’”’+
6 “Profeteer dus oor die land van Israel, en sê vir die berge en die heuwels, die strome en die valleie: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal in my ywer en in my woede praat omdat julle deur die nasies verneder is.”’+
7 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek lig my hand op in ’n eed dat die nasies wat rondom julle is, self verneder sal word.+ 8 Maar julle, berge van Israel, sal takke voortbring en julle vrugte vir my volk Israel dra,+ want hulle sal binnekort terugkeer. 9 Want ek is met julle, en ek sal na julle kyk, en julle sal bewerk word en met saad besaai word. 10 Ek sal julle vermeerder – die hele huis van Israel, julle almal – en die stede sal bewoon word,+ en die verwoeste plekke sal herbou word.+ 11 Ja, ek sal julle en julle diere vermeerder,+ en hulle sal meer word en vrugbaar word. Ek sal sorg dat julle bewoon word soos voorheen+ en dat dit met julle beter gaan as in die verlede,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 12 Ek sal sorg dat mense – my volk Israel – op julle loop, en hulle sal julle in besit neem.+ Julle sal hulle erfdeel word, en julle sal hulle nooit weer kinderloos maak nie.’”+
13 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Hulle sê vir julle: “Julle is ’n land wat mense verslind en wat julle nasies van kinders beroof.”’ 14 ‘Daarom sal julle nie meer mense verslind of julle nasies kinderloos maak nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 15 ‘Ek sal nie meer toelaat dat die nasies jou beledig of dat jy die gespot van volke moet verdra nie,+ en jy sal nie meer ’n struikelblok vir jou nasies wees nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
16 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 17 “Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit onrein gemaak deur hulle gedrag en hulle dade.+ Hulle gedrag was so onrein vir my soos ’n vrou wat menstrueer.+ 18 Ek het dus met woede teen hulle opgetree weens die bloed wat hulle in die land uitgestort het+ en omdat hulle die land met hulle walglike afgode* onrein gemaak het.+ 19 Ek het hulle dus onder die nasies verstrooi en hulle onder die lande versprei.+ Ek het hulle geoordeel volgens hulle gedrag en hulle dade. 20 Maar toe hulle by daardie nasies gekom het, het mense my heilige naam+ ontheilig deur van hulle te sê: ‘Dit is die volk van Jehovah, maar hulle moes sy land verlaat.’ 21 Ek sal dus wys dat ek besorg is oor my heilige naam, wat deur die huis van Israel ontheilig is onder die nasies waarheen hulle gegaan het.”+
22 “Sê dus vir die huis van Israel: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek doen dit nie ter wille van julle nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige naam, wat julle ontheilig het onder die nasies waarheen julle gegaan het.”’+ 23 ‘Ek sal beslis my groot naam heilig,+ wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het, en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘wanneer ek voor hulle oë onder julle geheilig word. 24 Ek sal julle uit die nasies neem en julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land neem.+ 25 Ek sal rein water op julle sprinkel, en julle sal rein word.+ Ek sal julle reinig van al julle onreinhede+ en van al julle walglike afgode.+ 26 Ek sal julle ’n nuwe hart gee+ en ’n nuwe gees in julle sit.+ Ek sal die hart van klip+ uit julle liggaam verwyder en julle ’n hart van vlees* gee. 27 Ek sal my gees in julle sit en sorg dat julle my wetsvoorskrifte volg en my regterlike bevele gehoorsaam.+ 28 Dan sal julle in die land woon wat ek aan julle voorvaders gegee het, en julle sal my volk wees, en ek sal julle God wees.’+
29 “‘Ek sal julle van al julle onreinheid red en die graan beveel om oorvloedig te word, en ek sal nie hongersnood oor julle bring nie.+ 30 Ek sal die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld oorvloedig maak sodat julle nooit weer die skande van hongersnood onder die nasies hoef te verduur nie.+ 31 Dan sal julle dink aan julle slegte gedrag en julle dade wat nie goed was nie, en julle sal skaam kry as gevolg van julle skuld en julle afskuwelike gebruike.+ 32 Maar weet dít: Ek doen dit nie ter wille van julle nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Julle moet julle eerder skaam en verneder voel as gevolg van julle gedrag, huis van Israel.’
33 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Op die dag dat ek julle van al julle sondes reinig, sal ek die stede bewoon laat word+ en die verwoeste plekke herbou laat word.+ 34 Die verwoeste land wat verlate was en gesien kon word deur almal wat verbygegaan het, sal bewerk word. 35 En mense sal sê: “Die verwoeste land het soos die tuin van Eden+ geword, en die stede wat verwoes was en wat verlate en afgebreek was, is nou versterk en word bewoon.”+ 36 En die nasies wat rondom julle oorbly, sal moet weet dat ek, Jehovah, opgebou het wat afgebreek was, en dat ek bome geplant het in die land wat verwoes was. Ek, Jehovah, het gepraat, en ek het dit gedoen.’+
37 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek sal ook toelaat dat die huis van Israel my vra om hulle soos ’n kudde te vermeerder. 38 Soos die kudde heilige mense, soos die kudde van Jerusalem* gedurende die feeste,+ so sal die stede wat verwoes was, vol word van kuddes mense,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”
37 Die hand van Jehovah was op my, en Jehovah het my deur sy gees geneem en my in die middel van die valleivlakte neergesit,+ en dit was vol beendere. 2 Hy het my oral tussen hulle laat rondloop, en ek het ’n groot aantal beendere op die valleivlakte sien lê, en hulle was baie droog.+ 3 Hy het vir my gevra: “Mensekind, kan hierdie beendere lewend word?” Ek het geantwoord: “Soewereine Heer Jehovah, u is die een wat weet.”+ 4 Toe het hy vir my gesê: “Profeteer oor hierdie beendere, en sê vir hulle: ‘Droë beendere, hoor die woord van Jehovah:
5 “‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir hierdie beendere sê: “Ek sal asem in julle laat ingaan, en julle sal lewend word.+ 6 Ek sal senings en vlees aan julle sit, en ek sal julle met vel bedek en asem in julle sit, en julle sal lewend word, en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”
7 Toe het ek geprofeteer net soos ek beveel is. Net nadat ek geprofeteer het, was daar ’n geluid, ’n geratel, en die beendere het begin bymekaarkom, been na been. 8 Ek het toe gesien dat senings en vlees op hulle kom, en vel het hulle bedek. Maar daar was nog nie asem in hulle nie.
9 Toe het hy vir my gesê: “Profeteer vir die wind. Profeteer, mensekind, en sê vir die wind: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Kom uit die vier windrigtings, o wind,* en waai op hierdie mense wat doodgemaak is, sodat hulle lewend kan word.”’”
10 Ek het dus geprofeteer net soos hy my beveel het, en asem* het in hulle ingegaan, en hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan,+ ’n baie, baie groot leërmag.
11 En hy het vir my gesê: “Mensekind, hierdie beendere is die hele huis van Israel.+ Hulle sê: ‘Ons het almal uitgedroogde beendere geword, en ons hoop het verdwyn.+ Ons is heeltemal afgesny.’ 12 Profeteer dus en sê vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “My volk, ek sal julle grafte oopmaak+ en julle uit julle grafte laat kom en julle na die land van Israel bring.+ 13 En julle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek julle grafte oopmaak en wanneer ek julle uit julle grafte laat kom, o my volk.”’+ 14 ‘Ek sal my gees in julle plaas, en julle sal lewend word,+ en ek sal julle in julle land vestig. En julle sal moet weet dat ek, Jehovah, gepraat het en dit gedoen het,’ sê Jehovah.”
15 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 16 “Mensekind, neem ’n stok en skryf daarop: ‘Vir Juda en vir die Israeliete wat by hom is.’+ En neem ’n ander stok en skryf daarop: ‘Vir Josef, die stok van Eʹfraim, en al die Israeliete wat by hom is.’+ 17 Bring hulle dan naby mekaar sodat hulle net een stok in jou hand word.+ 18 Wanneer jou volk vir jou vra: ‘Gaan jy nie vir ons sê wat hierdie dinge beteken nie?’ 19 moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal die stok van Josef neem, wat in die hand van Eʹfraim is, en die stamme van Israel wat by hom is, en ek sal hulle by die stok van Juda voeg, en ek sal hulle een stok maak,+ en hulle sal een in my hand word.”’ 20 Die stokke waarop jy skryf, moet in jou hand wees sodat hulle dit kan sien.
21 “Sê dan vir hulle: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal die Israeliete uit die nasies bring waarheen hulle gegaan het, en ek sal hulle uit alle rigtings bymekaarmaak en hulle na hulle land bring.+ 22 Ek sal hulle een nasie in die land maak,+ op die berge van Israel, en een koning sal oor hulle almal regeer,+ en hulle sal nie meer twee nasies wees of in twee koninkryke verdeel wees nie.+ 23 Hulle sal hulle nie meer onrein maak met hulle walglike afgode* en hulle afskuwelike gebruike en met al hulle sondes nie.+ Ek sal hulle red uit al hulle ontrouheid waardeur hulle gesondig het, en ek sal hulle reinig. Hulle sal my volk wees, en ek sal hulle God wees.+
24 “‘“My kneg Dawid sal hulle koning wees,+ en hulle sal almal een herder hê.+ Hulle sal my regterlike bevele volg en my wetsbepalings gehoorsaam.+ 25 Hulle sal woon in die land wat ek aan my kneg, aan Jakob, gegee het, waar julle voorvaders gewoon het.+ Hulle sal vir ewig daarin woon,+ hulle en hulle kinders en hulle kinders se kinders,+ en my kneg Dawid sal vir ewig hulle hoofman* wees.+
26 “‘“Ek sal ’n vredesverbond met hulle maak,+ en dit sal ’n ewige verbond met hulle wees. Ek sal hulle vestig en hulle vermeerder+ en my heiligdom vir ewig onder hulle plaas. 27 My tent* sal by* hulle wees, en ek sal hulle God wees, en hulle sal my volk wees.+ 28 En die nasies sal moet weet dat ek, Jehovah, Israel heilig wanneer my heiligdom vir ewig onder hulle is.”’”+
38 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, draai jou gesig na Gog van die land Magog,+ die belangrikste hoofman* van Meseg en Tubal,+ en profeteer teen hom.+ 3 Sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek is teen jou, o Gog, belangrikste hoofman* van Meseg en Tubal. 4 Ek sal jou laat omdraai en hake in jou kakebene sit+ en jou uitbring met jou hele leërmag,+ perde en perderuiters, almal met pragtige klere aan, ’n baie groot groep met groot skilde en klein skilde,* almal met ’n swaard in die hand. 5 Persië, Etiopië en Put+ is by hulle, almal met klein skilde en helms. 6 Gomer en al sy soldate, die huis van Togarʹma,+ uit die mees afgeleë dele van die noorde, saam met al sy soldate – baie volke is by jou.+
7 “‘“Wees gereed en berei julle voor, jy en jou leërmagte wat by jou bymekaargekom het, en jy sal hulle bevelvoerder* wees.
8 “‘“Ná baie dae sal daar aandag aan jou geskenk word.* Aan die einde van die jare sal jy die land binneval van die mense wat van die verwoestende swaard herstel het en wat uit baie volke op die berge van Israel bymekaargemaak is, ’n land wat lank verwoes gelê het. Die inwoners van hierdie land is herstel uit die volke, en hulle almal woon in veiligheid.+ 9 Jy sal soos ’n storm teen hulle kom, en jy sal die land soos wolke bedek, jy en al jou soldate en baie volke saam met jou.”’
10 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Op daardie dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal ’n goddelose plan uitdink. 11 Jy sal sê: “Ek sal die land van onbeskermde dorpies* binneval.+ Ek sal kom teen dié wat in veiligheid woon sonder dat enigiets hulle steur, almal wat woon in dorpies wat nie deur mure, grendels of poorte beskerm word nie.” 12 Dit sal wees om hulle van hulle besittings te beroof, om die verwoeste plekke aan te val wat nou weer bewoon word,+ sowel as ’n volk wat uit die nasies bymekaargemaak is,+ wat rykdom en eiendom versamel,+ dié wat in die middel van die aarde woon.
13 “‘Skeba+ en Dedan,+ die handelaars van Tarsis+ en al sy vegters* sal vir jou vra: “Val jy hulle aan om hulle van hulle besittings te beroof? Het jy jou leërmagte bymekaargemaak om silwer en goud weg te dra, om rykdom en eiendom te neem, om baie besittings te vat?”’
14 “Profeteer dus, mensekind, en sê vir Gog: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die dag wanneer my volk Israel in veiligheid woon, sal jy dit beslis weet.+ 15 Jy sal uit jou plek kom, uit die mees afgeleë dele van die noorde,+ jy en baie volke saam met jou, wat almal op perde ry, ’n groot groep, ’n baie groot leërmag.+ 16 Soos wolke wat die land bedek, sal jy teen my volk Israel opkom. Ek sal jou aan die einde van die dae teen my land bring+ sodat die nasies my kan ken wanneer ek my voor hulle oë deur middel van jou heilig, o Gog.”’+
17 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vra: ‘Is dit nie jy van wie ek in die vroeëre dae gepraat het deur my knegte, die profete van Israel, wat jare lank geprofeteer het dat jy teen hulle gebring sou word nie?’
18 “‘Op daardie dag, die dag wanneer Gog die land van Israel binneval,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘sal my groot woede opvlam.+ 19 In my ywer, in die vuur van my woede, sal ek praat, en op daardie dag sal daar ’n groot aardbewing in die land van Israel wees. 20 As gevolg van my sal die visse van die see bewe, sowel as die voëls van die hemel, die wilde diere van die veld, al die reptiele wat op die grond kruip en al die mense op die aarde. Die berge sal neergegooi word+ en die kranse sal val, en elke muur sal op die grond neerval.’
21 “‘Ek sal deur my hele bergstreek ’n swaard teen hom oproep,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Elkeen se swaard sal teen sy eie broer wees.+ 22 Ek sal my oordeel teen hom bring met verskriklike siektes+ en met bloedskuld, en ek sal ’n stortreën en hael+ en vuur+ en swael+ laat reën op hom en sy soldate en die baie volke saam met hom.+ 23 En ek sal my beslis verheerlik en my heilig en my bekend maak voor die oë van baie nasies, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’
39 “En jy, mensekind, profeteer teen Gog+ en sê vir hom: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek is teen jou, Gog, belangrikste hoofman* van Meseg en Tubal.+ 2 Ek sal jou laat omdraai en jou lei en jou uit die mees afgeleë dele van die noorde+ laat kom en jou na die berge van Israel bring. 3 Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val. 4 Jy sal op die berge van Israel val,+ jy en al jou soldate en die volke wat saam met jou sal wees. Ek sal jou as voedsel gee aan allerhande soorte roofvoëls en die wilde diere van die veld.”’+
5 “‘Jy sal op die oop veld val,+ want ek het dit gesê,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
6 “‘En ek sal vuur stuur teen Magog en teen dié wat in veiligheid op die eilande woon,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is. 7 Ek sal my heilige naam onder my volk Israel bekend maak, en ek sal nie meer toelaat dat my heilige naam ontheilig word nie, en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,+ die Heilige in Israel.’+
8 “‘Ja, dit kom en dit sal gebeur,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Dit is die dag waarvan ek gepraat het. 9 Die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak met die wapens – die klein skilde* en groot skilde, die boë en die pyle, die oorlogsknuppels* en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank daarmee vuur maak.+ 10 Hulle sal nie hout uit die veld hoef te dra of vuurmaakhout uit die woude hoef bymekaar te maak nie, want hulle sal met die wapens vuur maak.’
“‘Hulle sal die besittings vat van dié wat hulle besittings afgevat het en dié wat hulle beroof het,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.
11 “‘Op daardie dag sal ek vir Gog+ ’n graf daar in Israel gee, in die vallei van dié wat oos van die see reis, en dié wat daardeur wil reis, sal nie meer daar kan verbygaan nie. Dit is waar hulle Gog en al sy skares sal begrawe, en hulle sal dit die Vallei van Hamon-Gog* noem.+ 12 Dit sal die huis van Israel sewe maande neem om hulle te begrawe, sodat hulle die land kan skoonmaak.+ 13 Die hele volk van die land sal moet help om hulle te begrawe, en dit sal vir hulle eer bring op die dag dat ek my verheerlik,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
14 “‘Manne sal aangestel word om heeltyd deur die land te gaan en die lyke te begrawe wat op die oppervlak van die aarde oorgebly het, sodat die land skoongemaak kan word. Hulle sal sewe maande lank bly soek. 15 Wanneer dié wat daar deurtrek, ’n mensebeen sien, moet hulle ’n teken langs dit oprig. Dan sal dié wat aangestel is om die lyke te begrawe, dit in die Vallei van Hamon-Gog begrawe.+ 16 Daar sal ook ’n stad met die naam Hamoʹna* wees. En hulle sal die land skoonmaak.’+
17 “Mensekind, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Sê vir elke soort voël en vir al die wilde diere van die veld: “Kom bymekaar en kom. Kom bymekaar rondom my offerande wat ek vir julle voorberei, ’n groot offerande op die berge van Israel.+ Julle sal vleis eet en bloed drink.+ 18 Julle sal die vleis van sterkes eet en die bloed van die hoofmanne van die aarde drink – die ramme, lammers, bokke en bulle – al die vetgemaakte diere van Basan. 19 Julle sal julle ooreet aan vet en julle sal bloed drink totdat julle dronk is van die offerande wat ek vir julle voorberei.”’
20 “‘Aan my tafel sal julle vol raak van perde en strydwadrywers, sterkes en alle soorte vegters,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
21 “‘Ek sal my heerlikheid onder die nasies openbaar, en al die nasies sal sien hoe ek geoordeel en gestraf het sowel as die krag* wat ek onder hulle getoon het.+ 22 Van daardie dag af sal die huis van Israel moet weet dat ek Jehovah hulle God is. 23 En die nasies sal moet weet dat die huis van Israel weens hulle sonde in ballingskap gegaan het omdat hulle ontrou was aan my.+ Daarom het ek my gesig van hulle af weggedraai+ en hulle in die hand van hulle vyande gegee,+ en hulle almal is met die swaard doodgemaak. 24 Ek het volgens hulle onreinheid en hulle sondes teen hulle opgetree, en ek het my gesig van hulle af weggedraai.’
25 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek sal die gevangenes van Jakob terugbring+ en genade betoon aan die hele huis van Israel,+ en ek sal my heilige naam ywerig verdedig.*+ 26 Nadat hulle verneder is as gevolg van al hulle ontrouheid teenoor my,+ sal hulle in veiligheid in hulle land woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+ 27 Wanneer ek hulle uit die volke terugbring en hulle uit die lande van hulle vyande bymekaarmaak,+ sal ek my ook voor die oë van baie nasies onder hulle heilig.’+
28 “‘Hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is wanneer ek hulle in ballingskap na die nasies stuur en hulle dan terugbring na hulle land en nie een van hulle agterlaat nie.+ 29 Ek sal nie meer my gesig van hulle af wegdraai nie,+ want ek sal my gees op die huis van Israel uitstort,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
40 In die 25ste jaar van ons ballingskap,+ aan die begin van die jaar, op die tiende dag van die maand, in die 14de jaar nadat die stad geval het,+ op daardie selfde dag was die hand van Jehovah op my, en hy het my na die stad geneem.+ 2 Deur middel van visioene van God het hy my na die land van Israel geneem en my op ’n baie hoë berg neergesit.+ Aan die suidekant van die berg was daar iets wat soos ’n stad gelyk het.
3 Toe hy my daarheen neem, het ek ’n man gesien wat soos koper geblink het.+ Hy het ’n vlastou en ’n meetriet* in sy hand gehad,+ en hy het in die poort gestaan. 4 Die man het vir my gesê: “Mensekind, kyk mooi, luister aandagtig en skenk aandag aan* alles wat ek vir jou wys, want dit is hoekom jy hierheen gebring is. Vertel vir die huis van Israel alles wat jy sien.”+
5 Ek het gesien dat daar ’n muur buite rondom die tempel* is. In die man se hand was daar ’n meetriet wat ses el lank was (’n handbreedte is by elke el gevoeg).* Hy het die muur begin meet, en dit was een riet dik en een riet hoog.
6 Toe het hy by die poort gekom wat oos kyk+ en met die trappe opgegaan. Toe hy die drumpel van die poort meet, was dit een riet breed, en die ander drumpel was ook een riet breed. 7 Elke kamer vir die wagte was een riet lank en een riet breed, en daar was vyf el tussen die kamers vir die wagte.+ Die drumpel van die poort langs die portaal van die poort aan die binnekant was een riet.
8 Hy het die portaal gemeet van die poort wat aan die binnekant was, en dit was een riet. 9 Toe het hy die portaal van die poort gemeet, en dit was agt el, en die sypilare was twee el. Die portaal van die poort was aan die binnekant.
10 Daar was drie kamers vir die wagte aan elke kant van die poort aan die oostekant. Al drie was ewe groot, en die sypilare aan elke kant was ewe groot.
11 Toe het hy die ingang van die poort gemeet, en dit was 10 el wyd, en die poort was 13 el lank.
12 Die afgeskorte ruimte voor die kamers vir die wagte was aan elke kant een el. Die kamers vir die wagte aan albei kante was elkeen ses el.
13 Toe het hy vanaf die poort van die dak van die een kamer vir die wagte* gemeet tot by die dak van die ander kamer, en dit was 25 el breed. Die een ingang was oorkant die ander ingang.+ 14 Toe het hy die sypilare gemeet, wat 60 el hoog was, sowel as die sypilare in die poorte reg rondom die voorhof. 15 Vanaf die voorkant van die ingang van die poort tot by die voorkant van die portaal aan die binnekant van die poort was 50 el.
16 Daar was vensters met rame wat al hoe smaller word+ in die kamers vir die wagte en in hulle sypilare aan die binnekant van die poort aan elke kant. Aan die binnekant van die portale was daar vensters aan elke kant, en daar was palmboomfigure+ op die sypilare.
17 Toe het hy my na die buitenste voorhof geneem, en ek het eetkamers*+ gesien en ’n plaveisel rondom die voorhof. Daar was 30 eetkamers op die plaveisel. 18 Die plaveisel aan die kant van die poorte was net so lank soos die poorte – hierdie plaveisel was laer as die binneste voorhof.
19 Toe meet hy die afstand* vanaf die voorkant van die onderste poort tot by die buitekant van die binneste voorhof. Dit was 100 el aan die oostekant en aan die noordekant.
20 Die buitenste voorhof het ’n poort gehad wat noord kyk, en hy het sy lengte en sy breedte gemeet. 21 Daar was drie kamers vir die wagte aan elke kant. Die sypilare en portaal se afmetings was dieselfde as dié van die eerste poort. Dit was 50 el lank en 25 el breed. 22 Sy vensters, sy portaal en sy palmboomfigure+ was net so groot soos dié van die poort aan die oostekant. Sewe trappe het daarheen gelei, en die portaal was aan die voorkant daarvan.
23 Daar was ’n poort in die binneste voorhof oorkant die poort aan die noordekant en een oorkant die poort aan die oostekant. Hy het die afstand van poort tot poort gemeet, en dit was 100 el.
24 Daarna het hy my na die suide geneem, en ek het ’n poort gesien aan die suidekant.+ Hy het die sypilare en die portaal gemeet, en dit was net so groot soos die ander. 25 Aan elke kant van die poort en die portaal was daar vensters, soos die ander vensters. Dit was 50 el lank en 25 el breed. 26 Sewe trappe het daarheen gelei,+ en die portaal was aan die voorkant daarvan. Daar was palmboomfigure op die sypilare, een aan elke kant.
27 Die binneste voorhof het ’n poort gehad wat suid kyk. Hy het van poort tot poort gemeet na die suide toe, en die afstand was 100 el. 28 Daarna het hy my deur die poort aan die suidekant na die binneste voorhof geneem, en toe hy die poort meet, was dit net so groot soos die ander poorte. 29 Die kamers vir die wagte, die sypilare en die portaal was net so groot soos die ander. Daar was vensters aan elke kant van die poort en die portaal. Dit was 50 el lank en 25 el breed.+ 30 Daar was portale reg rondom. Dit was 25 el lank en 5 el breed. 31 Die portaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was palmboomfigure op die sypilare.+ Agt trappe het daarheen gelei.+
32 Toe hy my van die oostekant na die binneste voorhof neem, het hy die poort gemeet, en dit was net so groot soos die ander poorte. 33 Die kamers vir die wagte, die sypilare en die portaal was net so groot soos die ander, en daar was vensters aan elke kant van die poort en die portaal. Dit was 50 el lank en 25 el breed. 34 Die portaal het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was palmboomfigure op albei sypilare. Agt trappe het daarheen gelei.
35 Daarna het hy my na die poort aan die noordekant+ geneem en dit gemeet. Dit was net so groot soos die ander poorte. 36 Die kamers vir die wagte, die sypilare en die portaal was net so groot soos die ander. Dit het vensters aan elke kant gehad. Dit was 50 el lank en 25 el breed. 37 Die sypilare het op die buitenste voorhof uitgekyk, en daar was palmboomfigure op albei sypilare. Agt trappe het daarheen gelei.
38 Daar was ’n eetkamer met ’n ingang naby die sypilare van die poorte, waar die heelbrandoffers afgespoel is.+
39 Daar was twee tafels aan elke kant in die portaal van die poort waarop die heelbrandoffers,+ die sonde-offers+ en die skuldoffers+ geslag is. 40 Daar was twee tafels buite die ingang van die poort aan die noordekant. Daar was ook twee tafels aan die ander kant van die portaal van die poort. 41 Daar was vier tafels aan elke kant van die poort – altesaam agt tafels – waarop offerandes geslag is. 42 Die vier tafels vir die heelbrandoffer was van gekapte klip. Hulle was een en ’n half el lank, een en ’n half el breed en een el hoog. Die gereedskap waarmee die heelbrandoffers en die offerandes geslag is, het daarop gelê. 43 Daar was rakke, ’n handbreedte wyd, reg rondom aan die binnemure, en die vleis van die offergawes is op die tafels gesit.
44 Die eetkamers vir die sangers+ was buite die binneste poort. Dit was in die binneste voorhof naby die poort aan die noordekant en het suid gekyk. Daar was nog ’n eetkamer naby die poort aan die oostekant, en dit het noord gekyk.
45 Hy het vir my gesê: “Hierdie eetkamer wat suid kyk, is vir die priesters wat verantwoordelik is vir die tempeldiens.+ 46 Die eetkamer wat noord kyk, is vir die priesters wat verantwoordelik is vir die diens by die altaar.+ Hulle is die seuns van Sadok,+ die Leviete wat aangestel is om Jehovah te nader om hom te dien.”+
47 Toe het hy die binneste voorhof gemeet. Dit was vierkantig, 100 el lank en 100 el breed. Die altaar was voor die tempel.
48 Daarna het hy my na die portaal van die tempel+ geneem, en hy het die sypilaar van die portaal gemeet, en dit was vyf el aan die een kant en vyf el aan die ander kant. Die poort was drie el breed aan die een kant en drie el breed aan die ander kant.
49 Die portaal was 20 el lank en 11* el breed. Mense kon met trappe daarheen opgaan. Daar was pilare by die syposte, een aan elke kant.+
41 Toe het hy my na die buitenste heiligdom* geneem, en hy het die sypilare gemeet. Hulle was ses el* breed aan die een kant en ses el breed aan die ander kant. 2 Die ingang was tien el wyd, en die symure* van die ingang was vyf el aan die een kant en vyf el aan die ander kant. Hy het die lengte gemeet, en dit was 40 el, en die breedte was 20 el.
3 Toe het hy ingegaan* en die sypilaar van die ingang gemeet, en dit was twee el dik, en die ingang was ses el wyd. Die symure van die ingang* was sewe el. 4 Daarna het hy die vertrek gemeet wat langs die buitenste heiligdom was, en dit was 20 el lank en 20 el breed.+ En hy het vir my gesê: “Dit is die Allerheiligste.”+
5 Daarna het hy die muur van die tempel gemeet, en dit was ses el dik. Die syvertrekke rondom die tempel was vier el breed.+ 6 Die syvertrekke was drie verdiepings hoog, een bo-op die ander, en daar was 30 kamers op elke verdieping. Daar was stutte al om die muur van die tempel, en die syvertrekke het op die stutte gerus sonder dat die stutte in die muur ingegaan het.+ 7 Aan albei kante van die tempel was daar ’n spiraaltrap wat al hoe breër geword het na die boonste vertrekke toe.+ Dit het van een verdieping na die volgende al hoe breër geword as ’n mens van die onderste verdieping af deur die middelste verdieping na die boonste verdieping opgegaan het.
8 Ek het gesien dat daar ’n verhoog reg rondom die tempel was, en die fondamente van die syvertrekke het tot by die hoek ’n volle riet van ses el gemeet. 9 Die buitenste muur van die syvertrekke was vyf el breed. Daar was ’n oop ruimte* langs die syvertrekke wat deel van die tempel was.
10 Tussen die tempel en die eetkamers*+ was daar ’n ruimte aan elke kant wat 20 el breed was. 11 Daar was ’n ingang tussen die syvertrekke en die oop ruimte aan die noordekant en ’n ander ingang aan die suidekant. Die oop ruimte was reg rondom vyf el breed.
12 Die gebou aan die westekant wat oor die oop ruimte uitgekyk het, was 70 el breed en 90 el lank. Die muur van die gebou was reg rondom vyf el dik.
13 Hy het die tempel gemeet, en dit was 100 el lank. Die oop ruimte, die gebou* en sy mure was ook 100 el lank. 14 Die breedte van die voorkant van die tempel, wat oos gekyk het, en die oop ruimte was 100 el.
15 Hy het die gebou gemeet wat uitgekyk het op die oop ruimte aan die agterkant, saam met die galerye aan albei kante, en dit was 100 el lank.
Hy het ook die buitenste heiligdom en die binneste heiligdom+ gemeet, sowel as die portale van die voorhof, 16 die drumpels, die vensters met rame wat al hoe smaller word+ en die galerye wat in daardie drie dele was. Naby die drumpel was daar houtpanele+ van die vloer af tot by die vensters, en die vensters was bedek. 17 Afmetings is geneem bo die ingang en in die binnekant van die tempel en aan die buitekant en op die hele muur reg rondom. 18 Dit het gegraveerde gerubs+ en palmboomfigure+ gehad, en elke palmboom was tussen twee gerubs, en elke gerub het twee gesigte gehad. 19 Die gesig van ’n mens het na die palmboom aan die een kant gekyk, en die gesig van ’n leeu* het na die palmboom aan die ander kant gekyk.+ Dit was hoe hulle deur die hele tempel gegraveer is. 20 Daar was gegraveerde gerubs en palmboomfigure op die muur van die heiligdom, van die vloer af tot bo die ingang.
21 Die deurposte* van die heiligdom was vierkantig.+ Voor die heilige plek* was daar iets wat gelyk het soos 22 ’n houtaltaar+ wat drie el hoog en twee el lank was. Dit het hoekstutte gehad, en sy voetstuk* en kante was van hout gemaak. Toe het hy vir my gesê: “Dit is die tafel wat voor Jehovah is.”+
23 Die buitenste heiligdom en die heilige plek het elkeen twee deure gehad.+ 24 Elke deur was ’n dubbeldeur wat kon oopswaai. 25 Daar was gegraveerde gerubs en palmboomfigure op die deure van die heiligdom, net soos dié wat op die mure was.+ Daar was ook ’n houtafdak aan die voorkant van die portaal aan die buitekant. 26 Daar was ook vensters met rame wat al hoe smaller word+ en palmboomfigure al langs die twee kante van die portaal en al langs die syvertrekke van die tempel en die afdakke.
42 Toe het hy my na die noordekant van die buitenste voorhof geneem.+ En hy het my na die eetkamerblok gebring wat langs die oop ruimte+ noord van die oorkantste gebou+ was. 2 Die noordelike ingang was 100 el* lank en 50 el breed. 3 Dit was tussen die binneste voorhof, wat 20 el breed was,+ en die plaveisel van die buitenste voorhof. Die galerye was oorkant mekaar en was drie verdiepings hoog. 4 Voor die eetkamers* was daar ’n binneste gang,+ 10 el breed en 100 el lank,* en die ingange het noord gekyk. 5 Die boonste eetkamers van die gebou was nouer as dié op die middelste en onderste verdiepings, want die galerye het meer ruimte opgeneem. 6 Dit was drie verdiepings hoog, maar dit het nie pilare gehad soos die pilare van die voorhowe nie. Daarom was daar minder vloerruimte as op die onderste en die middelste verdiepings.
7 Naby die eetkamers langs die buitenste voorhof wat oorkant die ander eetkamers was, was daar ’n buitenste klipmuur wat 50 el lank was. 8 Die eetkamers langs die buitenste voorhof was 50 el lank, maar die eetkamers oorkant die heiligdom was 100 el lank. 9 Daar was ’n ingang aan die oostekant wat van die buitenste voorhof na die eetkamers toe gelei het.
10 Daar was ook eetkamers agter* die klipmuur van die voorhof aan die oostekant, naby die oop ruimte en die gebou.+ 11 Voor die eetkamers was daar ’n gang, net soos by die eetkamers aan die noordekant.+ Die eetkamers was net so lank en breed soos die ander en het dieselfde uitgange en uitleg gehad. Hulle ingange 12 was soos die ingange van die eetkamers aan die suidekant. Daar was ’n ingang aan die begin van die gang, voor die aangrensende klipmuur wat aan die oostekant was, waar iemand kon inkom.+
13 Toe het hy vir my gesê: “Die eetkamers aan die noordekant en die eetkamers aan die suidekant wat langs die oop ruimte+ is, is die heilige eetkamers waar die priesters wat Jehovah nader, die besonder heilige offerandes eet.+ Hulle sit die besonder heilige offerandes, die graanoffer, die sonde-offer en die skuldoffer hier neer, want hierdie plek is heilig.+ 14 Wanneer die priesters inkom, mag hulle nie uit die heiligdom na die buitenste voorhof gaan voordat hulle die klere uittrek waarin hulle diens doen nie,+ want hierdie klere is heilig. Hulle moet ander klere aantrek as hulle na die dele wil gaan waar die volk toegelaat word om te gaan.”
15 Toe hy die binneste tempelgebied* klaar gemeet het, het hy my uitgebring deur die poort wat oos kyk,+ en hy het die hele area gemeet.
16 Hy het die oostekant met die meetriet* gemeet, en dit was 500 riet van die een kant na die ander kant.
17 Hy het die noordekant met die meetriet gemeet, en dit was 500 riet.
18 Hy het die suidekant met die meetriet gemeet, en dit was 500 riet.
19 Hy het omgegaan na die westekant toe. Hy het 500 riet met die meetriet gemeet.
20 Hy het die vier kante gemeet. Dit het ’n muur reg rondom gehad+ wat 500 riet lank was en 500 riet breed,+ om ’n skeiding te maak tussen wat heilig is en wat vir algemene gebruik is.+
43 Toe het hy my na die poort geneem wat oos kyk.+ 2 Daar het ek die heerlikheid van die God van Israel uit die ooste sien kom,+ en sy stem was soos die geraas van stormwaters,+ en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.+ 3 Wat ek gesien het, het gelyk soos die visioen wat ek gesien het toe ek* gekom het om die stad te vernietig, en dit het gelyk soos wat ek naby die Kebar-rivier gesien het,+ en ek het met my gesig na die grond toe neergeval.
4 Toe het die heerlikheid van Jehovah in die tempel* ingegaan deur die poort wat oos kyk.+ 5 ’n Gees het my toe opgelig en my na die binneste voorhof gebring, en ek het gesien dat die tempel vol was van die heerlikheid van Jehovah.+ 6 Toe het ek iemand uit die tempel met my hoor praat, en die man het langs my kom staan.+ 7 Hy het vir my gesê:
“Mensekind, dit is die plek van my troon+ en die plek vir my voetsole,+ waar ek vir ewig by die Israeliete sal woon.+ Die huis van Israel sal nie meer my heilige naam ontheilig nie,+ hulle en hulle konings, deur hulle ontrouheid* en deur die lyke van hulle konings by hulle dood. 8 Hulle het hulle ingang langs my ingang gesit en hulle deurpos langs my deurpos, met net ’n muur tussen my en hulle.+ So het hulle my heilige naam ontheilig deur die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het, en daarom het ek hulle in my woede vernietig.+ 9 Laat hulle nou hulle ontrouheid* en die lyke van hulle konings ver van my af verwyder, en ek sal vir ewig by hulle woon.+
10 “En jy, mensekind, beskryf die tempel aan die huis van Israel+ sodat hulle skaam kan kry weens hulle sondes,+ en hulle moet die ontwerp daarvan bestudeer. 11 As hulle skaam kry oor alles wat hulle gedoen het, moet jy die grondplan van die tempel, sy uitleg, sy uitgange en sy ingange aan hulle bekend maak.+ Wys vir hulle al die grondplanne en wetsbepalings, die grondplanne en die wette, en skryf dit voor hulle oë neer sodat hulle by die hele grondplan kan bly en al sy wetsbepalings kan gehoorsaam.+ 12 Dít is die wet van die tempel: Die hele gebied rondom die top van die berg is besonder heilig.+ Ja, dit is die wet van die tempel.
13 “Dít is die afmetings van die altaar in el+ (’n handbreedte is by elke el gevoeg).* Die voetstuk is ’n el hoog en ’n el breed. Dit het ’n opstaande rand reg rondom wat een span* breed is. Dit is die voetstuk van die altaar. 14 Vanaf die onderkant van die voetstuk tot by die onderste vlak is twee el, en dit is een el breed. Vanaf die onderste vlak, die klein vlak, tot by die volgende vlak, die groot vlak, is vier el, en dit is een el breed. 15 Die vuurherd van die altaar is vier el hoog, en vier horings+ steek bo die vuurherd uit. 16 Die vuurherd is vierkantig, 12 el lank en 12 el breed.+ 17 Die vlak om die altaar is vierkantig, 14 el lank en 14 el breed. Die rand rondom is ’n halwe el, en die voetstuk daarvan is ’n el aan elke kant.
“En die trappe daarvan kyk oos.”
18 Toe het hy vir my gesê: “Mensekind, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Dít is die riglyne wat gevolg moet word wanneer die altaar gemaak word, sodat heelbrandoffers daarop geoffer en bloed daarop gesprinkel kan word.’+
19 “‘Jy moet ’n jong bul uit die beeste as ’n sonde-offer gee+ aan die Levitiese priesters van die nageslag van Sadok,+ dié wat my nader om my te dien,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 20 ‘Jy moet van sy bloed neem en dit aan die vier horings van die altaar smeer, aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en aan die rand reg rondom, om dit van sonde te reinig en daarvoor versoening te doen.+ 21 Neem dan die jong bul, die sonde-offer, om dit op die vasgestelde plek van die tempel te verbrand, buite die heiligdom.+ 22 Op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder gebrek as ’n sonde-offer aanbied, en die priesters moet die altaar van sonde reinig net soos hulle dit met die jong bul van sonde gereinig het.’
23 “‘Nadat jy dit van sonde gereinig het, moet jy ’n jong bul sonder gebrek uit die beeste en ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee offer. 24 Jy moet hulle vir Jehovah aanbied, en die priesters moet sout daarop gooi+ en hulle as ’n heelbrandoffer aan Jehovah bring. 25 Sewe dae lank moet jy ’n bokram as ’n daaglikse sonde-offer bring,+ sowel as ’n jong bul uit die beeste en ’n skaapram uit die kleinvee. Jy moet diere sonder gebrek* offer. 26 Sewe dae lank moet hulle vir die altaar versoening doen, en hulle moet dit reinig en dit inwy. 27 Wanneer die dae verby is, moet die priesters op die agtste dag+ en daarna julle heelbrandoffers* en julle vrede-offers* op die altaar offer, en julle sal my hart bly maak,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
44 Hy het my teruggebring deur die buitenste poort van die heiligdom wat oos kyk,+ en dit was gesluit.+ 2 Toe het Jehovah vir my gesê: “Hierdie poort moet gesluit bly. Dit mag nie oopgemaak word nie, en geen mens mag daardeur inkom nie, want Jehovah, die God van Israel, het daardeur ingekom,+ en daarom moet dit gesluit bly. 3 Maar die hoofman moet daarin sit om voor Jehovah brood te eet,+ want hy is ’n hoofman. Hy moet deur die portaal van die poort inkom en daardeur uitgaan.”+
4 Daarna het hy my deur die poort aan die noordekant tot by die voorkant van die tempel gebring. Toe het ek gekyk en gesien dat die heerlikheid van Jehovah die tempel van Jehovah gevul het.+ Daarom het ek met my gesig na die grond toe neergeval.+ 5 Toe het Jehovah vir my gesê: “Mensekind, skenk aandag,* kyk, en luister mooi na alles wat ek vir jou sê oor die wetsbepalings en die wette van die tempel van Jehovah. Skenk goed aandag aan die ingang van die tempel en aan al die uitgange van die heiligdom.+ 6 Jy moet vir die opstandige huis van Israel sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek het nou genoeg gehad van julle afskuwelike gebruike, o huis van Israel. 7 Wanneer julle uitlanders wie se hart en vlees nie besny is nie, in my heiligdom inbring, ontheilig hulle my tempel. Julle bied vir my brood, vet en bloed aan terwyl julle my verbond verbreek met al julle afskuwelike gebruike. 8 Julle het nie na my heilige dinge omgesien nie.+ Julle stel eerder ander aan om die pligte in my heiligdom na te kom.”’
9 “‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Geen uitlander wat in Israel woon en wie se hart en vlees nie besny is nie, mag in my heiligdom inkom nie.”’
10 “‘Maar die Leviete wat ver van my af weggedwaal het+ toe Israel van my af weggedwaal het om agter hulle walglike afgode* aan te gaan, sal die gevolge van hulle sonde dra. 11 En hulle sal dienaars in my heiligdom word om toesig te hou oor die poorte van die tempel+ en om diens in die tempel te doen. Hulle moet die heelbrandoffer en die offerande vir die volk slag, en hulle moet voor die volk staan om hulle te dien. 12 Omdat hulle die volk voor hulle walglike afgode gedien het en ’n struikelblok geword het wat die huis van Israel laat sondig,+ het ek my hand in ’n eed teen hulle opgelig,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘en hulle sal die gevolge van hulle sonde dra. 13 Hulle sal my nie nader om as my priesters te dien of naby enige van my heilige dinge of besonder heilige dinge kom nie. Hulle sal hulle skande dra vir al die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het. 14 Maar ek sal hulle aanstel om die verantwoordelikhede van die tempel na te kom, om na die dienste daarvan en na al die dinge wat daarin gedoen moet word, om te sien.’+
15 “‘Die Levitiese priesters, die seuns van Sadok,+ wat die verantwoordelikhede van my heiligdom nagekom het toe die Israeliete van my af weggedwaal het,+ sal my nader om my te dien, en hulle sal voor my staan om die vet+ en die bloed+ vir my aan te bied,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 16 ‘Dit is hulle wat in my heiligdom sal inkom, en hulle sal my tafel nader om my te dien,+ en hulle sal hulle verantwoordelikhede teenoor my nakom.+
17 “‘Wanneer hulle in die poorte van die binneste voorhof kom, moet hulle linneklere dra.+ Hulle moenie enige wol dra wanneer hulle in die poorte van die binneste voorhof of die plekke daarbinne dien nie. 18 Hulle moet tulbande van linne op hulle koppe dra en hulle moet kortbroeke van linne dra.+ Hulle moet niks dra wat hulle laat sweet nie. 19 Voordat hulle uitgaan na die buitenste voorhof – die buitenste voorhof waar die volk is – moet hulle die klere uittrek waarin hulle gedien het+ en dit in die heilige eetkamers* neersit.+ Dan moet hulle ander klere aantrek sodat hulle nie deur middel van hulle klere heiligheid aan die volk oordra nie. 20 Hulle moenie hulle koppe kaal skeer+ of die hare op hulle koppe lank laat groei nie. Hulle moet die hare op hulle koppe knip. 21 Die priesters moenie wyn drink wanneer hulle in die binneste voorhof ingaan nie.+ 22 Hulle moenie met ’n weduwee of ’n geskeide vrou trou nie,+ maar hulle mag trou met ’n maagd uit die nageslag van Israel of die weduwee van ’n priester.’+
23 “‘Hulle moet my volk die verskil leer tussen wat heilig en nie heilig is nie, en hulle sal hulle die verskil leer tussen wat rein en onrein is.+ 24 Hulle moet as regters in ’n regsaak optree.+ Hulle moet in ooreenstemming met my regterlike bevele daarin oordeel.+ Hulle moet my wette en my wetsbepalings in verband met al my feeste+ gehoorsaam en my sabbatte heilig. 25 Hulle mag nie naby enige dooie mens kom nie, anders sal hulle onrein word. Maar hulle mag hulle onrein maak vir hulle pa, ma, seun, dogter, broer of vir ’n ongetroude suster.+ 26 En nadat ’n priester gereinig is, moet hulle vir hom sewe dae aftel. 27 Op die dag dat hy in die heiligdom inkom, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sonde-offer aanbied,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
28 “‘En dít sal hulle erfdeel wees: Ek is hulle erfdeel.+ Julle mag hulle geen besitting in Israel gee nie, want ek is hulle besitting. 29 Dit sal hulle wees wat die graanoffer,+ die sonde-offer en die skuldoffer+ eet, en alles in Israel wat iemand aan God toegewy het, sal hulle s’n word.+ 30 Die beste van die eerste opbrengs en die beste van elke soort bydrae wat julle gee, sal aan die priesters behoort.+ En julle moet julle eerste growwe meel* aan die priester gee.+ Dan sal julle huisgesinne geseën wees.+ 31 Die priesters mag nie enige voël of dier eet wat dood gevind is of verskeur is nie.’+
45 “‘Wanneer julle die land as ’n erfdeel toewys,+ moet julle ’n heilige deel uit die land as ’n bydrae vir Jehovah aanbied.+ Dit moet 25 000 el* lank en 10 000 el breed wees.+ Die hele gebied sal* ’n heilige deel wees. 2 In hierdie gebied moet daar ’n vierkantige stuk grond vir die heiligdom wees, en dit moet 500 el by 500 el* wees,+ met ’n stuk grond van 50 el aan elke kant as weiveld.+ 3 Uit daardie afgemete gebied moet jy ’n stuk afmeet wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is, en daarin moet die heiligdom wees, iets besonder heiligs. 4 Dit sal ’n heilige deel uit die land vir die priesters wees,+ die dienaars van die heiligdom, wat nader kom om Jehovah te dien.+ Dit sal ’n plek vir hulle huise wees, en ’n heilige plek vir die heiligdom.
5 “‘Daar moet vir die Leviete, die dienaars van die tempel, ’n deel wees wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is,+ en hulle moet 20 eetkamers*+ as ’n besitting hê.
6 “‘Julle moet aan die stad ’n stuk grond as besitting gee wat 25 000 el lank (in ooreenstemming met die heilige bydrae) en 5 000 el breed is.+ Dit moet aan die hele huis van Israel behoort.
7 “‘En vir die hoofman moet daar grond wees aan albei kante van die heilige bydrae en van die grond wat aan die stad gegee is. Dit moet langs die heilige bydrae en die grond wees wat aan die stad gegee is. Dit moet aan die westekant en aan die oostekant wees. Van die westelike grens tot by die oostelike grens moet dit net so lank wees soos een van die stamdele.+ 8 Hierdie land sal sy besitting in Israel word. My hoofmanne sal my volk nie meer sleg behandel nie,+ en hulle sal die land aan die huis van Israel gee volgens hulle stamme.’+
9 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Julle het ver genoeg gegaan, hoofmanne van Israel!’
“‘Hou op met julle geweld en onderdrukking, en doen wat reg en regverdig is.+ Hou op om my volk van hulle eiendom te beroof,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 10 ‘Julle moet ’n akkurate weegskaal, ’n akkurate efa* en ’n akkurate bat* gebruik.+ 11 Daar moet net een vasgestelde hoeveelheid vir die efa en die bat wees. Die bat moet ’n tiende van ’n homer* wees, en die efa moet ’n tiende van ’n homer wees. Die homer moet die standaardmate wees. 12 Die sikkel*+ moet 20 gera* wees. En 20 sikkels plus 25 sikkels plus 15 sikkels moet vir julle ’n mine* wees.’
13 “‘Dít is die bydrae wat julle moet aanbied: ’n sesde van ’n efa uit elke homer koring en ’n sesde van ’n efa uit elke homer gars. 14 Die toegewese deel van die olie moet volgens die bat wees. Die bat is ’n tiende van ’n kor,* en tien bat is ’n homer, want tien bat is gelyk aan ’n homer. 15 En uit die kleinvee van Israel moet een skaap uit elke 200 skape gegee word. Dit moet vir die graanoffer,+ die heelbrandoffer+ en die vrede-offers*+ wees om vir die volk versoening te doen,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
16 “‘Die hele volk van die land moet hierdie bydrae+ aan die hoofman in Israel gee. 17 Maar die hoofman sal verantwoordelik wees vir die heelbrandoffers,+ die graanoffer+ en die drankoffer gedurende die feeste,+ die nuwemane, die Sabbatte+ en al die vasgestelde feeste van die huis van Israel.+ Hy moet die sonde-offer, die graanoffer, die heelbrandoffer en die vrede-offers* voorsien om vir die huis van Israel versoening te doen.’
18 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘In die eerste maand, op die eerste dag van die maand, moet jy ’n jong bul sonder gebrek uit die beeste neem, en jy moet die heiligdom van sonde reinig.+ 19 Die priester moet van die bloed van die sonde-offer neem en dit aan die deurpos van die tempel+ smeer, sowel as aan die vier hoeke van die altaar en die deurpos van die poort van die binneste voorhof. 20 Dit is wat jy op die sewende dag van die maand moet doen ter wille van enigiemand wat onopsetlik of onwetend sondig,+ en julle moet vir die tempel versoening doen.+
21 “‘In die eerste maand, op die 14de dag van die maand, moet julle die Pasgafees hou.+ Julle moet sewe dae lank ongesuurde brode eet.+ 22 Op daardie dag moet die hoofman vir homself en vir die hele volk van die land ’n jong bul as ’n sonde-offer voorsien.+ 23 Tydens die sewe dae van die fees moet hy sewe dae lank elke dag sewe jong bulle en sewe skaapramme sonder gebrek as ’n heelbrandoffer aan Jehovah voorsien.+ Hy moet ook elke dag ’n bokram as ’n sonde-offer voorsien. 24 Hy moet ook ’n efa meel vir elke jong bul en ’n efa meel vir elke ram as ’n graanoffer voorsien, en ’n hin* olie vir elke efa meel.
25 “‘In die sewende maand, op die 15de dag van die maand, moet hy sewe dae lank gedurende die fees+ dieselfde sonde-offer, heelbrandoffer, graanoffer en olie voorsien.’”
46 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Die poort van die binneste voorhof wat oos kyk,+ moet gedurende die ses werksdae+ gesluit bly,+ maar op die Sabbatdag en op die dag van die nuwemaan moet dit oopgemaak word. 2 Die hoofman moet deur die portaal van die poort inkom,+ en hy moet by die deurpos van die poort gaan staan. Die priesters moet sy heelbrandoffer en sy vrede-offers* offer, en hy moet by die ingang van die poort neerbuig, en dan moet hy uitgaan. Maar die poort moet eers teen die aand gesluit word. 3 Die volk van die land moet ook op die Sabbatte en op die nuwemane by die ingang van hierdie poort voor Jehovah neerbuig.+
4 “‘Die heelbrandoffer wat die hoofman op die Sabbatdag vir Jehovah moet aanbied, moet uit ses ramlammers sonder gebrek en ’n skaapram sonder gebrek bestaan.+ 5 As ’n graanoffer moet hy ’n efa* meel vir die skaapram gee en wat hy ook al vir die ramlammers kan gee, sowel as ’n hin* olie vir elke efa meel.+ 6 Op die dag van die nuwemaan moet die offerande bestaan uit ’n jong bul uit die beeste, ses ramlammers en ’n skaapram. Hulle moet almal sonder gebrek wees.+ 7 As ’n graanoffer moet hy ’n efa meel vir die jong bul bring, sowel as ’n efa meel vir die skaapram en wat hy ook al vir die ramlammers kan bekostig. En hy moet ’n hin olie vir elke efa meel offer.
8 “‘Wanneer die hoofman inkom, moet hy deur die portaal van die poort inkom, en hy moet weer daardeur uitgaan.+ 9 En wanneer die volk van die land gedurende die feeste voor Jehovah inkom,+ moet dié wat deur die poort aan die noordekant+ inkom om te aanbid, deur die poort aan die suidekant+ uitgaan, en dié wat deur die poort aan die suidekant inkom, moet deur die poort aan die noordekant uitgaan. Niemand mag teruggaan deur die poort waardeur hy ingekom het nie, want hulle moet deur die oorkantste poort uitgaan. 10 Die hoofman wat by hulle is, moet inkom wanneer hulle inkom, en hy moet uitgaan wanneer hulle uitgaan. 11 Gedurende die feeste en die feestye moet die graanoffer bestaan uit ’n efa meel vir die jong bul, ’n efa meel vir die skaapram en wat hy ook al vir die ramlammers kan gee, saam met ’n hin olie vir elke efa meel.+
12 “‘As die hoofman ’n heelbrandoffer+ of vrede-offers* as ’n vrywillige offer aan Jehovah bring, moet die poort wat oos kyk vir hom oopgemaak word, en hy moet sy heelbrandoffer en sy vrede-offers* voorsien soos hy op die Sabbatdag doen.+ Nadat hy uitgegaan het, moet die poort gesluit word.+
13 “‘Jy moet elke dag ’n ramlam sonder gebrek in sy eerste jaar as ’n heelbrandoffer aan Jehovah bring.+ Jy moet dit elke oggend doen. 14 Dan moet jy ook elke oggend ’n sesde van ’n efa meel as ’n graanoffer voorsien, en ’n derde hin olie om op die fynmeel te sprinkel as ’n gereelde graanoffer aan Jehovah. Dit is ’n permanente wetsbepaling. 15 Hulle moet die ramlam, die graanoffer en die olie elke oggend as ’n gereelde heelbrandoffer voorsien.’
16 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘As die hoofman ’n erfdeel aan elkeen van sy seuns as ’n geskenk gee, sal dit die eiendom van sy seuns word. Dit is hulle erfdeel. 17 Maar as hy uit sy erfdeel ’n geskenk aan een van sy knegte gee, sal dit syne wees tot die jaar van vrylating.+ Daarna sal dit weer aan die hoofman behoort. Net sy seuns se erfdeel sal permanent aan hulle behoort. 18 Die hoofman mag niks van die erfdeel van die volk neem deur hulle van hulle eiendom te beroof nie. Hy moet uit sy eie eiendom vir sy seuns ’n erfdeel gee, sodat niemand onder my volk van sy eiendom af weggedryf word nie.’”
19 Toe het hy my deur die ingang+ gebring wat langs die poort was wat gelei het na die priesters se heilige eetkamers,* wat noord kyk,+ en ek het ’n plek gesien aan die agterkant, wat wes kyk. 20 Hy het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sonde-offer moet kook en waar hulle die graanoffer moet bak,+ sodat hulle niks na die buitenste voorhof dra en heiligheid aan die volk oordra nie.”+
21 Hy het my na die buitenste voorhof geneem en my verby die vier hoeke van die voorhof gelei, en ek het ’n voorhof by elke hoek van die buitenste voorhof gesien. 22 By die vier hoeke van die voorhof was daar klein voorhowe, 40 el* lank en 30 el breed. Al vier* was ewe groot. 23 Daar was ’n rand* om elkeen van die vier voorhowe, en onder die rande was kookplekke vir die offers gebou. 24 Toe het hy vir my gesê: “Dit is die huise waar die dienaars van die tempel die offerande van die volk kook.”+
47 Toe het hy my teruggebring na die ingang van die tempel.+ Daar het ek water onder die drumpel van die tempel ooswaarts sien uitvloei,+ want die voorkant van die tempel het oos gekyk. Die water het afgevloei van onder die regterkant van die tempel af, suid van die altaar.
2 Toe het hy my uitgebring deur die poort aan die noordekant+ en my buite om geneem na die buitenste poort wat oos kyk,+ en ek het ’n straaltjie water gesien wat uit die regterkant gevloei het.
3 Toe die man na die ooste uitgaan met ’n meetsnoer in sy hand,+ het hy 1 000 el* gemeet en my deur die water laat gaan. Die water was tot by my enkels.
4 Toe het hy nog 1 000 el gemeet en my deur die water laat gaan, en die water was tot by my knieë.
Hy het nog 1 000 el gemeet en my toe laat deurgaan, en die water was tot by my heupe.
5 Toe hy nog 1 000 el gemeet het, was dit ’n rivier waardeur ek nie kon loop nie, want die water was so diep dat ’n mens moes swem. Dit was ’n rivier waardeur ’n mens nie kon loop nie.
6 Hy het vir my gevra: “Het jy dit gesien, mensekind?”
Hy het my na die oewer van die rivier laat terugloop. 7 Toe ek teruggegaan het, het ek gesien dat daar ’n baie groot aantal bome aan albei kante van die oewer van die rivier was.+ 8 Hy het toe vir my gesê: “Hierdie water vloei na die oostelike streek en gaan deur die Aʹraba,*+ in die see in. Wanneer dit in die see ingaan,+ sal die water daarvan gesond gemaak word. 9 Oral waar die water* vloei, sal dit wemel van lewende wesens. Daar sal ’n oorvloed vis wees omdat die water daar sal vloei. Die seewater sal gesond gemaak word, en waar die rivier ook al gaan, sal alles lewe.
10 “Vissermanne sal langs die rivier staan, van En-Gedi+ af tot by En-Eglaʹim, waar daar ’n droogmaakplek vir sleepnette sal wees. Daar sal ’n oorvloed van baie soorte vis wees, soos die visse van die Grootsee.*+
11 “Daar sal plekke wees wat soos moerasse en vleie is en wat nie gesond gemaak sal word nie. Dit sal aan sout oorgegee word.+
12 “Allerhande bome vir voedsel sal op albei oewers van die rivier groei. Hulle blare sal nie verlep nie, en hulle vrugte sal ook nie opraak nie. Hulle sal elke maand nuwe vrugte dra, want die water wat na hulle toe vloei, kom uit die heiligdom.+ Hulle vrugte sal as kos en hulle blare as genesing dien.”+
13 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Dit is die gebied wat julle as erfdeel moet toewys as die land vir die 12 stamme van Israel, en Josef sal twee dele hê.+ 14 Julle sal dit erf en gelyke dele kry.* Ek het gesweer om hierdie land aan julle voorvaders te gee,+ en nou is dit as ’n erfdeel aan julle toegewys.
15 “Dít is die grens van die land aan die noordekant: Dit strek van die Grootsee af langs die pad na Hetlon,+ in die rigting van Sedad,+ 16 Hamat,+ Beroʹta+ en Sibraʹim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat is, na Haʹser-Hatʹtikon, wat by die grens van Hauran+ is. 17 Die grens van die see sal dus van Hasar-Enon+ wees, langs die grens van Damaskus na die noorde en na die grens van Hamat.+ Dit is die noordelike grens.
18 “Die grens aan die oostekant loop tussen Hauran en Damaskus en langs die Jordaanrivier tussen Giʹlead+ en die land van Israel. Julle moet van die grens af tot by die oostelike see* meet. Dit is die oostelike grens.
19 “Die suidelike grens* sal van Tamar af tot by die waters van Meʹribat-Kaʹdes+ loop, dan na die Vallei* en die Grootsee.+ Dit is die suidelike grens.*
20 “Aan die westekant is die Grootsee, van die grens af tot by ’n punt oorkant Lebo-Hamat.*+ Dit is die westelike grens.”
21 “Julle moet hierdie land onder julle verdeel, onder die 12 stamme van Israel. 22 Julle moet dit as erfdeel verdeel onder julle en die uitlanders wat by julle woon en wat kinders gehad het terwyl hulle onder julle gewoon het. Hulle sal vir julle soos gebore Israeliete word. Hulle sal saam met julle ’n erfdeel onder die stamme van Israel ontvang. 23 Julle moet vir die uitlander ’n erfdeel gee in die gebied van die stam waar hy gaan woon het,” sê die Soewereine Heer Jehovah.
48 “Hier volg die name van die stamme, van die noordelike punt af: Dan se deel+ strek langs die weg van Hetlon tot by Lebo-Hamat*+ en Hasar-Enan, langs die grens van Damaskus, noordwaarts, langs Hamat,+ en dit strek van die oostelike grens tot by die westelike grens. 2 Aser se deel+ is aan die grens van Dan, van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 3 Nafʹtali se deel+ is aan die grens van Aser, van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 4 Manasʹse se deel+ is aan die grens van Nafʹtali, van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 5 Eʹfraim se deel is aan die grens van Manasʹse,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 6 Ruben se deel is aan die grens van Eʹfraim,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 7 Juda se deel is aan die grens van Ruben,+ van die oostelike grens af tot by die westelike grens. 8 Aan die grens van Juda, van die oostelike grens af tot by die westelike grens, moet die bydrae wat julle opsysit, 25 000 el* breed wees,+ en die lengte moet ooreenstem met die ander stamdele van die oostelike grens af tot by die westelike grens. Die heiligdom moet in die middel daarvan wees.
9 “Die bydrae wat julle vir Jehovah opsy moet sit, moet 25 000 el lank en 10 000 el breed wees. 10 Dit sal die heilige bydrae vir die priesters wees.+ Dit sal 25 000 el aan die noordekant wees, 10 000 aan die westekant, 10 000 aan die oostekant en 25 000 aan die suidekant. Die heiligdom van Jehovah moet in die middel daarvan wees. 11 Dit moet wees vir die geheiligde priesters uit die seuns van Sadok,+ wat hulle verantwoordelikhede teenoor my nagekom het en wat nie afgedwaal het toe die Israeliete en die Leviete afgedwaal het nie.+ 12 Hulle moet ’n deel kry van die bydrae van die land wat as iets besonder heiligs opsygesit is, aan die grens van die Leviete.
13 “Reg langs die gebied van die priesters moet die Leviete ’n deel ontvang wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is. (Die hele lengte sal 25 000 el wees, en die breedte 10 000 el.) 14 Hulle mag niks daarvan verkoop of verruil of enige deel van hierdie beste deel van die land aan iemand anders oordra nie, want dit is iets heiligs vir Jehovah.
15 “Die oorblywende gebied wat 5 000 el breed is en langs die grens van 25 000 el is, moet vir die stad se algemene gebruik wees,+ vir behuising en vir weivelde. Die stad sal in die middel daarvan wees.+ 16 Dít is die stad se afmetings: Die noordekant is 4 500 el, die suidekant is 4 500 el, die oostekant is 4 500 el en die westekant is 4 500 el. 17 Die weiveld van die stad sal 250 el aan die noordekant wees, 250 el aan die suidekant, 250 el aan die oostekant en 250 el aan die westekant.
18 “Die lengte van die oorblywende deel moet met die heilige bydrae+ ooreenstem: 10 000 el aan die oostekant en 10 000 el aan die westekant. Dit moet met die heilige bydrae ooreenstem, en die opbrengs daarvan sal kos voorsien aan dié wat die stad dien. 19 Dié uit al die stamme van Israel wat die stad dien, sal dit bewerk.+
20 “Die hele bydrae is 25 000 el by 25 000 el. Julle moet dit saam met die stadsbesitting opsysit as die heilige bydrae.
21 “Wat aan albei kante van die heilige bydrae en die stadsbesitting oorbly, sal aan die hoofman behoort.+ Dit moet langs die grense van 25 000 el wees wat oos en wes van die bydrae is. Dit moet ooreenstem met hierdie aangrensende dele, en dit sal vir die hoofman wees. Die heilige bydrae en die heiligdom van die tempel moet in die middel daarvan wees.
22 “Die besitting van die Leviete en die stadsbesitting moet in die hoofman se gebied wees. Die hoofman se gebied moet tussen die grens van Juda+ en die grens van Benjamin wees.
23 “En wat die res van die stamme betref, Benjamin se deel is van die oostelike grens tot by die westelike grens.+ 24 Siʹmeon se deel is aan die grens van Benjamin,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens. 25 Isʹsaskar se deel+ is aan die grens van Siʹmeon, van die oostelike grens tot by die westelike grens. 26 Seʹbulon se deel is aan die grens van Isʹsaskar,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens.+ 27 Gad se deel is aan die grens van Seʹbulon,+ van die oostelike grens tot by die westelike grens. 28 Die suidelike grens aan die grens van Gad sal strek van Tamar+ tot by die waters van Meʹribat-Kaʹdes,+ na die Vallei*+ en dan tot by die Grootsee.*
29 “Dit is die land wat julle as ’n erfdeel onder die stamme van Israel moet verdeel,+ en dit sal hulle dele wees,”+ sê die Soewereine Heer Jehovah.
30 “Die stad moet die volgende uitgange hê: Die noordekant moet 4 500 el wees.+
31 “Die poorte van die stad moet na die stamme van Israel vernoem word. Daar sal drie poorte aan die noordekant wees: een poort vir Ruben, een poort vir Juda en een poort vir Levi.
32 “Die oostekant moet 4 500 el wees, en daar is drie poorte: een poort vir Josef, een poort vir Benjamin en een poort vir Dan.
33 “Die suidekant moet 4 500 el wees, met drie poorte: een poort vir Siʹmeon, een poort vir Isʹsaskar en een poort vir Seʹbulon.
34 “Die westekant moet 4 500 el wees, met drie poorte: een poort vir Gad, een poort vir Aser en een poort vir Nafʹtali.
35 “Die omtrek moet 18 000 el wees, en die naam van die stad sal van daardie dag af wees: Jehovah Is Daar.”+
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Beteken “God versterk”.
Of “en weerlig”.
’n Blink metaalmengsel van goud en silwer.
Een wiel was moontlik 90 grade teenoor die ander wiel, met albei wiele op dieselfde vertikale as.
Lett. “die gees van die lewende wese”.
Of moontlik “reguit uitgesprei”.
Die eerste van die 93 keer dat hierdie term in Esegiël voorkom.
Of “wat hard van gesig en hart is”.
Of moontlik “al is die mense hardkoppig en soos iets wat jou steek”.
Lett. “eet wat jy vind”.
Lett. “in die woede van my gees”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of “sy bloed van jou hand terugeis”.
Of “onreg doen”.
Of “sy bloed van jou hand terugeis”.
Lett. “dit”, d.w.s. Esegiël se linkersy.
Omtrent 230 g. Sien Aanh. B14.
Omtrent 0,6 l. Sien Aanh. B14.
Of “bedorwe”.
Lett. “ek sal die broodstokke breek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.
Lett. “haar”.
Of “slippe”.
Lett. “na elke wind”.
Of “verminder”.
Lett. “my oog”.
Sien Woordelys.
Of “pessiekte”.
Lett. “na elke wind”.
Lett. “deur julle broodstokke te breek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “onsedelike”.
Of “’n rustige geur”.
Lett. “My oog”.
Sien Woordelys.
Lett. “wakker word”.
Of moontlik “Die sierkrans”.
Lett. “My oog”.
Sien Woordelys.
Of moontlik “Die sierkrans”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
D.w.s., nie dié wat eiendom koop of verkoop sal daarby baat vind nie, want die vernietiging sal oor almal kom.
Of moontlik “deur”.
D.w.s., hulle sal uit vrees urineer.
D.w.s., hulle koppe sal geskeer wees omdat hulle treur.
D.w.s. hulle silwer en goud.
D.w.s. hulle voorwerpe van silwer en goud.
D.w.s. hulle silwer en goud wat gebruik is om afgode mee te maak.
Of “verborge plek”, waarskynlik die binneste deel van Jehovah se heiligdom.
D.w.s. kettings van gevangenskap.
Of “onderrigting”.
Lett. “hom met verlatenheid beklee”.
’n Blink metaalmengsel van goud en silwer.
Of “waar die simbool van jaloesie staan wat jaloesie opwek”.
Of “simbool van jaloesie”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “in die binnekamers van sy vertoonstuk”.
Waarskynlik ’n tak wat in afgodediens gebruik is.
Lett. “My oog”.
Sien Woordelys.
Of “’n oorskrywer se inkhouer”.
Lett. “Julle oog”.
Sien Woordelys.
Lett. “my oog”.
Sien Woordelys.
D.w.s. elke gerub.
Lett. “wese”.
Lett. “die gees van die lewende wese”.
Lett. “wese”.
Of “teen”.
Lett. “Sy”, die stad Jerusalem, waar die Jode gedink het hulle veilig sou wees.
Of “in julle gees opkom”.
Lett. “een”.
D.w.s. ’n hart wat gevoelig is vir God se leiding.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of “vleiende”.
Lett. “huis”.
Of “wat uit hulle eie hart profeteer”.
D.w.s. in ’n poging om dit stewig te laat lyk.
Lett. “en julle, o haelstene”.
D.w.s. towerbande wat om die elmboë of gewrigte gedra is.
Of “angs”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Lett. “sal die huis van Israel in hulle hart gryp”.
Lett. “’n spreekwoord”.
Lett. “broodstokke breek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.
Of “dit van kinders beroof”.
Sien Woordelys.
Of “liefkosings”.
Of “kleed”.
Of “robbevel”.
Of “vir ’n koninklike posisie”.
Lett. “het jou naam begin uitgaan”.
Of “ornamente”.
D.w.s. die manlike afgode.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “deur die vuur laat gaan”.
Lett. “jou bene uit te sprei”.
Lett. “wat groot van vlees is”.
Lett. “land Kanaän”.
Of “swak”.
Of moontlik “O, hoe is ek tog met woede teen jou vervul”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “ornamente”.
Lett. “aan jou linkerkant”.
Waarskynlik afhanklike dorpe.
Lett. “aan jou regterkant”.
Of “spreekwoord”.
Lett. “land Kanaän”.
Lett. “saad”.
D.w.s. Nebukadnesar.
D.w.s. Sedekia.
Lett. “sy hand gegee”.
Lett. “na elke wind”.
Of “lewens”. Sien Woordelys.
Of “persoon”. Sien Woordelys.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “as ’n pand”.
Lett. “bloedvergieter”.
Of “Sy bloed sal op hom wees”.
Of “persoon”.
Lett. “sal onthou word”.
Of “onreg doen”.
Lett. “maak vir julleself”.
Of “tussen jong maanhaarleeus”.
Of moontlik “in jou wingerd”.
Of “om oordeel oor hulle uit te spreek”.
Lett. “saad”.
Lett. “my hand opgelig”.
Of “verken”.
Of “die sieraad”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
D.w.s. Israel.
D.w.s. Israel.
D.w.s. Israel.
Of “die sieraad”.
Lett. “my oog”.
D.w.s. Israel.
Lett. “hulle oë”.
Of “deur die vuur laat gaan”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “Pleeg julle nie geestelike prostitusie”.
Of “deur die vuur te laat gaan”.
Lett. “in julle gees opkom”.
Of “dien”.
Lett. “van aangesig tot aangesig”.
Lett. “in die band van die verbond bring”.
Of “die eerstelinge van julle offers”. Sien Woordelys.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “julle aangesig”.
Lett. “vlees”.
Of “spreekwoorde”.
Lett. “vlees”.
Lett. “jou heupe”.
D.w.s., hulle sal uit vrees urineer.
D.w.s. Jehovah se swaard.
Lett. “hand”.
Lett. “die terafim”.
D.w.s. die inwoners van Jerusalem.
Lett. “hand”.
Of “’n Puinhoop, ’n puinhoop, ’n puinhoop sal ek dit maak”.
Lett. “op die nekke van dié”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Lett. “vaderlose seun”.
Lett. “ontbloot die naaktheid van hulle pa”.
Of “onregverdige wins”.
Lett. “Sal jou hart uithou”.
Beteken “haar tent”.
Beteken “my tent is in haar”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Lett. “met vermiljoen”.
Lett. “opgeroepte”.
Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Of “ornamente”.
Lett. “gevul”.
Lett. “my agter jou rug gegooi het”.
D.w.s. geestelike egbreuk.
Of “deur die vuur laat gaan”.
Lett. “die naam van die dag”.
Of “spreekwoord”.
Of “op jou bors slaan”.
Of “bo-lip”.
Lett. “die brood van mense eet nie”.
Of “julle siel se medelye”.
Of “ommuurde kampe”.
Of “flank”.
Of “sieraad”.
Of “met minagting in die siel”.
Lett. “dogters”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “volke”.
Of “aanvalswerktuig”.
Of “swaarde”.
Of “dodelik gewondes”.
Of “hoofmanne”.
Of “moulose oorklede”.
Lett. “met bewing beklee wees”.
Lett. “Sy en haar”.
Of “versier”.
D.w.s. die voorste kant van ’n skip.
Lett. “ou”.
Sien Woordelys.
Of “en rooigryswol”.
’n Boom uit dieselfde familie as die kaneelboom.
’n Aromatiese riet.
Of “klere van geweefde materiaal”.
Of moontlik “glorieryk”.
Lett. “gemeente”.
Of “in bitterheid van siel”.
Lett. “Jy het ’n patroon verseël”.
Hier en verder aan verwys “Nyl” na die rivier en sy besproeiingskanale.
Lett. “’n riet”.
Lett. “heupe”.
Lett. “hy”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “krag gee aan die huis van Israel”.
Of “en die hele gemengde bevolking”.
Verwys dalk na die Israeliete wat bondgenote van Egipte was.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “Memfis”.
Of “hoofman”.
D.w.s. Tebe.
Of “Memfis”.
D.w.s. Heliopolis.
Of “krag”.
D.w.s. voor die koning van Babilon.
Lett. “jy”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “graf”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “arm”.
Of “’n jong maanhaarleeu”.
Lett. “hulle”.
Lett. “en die stroombeddings sal vol word van (met) jou”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “graf”.
Lett. “haar”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Moontlik ’n verwysing na vegters wat met hulle swaard begrawe word, met militêre eer.
Lett. “hom wegneem”.
Lett. “sy bloed op sy eie kop wees”.
Lett. “Sy bloed sal op hom wees”.
Lett. “sy bloed van die wag terugeis”.
Lett. “sy bloed van jou terugeis”.
Of “onregverdig”.
Lett. “onthou”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “net hulleself voed”.
Of “ek sal my skape van hulle hand terugeis”.
Of “bloedskuld”.
Lett. “as voedsel”.
Lett. “oorblyfsel; oorblywendes”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
D.w.s. ’n hart wat gevoelig is vir God se leiding.
Of moontlik “Soos die kuddes offerskape in Jerusalem”.
Of “asem; gees”.
Of “gees”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “leier”.
Of “woning; huis”.
Of “oor”.
Of “leier”.
Of “leier”.
Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Lett. “wag”.
Of “sal jy geroep word”.
Of “oop plattelandse gebied”.
Of “jong maanhaarleeus”.
Of “leier”.
Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Of moontlik “handstokke”, ’n wapen met ’n skerp punt.
Of “Vallei van Gog se Skares”.
Beteken “skares”.
Lett. “hand”.
Lett. “uitsluitlike toegewydheid vir my heilige naam toon”.
Sien Aanh. B14.
Lett. “rig jou hart op”.
Lett. “huis”. In hoofstuk 40-48 word dit so vertaal wanneer “huis” na die tempelkompleks of die eintlike tempelgebou verwys.
Lett. “’n meetriet van ses el, ’n el en ’n handbreedte”. Dit is ’n lang el. Sien Aanh. B14.
Verwys moontlik na die bokant van die muur van die kamer vir die wagte.
Of “vertrekke”.
Lett. “breedte”.
Of moontlik “12”.
Lett. “die tempel”. In hoofstuk 41 en 42 verwys hierdie uitdrukking na die buitenste heiligdom (die Heilige) of na die hele heiligdom (die tempel, insluitende die Heilige en die Allerheiligste).
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Lett. “sye”.
D.w.s. in die binneste heiligdom, of Allerheiligste, in.
Lett. “Die wydte van die ingang”.
Blykbaar ’n smal loopvlak rondom die tempel.
Of “vertrekke”.
D.w.s. die gebou wes van die heiligdom.
Of “jong maanhaarleeu”.
Lett. “Die deurpos”. Verwys blykbaar na die ingang tot die Heilige.
Verwys blykbaar na die Allerheiligste.
Lett. “lengte”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Of “vertrekke”.
Volgens die Griekse Septuagint, “100 el lank”. Die Hebreeuse teks sê: “’n weg van een el.” Sien Aanh. B14.
Lett. “in die breedte van”.
Lett. “huis”.
Sien Aanh. B14.
Of moontlik “hy”.
Lett. “huis”.
Of “geestelike prostitusie”.
Of “geestelike prostitusie”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
D.w.s. die afstand van die punt van die duim tot by die punt van die pinkie, omtrent 22,2 cm. Sien Aanh. B14.
Of “wat volmaak is”.
D.w.s. die volk se heelbrandoffers.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “rig jou hart op”.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “vertrekke”.
Of “die eerstelinge van julle growwe meel”. Sien Woordelys.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Of “Binne al sy grense sal daar”.
Lett. “500 by 500”.
Of “vertrekke”.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Of “mina”. Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Sien Aanh. B14.
Of “gemeenskapsoffers”.
Sien Aanh. B14.
Sien Aanh. B14.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “vertrekke”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Of “Al vier met hulle hoekbousels”.
Of “rye”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Of “woestynvlakte”.
Lett. “die twee strome”.
Die Middellandse See.
Lett. “dit erf, elkeen net soos sy broer”.
Die Dooie See.
Lett. “suidekant suidwaarts”.
D.w.s. die Wadi van Egipte.
Lett. “suidekant suidwaarts”.
Of “die ingang van Hamat”.
Of “die ingang van Hamat”.
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
D.w.s. die Wadi van Egipte.
Die Middellandse See.