Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 29
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Samuel

      • Filistyne vertrou Dawid nie (1-11)

1 Samuel 29:1

Kruisverwysings

  • +1Sa 28:1
  • +Jos 19:17, 18; 1Sa 29:11

1 Samuel 29:2

Kruisverwysings

  • +1Sa 28:2

1 Samuel 29:3

Kruisverwysings

  • +1Sa 27:7, 12

1 Samuel 29:4

Kruisverwysings

  • +1Kr 12:19
  • +1Sa 14:21

1 Samuel 29:5

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:7; 21:11

1 Samuel 29:6

Kruisverwysings

  • +1Sa 21:10; 27:2
  • +1Sa 28:2
  • +1Sa 27:11, 12
  • +1Sa 29:3, 9

1 Samuel 29:9

Kruisverwysings

  • +1Sa 27:12

1 Samuel 29:11

Kruisverwysings

  • +Jos 19:17, 18; 1Sa 29:1

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Sam. 29:11Sa 28:1
1 Sam. 29:1Jos 19:17, 18; 1Sa 29:11
1 Sam. 29:21Sa 28:2
1 Sam. 29:31Sa 27:7, 12
1 Sam. 29:41Kr 12:19
1 Sam. 29:41Sa 14:21
1 Sam. 29:51Sa 18:7; 21:11
1 Sam. 29:61Sa 21:10; 27:2
1 Sam. 29:61Sa 28:2
1 Sam. 29:61Sa 27:11, 12
1 Sam. 29:61Sa 29:3, 9
1 Sam. 29:91Sa 27:12
1 Sam. 29:11Jos 19:17, 18; 1Sa 29:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Samuel 29:1-11

Die eerste boek van Samuel

29 Die Filistyne+ het al hulle soldate by Afek bymekaargebring, terwyl die kamp van die Israeliete by die fontein in Jisʹreël+ was. 2 En die leiers van die Filistyne het met hulle groepe van 100 en van 1 000 verbygetrek, en Dawid en sy manne was heel agter saam met Agis.+ 3 Maar die Filistynse bevelvoerders het gevra: “Wat maak hierdie Hebreërs hier?” Agis het geantwoord: “Dit is Dawid, die kneg van koning Saul van Israel, wat al ’n jaar of selfs langer by my is.+ Van die dag af dat hy na my toe oorgeloop het, het ek geen fout by hom gevind nie.” 4 Maar die Filistynse bevelvoerders het vir hom kwaad geword en vir hom gesê: “Stuur die man terug.+ Laat hom teruggaan na die plek wat jy vir hom gegee het. Moet hom nie saam met ons na die geveg laat gaan nie, sodat hy nie in die geveg teen ons draai nie.+ As hy met die koppe van ons manne na sy heer toe gaan, sal dit mos die beste manier wees om weer sy heer se goedkeuring te kry. 5 Dit is mos die Dawid van wie hulle gesing het terwyl hulle gedans het. Hulle het mos gesing:

‘Saul het sy duisende verslaan,

en Dawid sy tienduisende.’”+

6 Agis+ het Dawid dus laat roep en vir hom gesê: “So waar as wat Jehovah lewe, jy is ’n goeie man, en ek wil graag hê dat jy saam met my leërmag na die geveg moet gaan,+ want van die dag af dat jy na my toe gekom het, het ek geen fout by jou gevind nie.+ Maar die leiers vertrou jou nie.+ 7 Gaan dus in vrede terug, en moet niks doen wat die leiers van die Filistyne sal omkrap nie.” 8 Maar Dawid het vir Agis gevra: “Hoekom? Wat het ek gedoen? Watter fout het u by u kneg gevind van die dag af dat ek na u toe gekom het? Hoekom kan ek nie saam met u kom en teen die vyande van my heer die koning veg nie?” 9 Agis het geantwoord: “In my oë is jy so goed soos ’n engel van God.+ Maar die Filistynse bevelvoerders het gesê: ‘Moet hom nie saam met ons na die geveg laat gaan nie.’ 10 Staan dan nou môreoggend vroeg op saam met die manne wat saam met jou gekom het, en vertrek sodra dit lig word.”

11 Dawid en sy manne het toe vroeg die oggend opgestaan om na die land van die Filistyne terug te keer, en die Filistyne het na Jisʹreël+ gegaan.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel