Spesiale openbare toespraak
Is daar vanuit God se standpunt ’n ware godsdiens?
Baie mense word in hulle godsdiens gebore. Ander kies hulle vorm van aanbidding eers later in die lewe. Daar is beslis geen tekort aan godsdienste om van te kies nie. Dalk het jy al gewonder: ‘Maak dit werklik saak aan watter godsdiens ek behoort?’
Hierdie vraag sal beantwoord word in die openbare toespraak “Is daar vanuit God se standpunt ’n ware godsdiens?” Hierdie Bybeltoespraak sal wêreldwyd in meer as 230 lande gehou word. Dit sal op die meeste plekke op Sondag 26 April 2009 by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gehou word. Die Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou sê wanneer en waar dit gehou sal word. Jy word hartlik uitgenooi om dit by te woon.