Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 7/15 bl. 32
  • Soos duiwe wat na hulle duiwehokke vlieg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Soos duiwe wat na hulle duiwehokke vlieg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 7/15 bl. 32

Soos duiwe wat na hulle duiwehokke vlieg

DUIWE is dalk van die eerste voëls wat deur die mens mak gemaak is. Die Egiptenaars het duisende jare gelede—met die oog daarop om dwarsdeur die jaar voedsel te hê—duiwehokke naby hulle huise opgerig. Mense het graag die voëls se vleis geëet, en hulle mis is vir bemesting gebruik. Teen die Middeleeue was duiwehokke sulke gesogte besittings dat slegs edellui of mense van godsdiensordes in sommige lande toegelaat is om hulle te besit.

Alhoewel hoenders duiwe nou as ’n bron van vleis op die meeste tafels vervang het, kan aloue duiwehokke nog teëgekom word. Die duiwehokke wat hier uitgebeeld is, word in Egipte aangetref.

Wanneer hulle in die aand almal tesame terugkeer, sak daar werklik ’n wolk voëls op die duiwehok toe. Die Hebreeuse profeet Jesaja het daarna verwys toe hy gevra het: “Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos ’n wolk en soos duiwe na hulle vensters?” ’n Ander vertaling stel dit so: “Wie is dit wat voortsweef soos wolke, wat vlieg soos duiwe na hulle duiwehokke?”—Jesaja 60:8; The New English Bible.

Ons vind vandag die antwoord in die honderdduisende godvresende mense wat na Jehovah se organisasie stroom. Hulle leer by die Koninkryksale van Jehovah se Getuies om op God te vertrou (Jesaja 60:9, NW). In hulle omgang met God se volk kom hulle agter dat geestelike waardes, ’n lewende geloof en heilsame omgang ’n mens ’n gevoel van vrede en veiligheid gee, soos dié wat die duif in sy hok vind.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel