Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 7/1 bl. 30
  • Hulle het gekom ondanks ongerief en gevaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het gekom ondanks ongerief en gevaar
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 7/1 bl. 30

Hulle het gekom ondanks ongerief en gevaar

DIE datum was 2 Januarie 1992. Die plek—Maxixe, Inhambaneprovinsie. Die Afrika-naggeluide van Mosambiek is skerp onderbreek toe ’n radio aangeskakel is. “Jehovah se Getuies hou hulle ‘Liefhebbers van Vryheid’-Streekbyeenkoms in ons provinsie”, het die omroeper aangekondig. “Hulle doel is om mense te onderrig oor hoe ware vryheid in vandag se wêreld gevind kan word. Almal is welkom om dit by te woon.”

In daardie uithoek van Afrika is geskiedenis gemaak! Dit was die eerste keer dat ’n streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies daar gehou is, en 1 024 mense was daar om dit te geniet. ’n Paar jaar gelede sou so ’n gebeurtenis nooit so openlik in Mosambiek plaasgevind het nie, aangesien die werk van Jehovah se Getuies toe verbied was. Wil jy hoor van die moedige opofferings wat gemaak is om hierdie byeenkoms by te woon?

Inhambaneprovinsie is, soos baie ander dele van Afrika, uiters mooi. Dauvormige visserskuite met driehoekige seile seil langs sy kuslyn. Kokospalms is volop. Maar ’n aaklige verskynsel sluip oor die platteland: burgeroorlog!

Vir dié wat in die vroeë ure in ’n palmblaarhut lê en slaap, is dit nie snaaks om wakker gemaak te word deur die dowwe boem-boem-boem van grofgeskut in die nabygeleë buitedistrikte waar die bosoorlog deur die nag woed nie. Alte dikwels is dit die onskuldige burgers wat ly. ’n Mens sien dikwels kinders wat mank voortbeweeg sonder ’n ledemaat of met ’n verminkte ledemaat. Selfs van Jehovah se Getuies het littekens aan hulle gesigte en liggame as gevolg van wreedhede wat hulle gely het.

Onder hierdie omstandighede het almal wat die “Liefhebbers van Vryheid”-Streekbyeenkoms bygewoon het dit diep waardeer. Ondanks die moontlikheid van lokvalle op pad na die byeenkoms was baie families uit die platteland vasbeslote om te kom. Om daar te kom, was ook nie maklik nie omdat openbare vervoer hoofsaaklik agter op groot, oop vragmotors is. Soms klim tot 400 passasiers op een vragmotor! ’n Aantal van hierdie vragmotors ry saam om ’n konvooi te vorm wat deur gewapende militêre voertuie begelei word.

Nora en haar drie dogters, wat onderskeidelik een, drie en ses jaar oud is, was een gesin wat hulle lewens gewaag het om hierheen te reis. Sy het maande lank gespaar om die rit te kon bekostig. Die feit dat daar nie vaste verblyf by die byeenkoms beskikbaar was nie, het haar nie afgeskrik nie. Saam met baie ander mense het Nora en haar gesin net daar by die byeenkomsterrein op die kaal grond gekook, geëet en geslaap.

Nie eers die geweldige tropiese hitte wat deur stortreëns gevolg is, kon die onbeteuelde vreugde demp van broers wat saam ’n geestelike fees geniet nie. Hulle het gemeen dat daar vir hulle niks belangrikers is as om by daardie byeenkoms te wees nie. Altesaam 17 mense het hulle toewyding in die warm water van die Indiese Oseaan gesimboliseer. Gedurende die doopplegtigheid is ’n groot menigte vreugdevolle toeskouers spontaan beweeg om tot eer van Jehovah te sing.

Hierdie groep aanbidders het waarlik besef wat dit beteken om liefhebbers van goddelike vryheid te word. Hans, ’n verteenwoordiger van die hoofstad, Maputo, het gesê: “Ons het so pas die begin van ’n nuwe hoofstuk in die werk van Jehovah se Getuies in hierdie deel van Afrika gesien.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel