Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wcg hfst. 50 bl. 224-227
  • Hy het sy denkwyse verander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het sy denkwyse verander
  • Wees moedig en maak God gelukkig
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Soek dieper
  • Dink aan die lesse
  • Dink na oor die groter prentjie
  • Leer Meer
  • Jesus kies Saulus
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Die vervolger sien ’n groot lig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Op die pad na Damaskus
    My boek met Bybelverhale
  • Die gemeente het “’n tydperk van vrede ingegaan”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
Sien nog
Wees moedig en maak God gelukkig
wcg hfst. 50 bl. 224-227

50 SAULUS VAN TARSUS

Hy het sy denkwyse verander

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

EERS was Saulus van Tarsus glad nie spyt oor sy rol in die moord van Stefanus nie.a Om die waarheid te sê, hy het al hoe erger geword. Hy was vol ywer vir die Joodse godsdiens, en daarom het hy die dissipels van die Here in Jerusalem gedreig en wou hy hulle vermoor. Hy het onskuldige manne en vroue tronk toe gesleep. Wanneer Christene verhoor was, het Saulus gestem dat hulle doodgemaak moes word. As gevolg van die erge vervolging wat hy begin het, moes baie Christene vir hulle lewens vlug. Maar dit was nie genoeg vir Saulus nie. Hy het die hoëpriester vir briewe gevra wat hom die toestemming sou gee om dieselfde soort vervolging in Damaskus te begin.

Met briewe in die hand, het Saulus en dié wat saam met hom gereis het, noord na die bekende woestynstad gegaan. Hy het nie besef dat Jesus nou saam met sy Vader in die hemel was nie. Jehovah en sy Seun het alles oor Saulus geweet. Hulle het gesien dat hy die potensiaal het om goed te doen. Soos Saulus en dié wat saam met hom gereis het, nader aan Damaskus gekom het, was daar skielik ’n helder lig rondom hulle. Dit was “helderder as die son”! Saulus het op die grond neergeval, heeltemal verblind.

Saulus van Tarsus en dié wat saam met hom reis, probeer hulle oë beskerm teen die skerp lig wat uit die hemel skyn. Saulus val op die grond terwyl hy verblind is.

’n Stem het uitgeroep: “Saul, Saul, hoekom vervolg jy my?” Die stem het vir Saulus gesê dat hy soos ’n hardkoppige bul is, wat homself beseer deur teen die stok te skop wat sy meester gebruik om hom te lei. Saulus het gevra: “Wie is u, Here?” Die antwoord moes Saulus diep in die hart gesteek het. “Ek is Jesus, die een wat jy vervolg.” Jesus het vir hom gesê om op te staan en hom vertel van die werk wat vir hom voorlê. Hy moes ’n getuie wees, hy moes mense die waarheid vertel van alles wat Jesus geleer het. Saulus, wat nou blind was, moes die oë van ongelowiges open en mense weg van die duisternis na die lig lei.

Hoe kon ’n wrede vervolger van Christene sy lewe verander en ’n ywerige prediker van Christus word?

Die hemelse visioen het daardie trotse, harde man nederig gemaak. Saulus, wat nog blind was, moes na Damaskus gelei word, waar hy gewag het vir ’n Christen om na hom te kom. Saulus het vir drie dae gevas. Dit was sekerlik ’n teken van hoe hartseer hy was en dat hy opreg jammer was. Daar is geen twyfel dat hy lank en hard tot Jehovah gebid het nie. Saulus het nou geweet dat hy God se eie geliefde Seun vervolg het! Jesus het ’n Christen met die naam Ananias na Saulus gestuur. Alhoewel hy eers bang was, het Ananias gegaan en sy hande op Saulus gelê. Daarna het “iets wat soos skubbe gelyk het, van sy oë afgeval”. Hy kon weer sien! Saulus, wat nou ’n nederiger en wyser man was, het “opgestaan en is gedoop”.

Saulus, wat nou ’n Christen was, het met sy werk begin. In plaas daarvan om na Jerusalem terug te gaan, het hy iets gedoen wat vir hom seker baie moeilik moes gewees het. Hy het na die sinagoges in Damaskus gegaan – waar hy moontlik welbekend was. Hy het sekerlik vir moed gebid. Dink net hoe sy gehoor gereageer het toe hy vir hulle sê dat hy nog die hele tyd verkeerd was en dat hy nou ’n Christen was! En hy het nie opgehou nie. Hy “het al hoe kragtiger geword in sy bediening, en die Jode wat in Damaskus gewoon het, is uit die veld geslaan, omdat hy logies bewys het dat Jesus die Christus is”.

Op een stadium terwyl Saulus in Damaskus gebly het, het hy na Arabië gereis, moontlik na die Siriese woestyne. Die Bybel sê nie hoekom nie, maar ons kan net dink hoe hy alleen in die wildernis stap. Hy was dalk diep in gedagte en het tot Jehovah gebid oor die groot toewysing wat vir hom voorgelê het. Saulus het nooit opgehou om te studeer en om oor die geskrifte na te dink nie. Hy het werklik sy denkwyse verander. Later het hy ook sy broers en susters in Rome aangemoedig om dieselfde te doen. – Rom. 12:2.

Saulus het nooit die verskriklike dinge wat hy in die verlede gedoen het, vergeet nie. Selfs jare later het hy gesê: “Ek [was] vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n trotse man” (1 Tim. 1:13). Hy was ook baie spyt dat hy die moord van Stefanus goedgekeur het (Hand. 22:​19-21). Maar Saulus het die volgende geweet: Jesus en Jehovah het hom vergewe, en hulle was besig om hom nou te help.

Saulus was omtrent drie jaar in Damaskus toe vervolging hom gedwing het om uit die stad te vlug. Nadat hy deur ’n opening in die stadsmuur in ’n mandjie laat sak was, het hy na Jerusalem gegaan. Dit was maar net die begin van sy lewe as ’n Christen, daar het nog baie vir hom voorgelê.

Lees die Bybelverslag:

  • Handelinge 8:​1-3; 9:​1-25; 26:​4, 5, 9-20

  • Galasiërs 1:​13-18

Om te bespreek:

Hoe het Saulus van Tarsus gewys dat hy moedig is gedurende hierdie deel van sy lewe?

Soek dieper

  1. 1. Hoekom kon Saulus sê dat sy tuisdorp, Tarsus, “’n bekende stad” was? (Hand. 21:39; w99 5/15 30 ¶1) A

    Todd Bolen/BiblePlaces.com

    Prent A: Oorblyfsels van eertydse Tarsus en ’n klipstraat

  2. 2. Hoekom was Saulus moontlik bekend met die Joodse, Griekse en Romeinse kultuur? (bt 62, venster ¶1-3)

  3. 3. Wat het Saulus bedoel met sy woorde in 1 Korintiërs 15:8? (1 Kor. 15:8; w22.09 27)

  4. 4. Wat ondersteun die akkuraatheid van Lukas se verslag oor Saulus se bekering in Damaskus? (Hand. 9:​11, 24, 25; g03 2/8 24-26) B

    Photo by ROLOC Color Slides

    Prent B: Die Bab-Sjarqi-hek in Damaskus, waar die straat wat Reguit genoem was, eindig

Dink aan die lesse

  • Saulus het nederig die hulp van Ananias en ander Christene aanvaar (Hand. 9:​17, 18; Kol. 4:​10, 11). In watter situasies moet ons die hulp van ander aanvaar?

  • Saulus het nie toegelaat dat die goeie of slegte dinge wat hy in die verlede gedoen het, sy aandag aftrek van sy aanbidding aan Jehovah nie (Fil. 3:​4-8; 1 Tim. 1:​12-16). Hoe kan ons hom navolg? C

    Collage: ’n Broer se luukse lewe voordat hy die waarheid geleer het, en sy lewe as ’n Christen nou. Die tonele verskyn volgende. Collage: Die broer se lewe voordat hy die waarheid geleer het. 1. Hy sit alleen by ’n kroeg en kyk na sy drankie. 2. Hy wys vir ’n paar vrouens sy duur sportkar. 3. Hy kry ’n toekenning by sy werk. Jare later geniet die broer die bediening.

    Prent C

  • Op watter ander maniere kan jy die moed navolg wat Saulus in hierdie verslag gewys het?

Dink na oor die groter prentjie

  • Wat leer hierdie verslag my oor Jehovah?

  • Hoe hou hierdie verslag verband met Jehovah se wil?

  • Wat het jy oor Saulus in hierdie verslag geleer wat jou dankbaar maak dat hy gekies was om saam met Christus in die hemel te regeer?

Leer Meer

Kyk hoe ’n man wat ’n vervolger soos Saulus was, sy denkwyse verander het.

Liefde oortuig “die Saulus van Sado” (5:50)

Hoe help Saulus se voorbeeld ons om ’n goeie roetine van Bybelstudie te hê, om liefde te ontwikkel en om die regte beskouing van onsself te hê?

“Maak geestelike vooruitgang deur Paulus se voorbeeld te volg” (w08 5/15 21-25)

a Alhoewel Saulus later Paulus genoem was, gaan ons na hom as “Saulus” in hierdie hoofstuk verwys.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel