Lied 132
’n Oorwinningslied
1. Sing vir Jehovah. Sy naam is so groot en verhewe.
Verslaan en in die Rooisee, lê Farao en sy leër.
Loof Jah Jehovah; naas hom is daar geen ander God nie.
Jehovah is sy naam; Hy oorwin, ja, elke keer.
(REFREIN)
Jehovah God, wat oor alles troon,
verander nooit tot onbepaalde tyd.
U gee elk’ vyand sy verdiende loon,
herstel u naam se heiligheid.
2. Konings vergader en neem stelling in teen Jehovah.
Ten spyte van hul mag word Hul naam ook gou vergeet.
God sal hul oordeel; hul einde kom by Armageddon.
Jehovah is Gods naam— Dan sal almal dit moet weet.
(REFREIN)
Jehovah God, wat oor alles troon,
verander nooit tot onbepaalde tyd.
U gee elk’ vyand sy verdiende loon,
herstel u naam se heiligheid.