Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/13 bl. 8-9
  • ’n Besoek aan Brasilië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan Brasilië
  • Ontwaak!—2013
Ontwaak!—2013
g 12/13 bl. 8-9

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Brasilië

Die heerlike feijoada is ’n tradisionele Brasiliaanse gereg

’n Toekan

BRASILIË is oorspronklik deur jagter-versamelaars en bestaansboere bewoon. Portugese ontdekkingsreisigers het die Rooms-Katolieke godsdiens hierheen gebring, en baie kerke en kapelle is later gebou—waarvan party ryklik versier is met houtsneewerk wat met goud oorgetrek is.

Van die middel-16de tot die middel-19de eeu het slaweskepe sowat viermiljoen Afrikane na Brasilië gebring om in die landerye te werk. Hulle het hulle rituele saamgebring, waaruit Afro-Brasiliaanse godsdienste soos macumba en die candomblé-sekte ontstaan het. Die Afrika-invloed kom ook duidelik na vore in Brasilië se musiek, danse en kos.

Tradisionele feijoada, ’n Portugese gereg wat effens aangepas is, is ’n bredie van swart bone en ’n paar vleissoorte, wat bedien word met rys en ’n koolsoort. In die 19de en die 20ste eeu het miljoene emigrante uit Europa (hoofsaaklik Duitsland, Italië, Pole en Spanje), Japan en ander gebiede deel van die bevolking geword.

Vandag is daar sowat 750 000 Getuies van Jehovah in meer as 11 000 gemeentes oor die hele Brasilië. Hulle hou meer as 800 000 Bybelstudies. Om vergaderplekke te voorsien, werk 31 reisende bouspanne saam met die plaaslike Getuies. Sowat 250 tot 300 Koninkryksale word elke jaar gebou of herstel. Sedert Maart 2000 is 3 647 van hierdie projekte voltooi.

Die wêreld se grootste reënwoud is in die Amasonebekken

HET JY GEWEET?

Die Amasonerivier het ’n groter watervloei as enige ander rivier en is ongeveer 6 400 kilometer lank

VINNIGE FEITE

  • Bevolking: 201 000 000

  • Hoofstad: Brasília

  • Tale: Portugees en meer as 180 inheemse tale

  • Naam: Brasilië is vernoem na brasiliehout (Caesalpinia echinata), wat gesog is weens die vuurkleurige materiaalkleurstof wat daarvan gemaak kan word

  • Klimaat: Warm en bedompig in die noorde, gematig in die suide, met sneeu af en toe in die berge in die winter

  • Land: Brasilië strek oor byna die helfte van Suid-Amerika. Die land se rivierstelsel is een van die grootstes ter wêreld

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel