Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/13 bl. 4-5
  • Hoe om kwetsende spraak te vermy

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om kwetsende spraak te vermy
  • Ontwaak!—2013
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE UITDAGING
  • Sleutel 4: Respek
    Ontwaak!—2009
  • Gebruik woorde “wat goed is vir opbouing”
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Van woorde wat seermaak tot woorde wat heel
    Ontwaak!—1996
  • Die oorsake van smadende taal
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—2013
g 4/13 bl. 4-5

HULP VIR DIE GESIN | DIE HUWELIK

Hoe om kwetsende spraak te vermy

DIE UITDAGING

Elke keer as jy en jou maat ’n meningsverskil het, vaar julle met kritiese woorde teen mekaar uit. Kwetsende spraak is al so deel van julle huwelik dat dit nou julle “normale” kommunikasiestyl is.

As dit in julle huwelik die geval is, kan julle dit verander. Maar julle moet eers kyk na die oorsake en waarom dit tot julle eie beswil is om veranderinge aan te bring.

WAAROM DIT GEBEUR

Gesinsagtergrond. Baie mans en vrouens het grootgeword in ’n huis waar kwetsende spraak algemeen was. Een of al twee huweliksmaats gebruik dalk die soort spraak wat hulle by hulle ouers gehoor het.

Die invloed van vermaak. Film- en televisiekomedies laat dit lyk asof onbeskofte spraak ’n grap is, wat die kyker die indruk gee dat dit onskadelik is—of selfs snaaks.

Kultuur. Party gemeenskappe leer dat “ware mans” hulle vrou oorheers of dat vrouens uiters aggressief moet wees sodat hulle nie swak lyk nie. Huweliksmaats wat hierdie gesindhede het, beskou mekaar gedurende ’n woordewisseling dalk as teenstanders en nie as bondgenote nie en gebruik woorde wat seermaak eerder as genees.

Ongeag die rede waarom kwetsende spraak gebruik word, dit kan tot ’n egskeiding sowel as ’n aantal gesondheidsprobleme lei. Party mense sê selfs dat woorde seerder kan maak as vuiste. Byvoorbeeld, ’n vrou wie se man haar met sy woorde gekwets het en haar ook fisies mishandel het, sê: “Dit was vir my moeiliker om die beledigings te verduur as die geweld. Hy kon my eerder geslaan het as om sulke kwetsende dinge te sê.”

Wat kan jy doen as jy en jou huweliksmaat toegelaat het dat kwetsende spraak julle verhouding ondermyn?

WAT JY KAN DOEN

Betoon empatie. Probeer jou in jou huweliksmaat se posisie indink, en probeer verstaan hoe jou woorde hom of haar laat voel. Dink, indien moontlik, aan ’n spesifieke geleentheid toe jou maat gevoel het dat jou spraak kwetsend was. Moenie net fokus op wat jy nou eintlik gesê het nie; die hoofsaak is hoe jou maat voel oor wat jy gesê het. Watter vriendelike woorde kon jy gebruik het in plaas van kwetsende spraak? Die Bybel sê: “’n Sagte antwoord keer woede af, maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom.”—Spreuke 15:1.

Leer by egpare wat respek aan mekaar betoon. As negatiewe rolmodelle ’n invloed gehad het op hoe jy kommunikeer, moet jy na goeie voorbeelde soek. Let op hoe egpare wie se spraak wel navolgenswaardig is, met mekaar kommunikeer.—Bybelbeginsel: Filippense 3:17.

Dink aan hoe julle vroeër oor mekaar gevoel het. Kwetsende spraak is meer dikwels ’n probleem van die hart as van die mond. Probeer dus om positiewe gedagtes en gevoelens oor jou maat te koester. Dink terug aan bedrywighede wat julle vroeër saam geniet het. Kyk na ou foto’s. Wat het julle laat lag? Watter eienskappe het julle tot mekaar aangetrokke laat voel?—Bybelbeginsel: Lukas 6:45.

Gebruik woorde soos “ek voel”. Moenie jou maat met woorde aanval nie, maar sê eerder hoe die kwessie jou raak. Byvoorbeeld, as jy sê: “Ek voel seergemaak wanneer jy planne maak voordat jy met my daaroor gepraat het”, sal dit heel waarskynlik ’n positiewer reaksie uitlok as die woorde: “Dis tipies van jou—jy maak altyd planne sonder om my mening te vra!”—Bybelbeginsel: Kolossense 4:6.

Weet wanneer om op te hou. As julle julle humeur begin verloor en kwetsende spraak begin gebruik, sal dit moontlik die beste wees om later verder te gesels. Gewoonlik is daar niks daarmee verkeerd om weg te stap van ’n hewige rusie en te wag totdat julle die saak op ’n kalmer manier kan bespreek nie.—Bybelbeginsel: Spreuke 17:14.

Kwetsende spraak is meer dikwels ’n probleem van die hart as van die mond

SLEUTELTEKSTE

  • “Mans [behoort] hulle vrouens lief te hê soos hulle eie liggaam.”—Efesiërs 5:28.

  • “Die vrou . . . moet diep respek vir haar man hê.”—Efesiërs 5:33.

  • “Laat alle . . . geskreeu en smadende taal van julle af weggeneem word.”—Efesiërs 4:31.

WAT IS “SMADENDE TAAL”?

Die Bybel sê: “Laat alle . . . geskreeu en smadende taal van julle af weggeneem word” (Efesiërs 4:31). Waarom het Paulus ’n onderskeid getref tussen “geskreeu” en “smadende taal”? Die woord in die oorspronklike taal wat met “geskreeu” vertaal word (Grieks, krau·geʹ), verwys na die verheffing van die stem. In teenstelling hiermee verwys “smadende taal” (Grieks, bla·sfe·miʹa) na die inhoud van die boodskap. Wat beteken dit? Dat smadende taal nie altyd ’n geskreeu behels nie. Ja, enige spraak wat kwaadwillig, verkleinerend of beledigend is, is smadend—selfs as ’n gewone stemtoon gebruik word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel