Kom nader aan die Skepper
Nadat ’n vrou van Kalifornië, VSA, die boek Kom nader aan Jehovah gelees het, het sy geskryf: “Ek wil julle graag vertel hoe my lewe en my verhouding met ons hemelse Vader verryk is omdat ek hierdie boek gelees en daaroor gepeins het. Ek voel dat Jehovah nou my vriend is. Dit is die eerste publikasie wat my laat lag het, laat huil het, ontsag laat voel het vir wat ek gelees het en my onmiddellik tot Jehovah laat bid het. My hart loop oor van liefde vir Jehovah, en ek weet dat hierdie boek een van die redes is waarom ek so voel.”
Ons is vol vertroue dat jy ook daarby sal baat vind as jy hierdie boek met 320 bladsye, Kom nader aan Jehovah, lees. Jy kan dit aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Kom nader aan Jehovah by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.