Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 5/8 bl. 32
  • Die Ontwaak! het dit in 1990 gesê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Ontwaak! het dit in 1990 gesê
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 5/8 bl. 32

Die Ontwaak! het dit in 1990 gesê

DIE verspreiding van “malkoeisiekte” het onlangs groot kommer in Europa veroorsaak. Baie is bang dat die siekte aan mense oorgedra kan word. Party meen ook dat daar ’n verband is tussen die inname van besmette vleis en Creutzfeldt-Jakob se siekte, ’n progressiewe en uiteindelik dodelike siekte van die mens se sentrale senustelsel. Dit is geen wonder nie dat beesvleisverkope skerp gedaal het namate die nuus oor “malkoeisiekte” versprei het.

Interessant genoeg, Stefania Ferrari het in die Italiaanse tydskrif TuttoReggio van Mei 1996 geskryf: “Ons het op ’n tydskrif afgekom wat reeds in 1990 van hierdie rampspoedige plaag gepraat het—die Ontwaak!, uitgegee deur Jehovah se Getuies.” Die artikel waarna sy verwys het, het die titel “Brittanje se ‘mal koei’-dilemma” en het in die nommer van 8 November 1990 verskyn. Nadat Stefania Ferrari die eerste vier paragrawe aangehaal het, het sy haar verbasing uitgespreek dat hierdie artikel verskyn het “ses jaar voor die hele aangeleentheid wêreldwyd onder die publiek se aandag gebring is”. Sy het voorts gesê: “Nadat party hierdie 1990-artikel se ongelooflik akkurate inligting gesien het, het hulle gesê: ‘As Jehovah se Getuies van iets so ernstigs en belangriks geweet het, waarom het hulle dit nie onder almal se aandag gebring nie, selfs diegene wat nie aan hulle gemeentes behoort nie?’ Laat ons eerlik wees: Hoeveel van ons wat aan ’n ander godsdiens behoort, sou dit ernstig opgeneem het as een van Jehovah se Getuies in 1990 aan ons deur geklop het en vir ons die Bybel en daardie artikel gewys het wat in hulle tydskrif gepubliseer is?”

In 1990, toe die artikel “Brittanje se ‘mal koei’-dilemma” gepubliseer is, het die Ontwaak! ’n gemiddelde oplaag van byna 12 miljoen eksemplare in 62 tale gehad. Jehovah se Getuies was besig om hierdie aktuele tydskrif wêreldwyd in meer as 200 lande te versprei. Vandag het die Ontwaak! ’n gemiddelde oplaag van 18 350 000 eksemplare in 82 tale. Hierdie tydskrif publiseer steeds insiggewende en tydige artikels. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy toekomstige nommers van die Ontwaak! kan ontvang, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in aanraking kom of na die naaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel