“Ek kon nie my trane inhou nie”
“Ek het so pas die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf klaar gelees, en ek kon nie my trane inhou nie.” Waarom was Alicia, ’n Mexikaanse vrou, so deur hierdie publikasie geroer? Sy antwoord: “Die verduidelikings en die ondervindinge daarin druk die gevoelens uit wat ek gehad het toe my pa nege jaar terug oorlede is en toe ek omtrent 18 maande terug ’n miskraam gehad het.”
Wat het haar veral in haar benoudheid gehelp? Die venster met die titel “Miskrame en doodgebore babas—Moeders treur” asook die dele “Hoe kan ek my smart verwerk?” en “Hoe kan ander help?”
Alicia het ook geskryf: “Die verslag aangaande Lasarus se opstanding was baie roerend, en dit bevestig opnuut my geloof in die opstanding.”—Johannes 5:28, 29.
As jy graag ’n eksemplaar van hierdie bemoedigende brosjure met 32 bladsye wil ontvang, kan jy gerus aan Jehovah se Getuies skryf by Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.