Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 12/22 bl. 32
  • ‘Dis soos om na ’n rolprent oor Jesus se lewe te kyk’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dis soos om na ’n rolprent oor Jesus se lewe te kyk’
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 12/22 bl. 32

‘Dis soos om na ’n rolprent oor Jesus se lewe te kyk’

’n Vrou in Frankryk het gesê om die boek Die grootste mens wat nog geleef het te lees, is soos om na ’n rolprent oor dieselfde onderwerp te kyk. Die boek probeer om elke gebeurtenis gedurende Jesus se aardse lewe te bespreek wat in die Evangelies uiteengesit word. En sover moontlik word elkeen van hierdie gebeurtenisse in chronologiese volgorde vertel. Die vrou het verduidelik:

“Toe ek die boek klaar gelees het, het dit vir my gevoel of Jesus my genooi het om met hom te assosieer, om saam met hom te wandel, om ’n deel te hê aan sy vreugdes, sy emosies; kortom, aan elke aspek van sy bediening. Die pragtige prente druk waarlik die gevoelens en persoonlikhede uit van almal wat met Jesus geassosieer het asook dié van Jesus self. Om die boek van voor tot agter te lees, is soos om na ’n rolprent oor Jesus se lewe te kyk.”

As jy graag ’n eksemplaar van hierdie hardebandboek met 448 bladsye wil ontvang of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

[Prent op bladsy 32]

DIE GROOTSTE MENS WAT NOG GELEEF HET

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel