Voetnoot
a Die apostels het ’n paar jaar lank tyd met Jesus spandeer en met hom gewerk, en hulle het goeie vriende geword. Jesus wil ook hê dat ons sy vriende moet wees. Maar dit is nie so maklik vir ons om sy vriende te wees as wat dit vir sy apostels was nie. In hierdie artikel sal ons ’n paar dinge bespreek wat dit vir ons moeilik maak om Jesus se vriende te wees. Ons gaan ook bespreek wat ons kan doen om ’n goeie vriend van Jesus te word en te bly.