Voetnoot
b WAT DIT BETEKEN: Met heilige gees gesalf. Jehovah gebruik sy heilige gees om ’n persoon te kies om saam met Jesus in die hemel te regeer. God gee deur middel van Sy gees vir daardie persoon ’n belofte, of “’n waarborg”, vir die toekoms (Ef. 1:13, 14). Hierdie Christene kan sê dat die heilige gees met hulle “gees getuig”, of dit aan hulle duidelik maak, dat hulle beloning in die hemel is. – Rom. 8:16.