Voetnoot
a Nie een van ons is met sagmoedigheid gebore nie. Ons moet leer om sagmoedig te wees. Dit is dalk vir ons maklik om sagmoedig te wees wanneer ons met vreedsame mense te doen het, maar dit is dalk moeilik om sagmoedig te bly wanneer ons met trotse mense te doen het. Hierdie artikel bespreek party van die uitdagings wat ons dalk moet oorkom sodat ons die pragtige eienskap van sagmoedigheid kan ontwikkel.