Voetnoot
c Party geleerdes doen aan die hand dat die verwysing na die mossie wat op die grond val, op meer as net die dood van die voël kan dui. Hulle sê dat die uitdrukking in die oorspronklike taal kan verwys na ’n voël wat op die grond gaan sit om te eet. As dit die geval is, impliseer dit dat God die voël raaksien en oor hom besorg is in sy daaglikse bedrywighede, nie net wanneer hy doodgaan nie.—Matteus 6:26.