Voetnoot
a Toe Petrus Siriese Antiogië besoek het, het hy hartlike omgang met nie-Joodse gelowiges geniet. Maar toe Joodse Christene van Jerusalem daar aankom, het Petrus “hom onttrek en hom afgesonder uit vrees vir dié van die besnede klas”. Ons kan ons net indink hoe dit daardie nie-Joodse bekeerlinge moes seergemaak het toe die gerespekteerde apostel weier om saam met hulle te eet.—Galasiërs 2:11-13.