Voetnoot
a Die “sterre” stel hier nie letterlike engele voor nie. Jesus sou immers nie ’n mens gebruik om inligting vir onsigbare geesskepsele op te teken nie. Die “sterre” moet dus die menslike opsieners, of ouer manne, in die gemeentes afbeeld, wat as Jesus se boodskappers beskou word. Die feit dat daar sewe is, dui op Goddelik vasgestelde volkomenheid.