Voetnoot
a Die Griekse woord wat met “ondergeskiktes” vertaal word, kan na ’n slaaf verwys wat een van die roeiers op die onderste bank van ’n groot skip was. In teenstelling hiermee is daar dalk aan “bestuurders” meer verantwoordelikhede toevertrou, miskien om na ’n landgoed om te sien. In die oë van die meeste meesters was die bestuurder egter net soveel ’n dienskneg as wat die galeislaaf was.