Voetnoot
c In History of the Jews sê professor Graetz dat die Romeine soms 500 gevangenes per dag aan die paal gehang het. Ander Joodse gevangenes se hande is afgekap en dan is hulle teruggejaag in die stad in. Hoe was toestande in die stad? “Geld het sy waarde verloor, want dit kon nie brood koop nie. Manne het desperaat in die strate geveg oor die afstootlikste en walglikste kos, ’n handvol strooi, ’n stuk leer of oorskietkos wat vir die honde gegooi is. . . . Die lyke wat nie begrawe is nie, het vinnig meer geword, sodat allerhande pessiektes deur die warm somerlug oorgedra is, en die mense het slagoffers geword van siekte, hongersnood en die swaard.”