Voetnoot
a Jesus was moedig om so ’n winsgewende handelsbedryf aan te val. Volgens een geskiedskrywer moes die tempelbelasting met ’n spesifieke antieke Joodse muntstuk betaal word. Baie besoekers aan die tempel sou dus hulle geld moes wissel om die belasting te betaal. Die geldwisselaars is toegelaat om ’n vasgestelde bedrag vir die uitruiling te vra, en dit het groot somme geld opgelewer.