Voetnoot
a In die uitdrukking “hierdie geslag” kom ’n vorm van die aanwysende voornaamwoord houʹtos goed ooreen met die Afrikaanse woord “hierdie”. Dit kan na iets verwys wat teenwoordig of voor die spreker is. Maar dit kan ook ander betekenisse hê. Die Exegetical Dictionary of the New Testament (1991) sê: “Die woord [houʹtos] dui op ’n teenswoordige feit. Die [aion houʹtos] is dus die ‘huidig bestaande wêreld’ . . . en die [geneaʹ haute] is die ‘geslag wat nou lewe’ (bv., Matt 12:41e.v., 45; 24:34).” Dr. George B. Winer skryf: “Die voornaamwoord [houʹtos] verwys soms nie na die selfstandige naamwoord wat die naaste daaraan staan nie, maar na een wat verder staan, wat as die vernaamste onderwerp verstandelik die naaste, die voorste in die skrywer se gedagtes is.”—A Grammar of the Idiom of the New Testament, 7de uitgawe, 1897.