Voetnoot
a Ons moet daarop let dat Jakob voor hierdie gebeure ferm opgetree het om sy gesin teen die invloed van die Kanaäniete te beskerm. Hy het ’n altaar gebou, waarvan die styl hom ongetwyfeld van sy Kanaänitiese bure afgeskei het (Genesis 33:20; Exodus 20:24, 25). Daarbenewens het hy sy laer buite die stad Sigem opgeslaan en gesorg dat hy sy eie watervoorraad het (Genesis 33:18; Johannes 4:6, 12). Dina was dus deeglik bewus van die feit dat Jakob nie wou hê dat sy met die Kanaäniete moet assosieer nie.