Voetnoot
b Omstreeks die jaar 760 G.J. het ’n Joodse groep wat as die Karaïete bekend gestaan het op groter getrouheid aan die Geskrifte aangedring. Aangesien hulle die gesag van die rabbi’s, die “Mondelinge Wet” en die Talmoed verwerp het, het hulle meer rede gehad om die Bybelteks stelselmatig te bewaar. Party families van hierdie groep het bekwame Masoretiese kopiïste geword.