Voetnoot
e Talle sien in Lukas se verslag ’n verskuiwing van klem ná Lukas 21:24. Dr. Leon Morris sê: “Jesus praat vervolgens oor die tye van die Heidene. . . . Volgens die meeste geleerdes word die aandag nou op die koms van die Seun van die mens gevestig.” Professor R. Ginns skryf: “Die koms van die Seun van die mens—(Mt 24:29-31; Mk 13:24-27). Die feit dat die ‘tye van die Heidene’ gemeld word, voorsien ’n inleiding tot hierdie tema; [Lukas se] perspektief strek nou verder as die vernietiging van Jerusalem tot in die toekoms.”