Voetnoot
b Die Israeliete het die smeltproses geken. Oorblyfsels van sommige van hulle kopermyne is al gevind, en koper is gesmelt om gereedskap vir die tempel mee te maak. (Vergelyk 1 Konings 7:14-46.) Dit lyk onwaarskynlik dat hierdie smeltproses gedoen kon word sonder om ’n mate van besoedeling te veroorsaak in die vorm van rook, droes en smeltsel, met miskien ander newe-effekte. Tog was Jehovah klaarblyklik gewillig om ’n bietjie plaaslike vuilheid te verdra in hierdie gebied wat yl bevolk en afgeleë was.