Voetnoot
a Dit was baie anders as hoe Jehovah se volk sy heilige huis in die verlede behandel het. Jehovah het gesê: “Hulle het hulle ingang langs my ingang gesit en hulle deurpos langs my deurpos, met net ’n muur tussen my en hulle. So het hulle my heilige naam ontheilig deur die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het” (Eseg. 43:8). In eertydse Jerusalem was daar net ’n muur tussen Jehovah se tempel en die huise van die volk. Toe die volk van Jehovah se regverdige standaarde afgedwaal het, het hulle hulle onreinheid, hulle afgodediens, tot reg by Jehovah se huis gebring. Dit was heeltemal onaanvaarbaar!