Voetnoot
c Die verslag bevat twee voorbeelde van minagting. Eerstens, die Wet het voorgeskryf watter dele van ’n offerande aan die priesters gegee moes word om te eet (Deut. 18:3). Maar by die tabernakel het die goddelose priesters ’n heeltemal ander gebruik gevolg. Hulle het hulle dienaars eenvoudig ’n groot vurk in die pot waarin die vleis gekook het, laat steek en enige smaaklike stuk wat uitgekom het, laat neem! Tweedens, wanneer mense hulle offerandes gebring het om op die altaar gebrand te word, het die goddelose priesters ’n dienaar gekry om die offeraar te intimideer en die rou vleis te eis nog voordat die vet van die offerande aan Jehovah geoffer is.—Lev. 3:3-5; 1 Sam. 2:13-17.