Voetnoot
a Soos Naomi gesê het, is Jehovah se goedhartigheid nie tot die lewendes beperk nie; dit word selfs aan die dooies betoon. Naomi het haar man en albei haar seuns aan die dood afgestaan. Rut het haar man aan die dood afgestaan. Albei vroue was ongetwyfeld baie lief vir die drie mans. Enige goedhartigheid wat aan Naomi en Rut betoon is, was as ’t ware goedhartigheid teenoor die mans wat sou wou gehad het dat daar na hierdie dierbare vroue omgesien moet word.