Voetnoot
b Sowat 35 kilometer suidoos van Nineve was Kalag (Nimroed), wat deur Assurnasirpal herbou is. Die Britse Museum vertoon muurpanele uit Kalag, waarvan ons lees: “Assurnasirpal het geen besonderheid uitgelaat oor die wreedheid en onmenslikheid waarmee hy sy veldtogte gevoer het nie. Gevangenes is by die mure van beleërde stede aan pale gehang of met pale deurboor . . . ; jong mans en meisies is lewendig afgeslag.”—Archaeology of the Bible.