Voetnoot
a Die Bybel verbind die opstandingshoop herhaaldelik met Jehovah se geheue. Die getroue man Job het vir Jehovah gesê: “Ag, . . . as u maar vir my ’n tyd wou vasstel en aan my wou dink!” (Job 14:13). Jesus het gepraat van die opstanding van “almal wat in die gedenkgrafte is”. Dit was gepas omdat Jehovah die dooies wat hy van voorneme is om op te wek, volmaak onthou. – Johannes 5:28, 29.