Voetnoot
c Jesaja se profesie oor die val van Babilon is so akkuraat dat party Bybelkritici gespekuleer het dat dit ná die tyd opgeteken is. Maar soos die Hebraïkus F. Delitzsch sê, is sulke bespiegeling onnodig as ons aanvaar dat ’n profeet geïnspireer kan word om gebeure honderde jare vooruit te voorspel.