Voetnoot
d Die boek Israel in Egypt sê: “Die hele idee dat Moses aan die Egiptiese hof grootgemaak is, klink vergesog. Maar ’n nadere ondersoek van die koninklike hof in die Nuwe Ryk toon dat dit nie so vergesog is nie. Toetmosis III . . . het die gebruik ingestel om die vorste van onderworpe konings van Wes-Asië na Egipte te bring om opleiding in die Egiptiese lewenswyse te ontvang . . . Buitelandse vorste en vorstinne was dus niks vreemds aan die Egiptiese hof nie.”